Herlaai QL 270 - 130gn Ballistix

Post Reply
vdbergwy
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Thu Sep 01, 2022 12:31 pm

Herlaai QL 270 - 130gn Ballistix

Post by vdbergwy »

Naandse

Kort bietjie hulp by die guru's asb?

Wil 130gn Ballistix laai vir 270 met S365.
CCI200
H2O Cap - 70.2gn
COL 84.8mm

Sonchem boekie gee 45 to 50gn op "Barnes X" (monolithic)
Ballistix website gee 51.5 tot 53gn

QL gee my iets heelwat hoer...
Lyk of Node hier by 54.3 rond is?

Doen ek iets verkeerd in QL, of is dit iets om mee te werk?
Thanks julle
270 balistix 130 S365.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
vdbergwy
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Thu Sep 01, 2022 12:31 pm

Re: Herlaai QL 270 - 130gn Ballistix

Post by vdbergwy »

Sorry, 53.7gn... 1.228ms
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai QL 270 - 130gn Ballistix

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Herlaai QL 270 - 130gn Ballistix

Post by Giepie »

Balistix is HBN coated koper, so minder wrywing daarom is die druk is laer daarom meer kruit. Barnes is ook koper, maar skoon koper, so die wrywing is hoër, so hoër druk, so minder kruit.

Ek het al so bietjie met gespeel met Balistix in 303 en 30-06. Ek het gesukkel met Balistix saam met QL, daardie HBN krap QL se kop deurmekaar dink ek. Om iets sinvols met Balistix te kon kry het ek Balistix se tabelle gebruik en van die minimum af op gelaai, soort van laddertoets. Ek het nou heel werkbare ladings gekry. Balistix is 'n goeie koeël, dit is goedkoop en plaaslik.

Ek het nog nie 270Win met Balistix probeer nie, het nog genoeg ander koeëls om mee te werk, maar sal graag wil hoe dit werk as jy reggekom het.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai QL 270 - 130gn Ballistix

Post by tripodmvr »

@Vdbergwy, daardie teoretiese berekening met S365 en die 130 Balistix beteken maar min. S365 se barndtempo's wissel van Lot na Lot. Watter S365 het jy? (Lotnommer onder op blik).

Die beste is om 'n veilige lading te skiet en die spoed te verkry. Met looplengte, TPL soos geskiet en die dopvolume kan QL gekalibreer word. Nou kan jy beter voorspel watter lading sal by 'n node uitkom. Die 270 kan egter ook 'n nare effek toon waar die brandtempo skielik toeneem na druk oor die 50K psi gaan.

Laai dus die beginlading van 45gr en skiet vir spoed en groepering. Vandaar kan ons met QL begin ladings bereken.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
vdbergwy
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Thu Sep 01, 2022 12:31 pm

Re: Herlaai QL 270 - 130gn Ballistix

Post by vdbergwy »

Dankie Oom @tripodmvr

Het reggekom. van 50gn to 54gn gelaai in 0.5gn inkremente en Vrydag oggend gaan skiet
53.5gn het redelike goeie groepering gegee, Geen druk tekens tot op 54gn. n tweede stel gelaai en geskiet in my neef se CZ550, ook 53.5gn beste groep gegee.

Sal volgende so 5 of 6 stelle laai met 0.2gn inkremente van so 53.2 to 53.8 en weer gaan speel.
Het ongelukkig nog nie n chrony nie.:(

Dankei vir al die hulp!
Post Reply