30-06 raad met primers wat uitkom
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
30-06 raad met primers wat uitkom
Goeie more
Ek wil asb raad kom vra
Ek is besig met ladingontwikkeling op die 30-06 en het Saterdag beleef dat die primers na die skoot n mm of minder uitdruk.
Wil net eers gou bietjie agtergrond gee:
So 3 maande terug het ek begin met die ladingsontwikkeling met 155gr Balistix Ultra Hunt, Federal doppe en S365.
Ek het Balistix se website geraadpleeg oor die lading en sien toe hulle stel voor mens begin by 54gr S365.
So laai ek 5 ladings: 54.5, 54.7,54.9, 55.1 en 55.3. Almal met n 1.3mm jump (Tpl: 83.5mm)
Op die baan skiet ek eerste groep (54.5) wat nie goeie groep gee nie en doppe wys dat primer plat is.
Skiet tweede groep (54.7) en kry n 12mm drie skoot groep. Primers ook plat. Stop toe daar.
Het toe n springbok gekiet met die lading, maar nadat ek en n vriend na die doppe gekyk het weer besluit ek toe die lading of iets is nie reg, laat ek maar eerder al die koeels trek van die ammunisie wat ek toe gelaai het en van voor af begin.
Verlede week raadpleeg ek toe Somchem se Monolitiese data vir n lading. Sien toe hulle se vir S365 met n 150gr Barnes X is dit 49.5 tot 55gr.
So laai ek toe 4 ladings: 50.5, 51, 51.5 en 52 gr. Almal met n jump van 2mm (TPL: 82.8mm)
Met die eerste lading (50.5) skiet ek n 8mm 4 skoot groep.
Kyk toe na die dop soos elke skoot geksiet is en elke dop se primer steek so 1mm buite die primer pocket uit agter. Sien fotos onderaan.
Ek het nie die ander ladings geskiet nie aangesien daai groep vir my voldoende is en ook omdat die primers so gemaak het.
Inligitng oor geweer en komponente gebruik was:
Musgrave 30-06
Federal doppe (full length size, anneal, once fired)
Winchester Large Rifle Magnum Primers
S365 Lot 100/B/22
Ek het binnebaan geskiet en het nie n chrony gebruik nie so het ongelukkig nie spoedlesings nie.
So ek wil asb raad vra van hoekom hierdie sou gebeur het? Ek glo nie dat ek druk gekry het met die kombinasie van n 2mm jump en daai laer lading nie. Maar ek kan natuurlik verkeerd wees.
Het op dieselfde dag met fabriek pmp ammunisie geskiet (die 220gr ammunisie) en alles het goed gelyk met daai doppe en groepe (ter informasie)
Enige raad sal waardeer word baie dankie

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Hoe baie druk jy jou doppe se skouers terug? Die primer sal net kan uit druk as die dop self spasie het om te beweeg in die kamer.
Last edited by Capt. Yoda on Mon Aug 07, 2023 8:57 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Ek het dit nie al gemeet. FL size die is gesetup soos per standaard instruksie.
Ek sal wel die doppe neck size en dieselfde lading weer skiet en kyk wat gebeur. Neck sizing die is net by n vriend en kon nie nou dit so doen nie anders sou ek.

- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Lae kamerdruk en dop kopspasie soos Cappie vermoed.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Pistol Brass Case DIY Bump GaugeWildjagter wrote: Mon Aug 07, 2023 8:45 am Ek het dit nie al gemeet. FL size die is gesetup soos per standaard instruksie.
Ek sal wel die doppe neck size en dieselfde lading weer skiet en kyk wat gebeur. Neck sizing die is net by n vriend en kon nie nou dit so doen nie anders sou ek.
Last is a “field expedient” set-up if you do not have any of the comparator tools shown above. A sized .45 ACP case (or other suitable pistol case) can be used to measure shoulder bump. The mouth of the pistol case sits on the shoulder of your rifle cartridge brass.
Make sure the .45 ACP case is trimmed square and that it is round. We recommend you first run it through an expander, then size it, trim it and chamfer. Next, take the .45 ACP case and slip it over the neck of a fired, unsized rifle case with the primer removed. Align the two cases between the jaws of your calipers and note the length from rim to rim (See left photo below).

OK, now you have the length for a fired rifle case BEFORE sizing. Next, take a full-length sized rifle case (without primer) and do the same thing, placing the .45 ACP case over the neck of the FL-sized case (Right Photo). The difference between the two numbers is the amount of “bump” or set-back you are applying to the shoulder. Here the difference is .0015″. The amount of bump you need varies with your chamber and your load, but .0015-.002″ is a good initial setting.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Dankie vir die raad sover. Ek waardeer dit.
Sal kyk of ek daai gemeet kan kry
Sal ook neck size en selfde lading skiet en kyk wat maak primers dan en of kamerdruk beter is

-
Desperatezulu
- Full Member

- Posts: 187
- Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Try this: https://www.gscustomusa.com/faqsizerdie.html
Partial full-length resizing should solve your problem
-
Desperatezulu
- Full Member

- Posts: 187
- Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Double post
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Ek is al hier deur, stem saam met die probleem soos uitgewys.
Probleem is, die graad van die kopspasie lengte is so erg, dat:
Eenmaal se vuur dit nie herstel nie,
Enige kopspasie meting steeds van ‘n kort dopskouer gaan wees. Dit gaan wel die probleem uitwys.
Ek het:
Kamer blink glad poleer, doppe blink glad poleer sodat die doppe hopelik makliker na die slot se kant kan beweeg en dan die romp meer vorentoe rek tydens vuur en uitsit teen kamerwand. Dit beperk die klassieke headspace ring.
Slegs ge- necksize vir dit.
Hou by ‘n relatiewe laer lading totdat uitgesorteer.
Probeer om die patroonlengte in of feitlik teen die groewe te laai. (0.1mm)
Het jy enige primer blaas gekry tesame met die slagdoppe se uitkom? Hou dop, dit kan jou slopkop inbrand.
As ek reg onthou word 0.6mm headspace al as gevaarlik beskou. Joune noem jy is meer? Versigtig wees en kry nog raad. Die manne wat dit al gedoen het, moet help, “spacer”?
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 726
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Hoekom gebruik jy Magnum Primers?
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
@ Lategan1 nee het nie primer blaas gekry van wat ek bewus was nie.
@obasch laai dit op al my gewere. het begin met 243 laai jare terug en dit was voorgeskryf, het toe ook vir 375 begin laai en selfde daar gebruik natuurlik. toe net daarby gehou vir al die wapens wat ek voor laai andersins (25-06 en 30-06)

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Hoeveel het die doppe al gewerk?
Ek het een keer beleef dat die slagdopgate uitgewerk was. Dit lyk dus soos hoë druk, maar dis eintlik n oorgroot slagdopgat. Dit gebeur blylbaar indien die eerste skoot redelik warm was, dan rek die web-gedeelte van die dop.
Magnum slagdoppies en gewone ladings werk nie saam nie. Ek het amper groot skade daarmee gehad.
Ek het een keer beleef dat die slagdopgate uitgewerk was. Dit lyk dus soos hoë druk, maar dis eintlik n oorgroot slagdopgat. Dit gebeur blylbaar indien die eerste skoot redelik warm was, dan rek die web-gedeelte van die dop.
Magnum slagdoppies en gewone ladings werk nie saam nie. Ek het amper groot skade daarmee gehad.
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
once fired doppe. so nog redelik nuut. eerste skoot was in selfde geweer en was fabrieks ammunisie (Federal Fusion 150gr)
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Ek stem saam met die rede vir die uitdruk van die ontstekers.
Ek wil egter Lategan se opmerking kwalifiseer; dat jy moet vuurvorm met 'n verminderde lading. Die stelling kan verwarend wees en juis lei tot plat ontstekers omrede die lading nie genoegsame druk opbou om die doppe reg te vorm nie.
Vuurvorm deur die koeëls ten minste die gravering in die loop te laat raak (Raak aan die lande). Dit veroorsaak dat die kop van die dop teen die slot se gesig vasdruk. Uitsetting van die dop kan dus slegs in die rigting van die loop plaasvind. Dus vuurvorm jy die dop optimaal.
Skiet drieë skote met die koeël in die lande op die minimum lading en gebruik die data om QL te kalibreer.
Jou lading gaan minder wees as normaal, maar druk gaan optimaal teenoor spoed wees en die doppe sal reg gevorm wees.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Dankie vir die raad sover van almal af
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
kan ek nog iets vra rakende hierdie wat ek ook aan gedink het: wat is die rede(s) dat daar nie blowback oor die dop se nek/skouer is as dop nie ten volle gevuurvorm het nie?
Mag dalk n dom vraag wees, maar het dit gekry met laer ladings op 25-06 en net gewonder hoekom dit nie hier ook gebeur nie?
Mag dalk n dom vraag wees, maar het dit gekry met laer ladings op 25-06 en net gewonder hoekom dit nie hier ook gebeur nie?
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Blow back is tipies wanneer jou lae lading te laag is vir jou stelsel. Soos jy uitwys in 25.06.
Ek kon dit nie sien op jou 30.06 doppe en my afleiding gevolglik is dus geen probleem nie.
As ek meld ”relatief laer lading”, verwys dit na in jou geweer, nie ‘n lading laer as die verlangde min. lading nie. Net vir enige verwarring. Volgens jou is jy reeds daar, hou daarby en gebruik dit om lading te bereken soos Gawie noem.
Veilige kopspasie bly egter jou eerste prioriteit.
Beste.
Ek kon dit nie sien op jou 30.06 doppe en my afleiding gevolglik is dus geen probleem nie.
As ek meld ”relatief laer lading”, verwys dit na in jou geweer, nie ‘n lading laer as die verlangde min. lading nie. Net vir enige verwarring. Volgens jou is jy reeds daar, hou daarby en gebruik dit om lading te bereken soos Gawie noem.
Veilige kopspasie bly egter jou eerste prioriteit.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
Wildjagter wrote: Mon Aug 07, 2023 2:10 pm kan ek nog iets vra rakende hierdie wat ek ook aan gedink het: wat is die rede(s) dat daar nie blowback oor die dop se nek/skouer is as dop nie ten volle gevuurvorm het nie?
Mag dalk n dom vraag wees, maar het dit gekry met laer ladings op 25-06 en net gewonder hoekom dit nie hier ook gebeur nie?
Die
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: 30-06 raad met primers wat uitkom
@wildjagter, na herlees.
Eerste stap: meet die lengtes van die onderskeie probleem doppe en die fabrieks ammo en vergelyk dit. Jy sal dadelik sien of die kopspasie dieselfde is en of die probleem doppe heelwat korter is, meet soos onse Capt Yoda voorgestel het. Meet 5 elk.
“Het op dieselfde dag met fabriek pmp ammunisie geskiet (die 220gr ammunisie) en alles het goed gelyk met daai doppe en groepe (ter informasie)”