Skietbril wenke en voorstelle asb.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Skietbril wenke en voorstelle asb.
Naandse manne
Ek het in Desember n bril begin dra. Sedertdien, het ek nog nooit met die bril geskiet nie. Ek het maar my teleskope gefokus totdat ek duidelik kon sien. Dit bring egter nuwe probleme. As ek in die veld loop of bakkie ry sonder n bril dan kan ek nie die diere/beweging sien nie. Ek het die naweek wat verby is my bril bly dra, my teleskoop bloot op my bril gefokus. Dus kan ek die beweging en diere sien en dan netso skiet ook. Was gelukkig om n vark in hierdie kombinasie te kon skiet. Die bril het 3 lense, en kan ek dus ver sien en naby kyk as ek verstellings aan die scope wil maak. Dit werk mooi. Dit het eintlik so lekker gewerk dat ek weer lus kry om kompetisie te skiet. Iets wat ek uit frustrasie gelos het toe my oe agteruit gegaan het.
Nou hier is waar ek hulp nodig het. As ek deur die bril kyk in die teleskoop dan kyk ek baie keer in die raam van die bril vas. Vroeg in die koue more wasem my bril gereeld toe. Paar kere as ek ondeur bosse en takke beweeg het, wil my bril afval van die aksie wat ek uitvoer. So, coach my bietjie as julle reeds getoetste skietbrille dra en klaar skoolgeld betaal het:
- Watse raam moet ek gebruik?
- Wat kan ek doen rakende wasem?
- Kan ek iets doen om die bril meer ''stewig" in plek te hou?
- Moet ek groter as normale lense gebruik?
- Moet ek die lense laat kleur? Ek sien baie mense skiet met geel lense
Ek het het gesearch, of die topic reeds bespreek is maar kon nie werklik iets vind nie, as ek so iets misgekyk het, verwys my tog daarna toe.
Baie baie dankie( ek het n oogafspraak oor 10 dae en wil dan met die info n bril bestel)

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Gideon@1
- Sr. Member

- Posts: 427
- Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Hi James,
Hierdie is ‘n reply van my oogkundige.
Dalk jan dit help.
Groter lense sal beslis beter werk... aviator shape werk maar die beste of iets soorgelyk wat redelik groot is sodat mens nie i die raam vas kyk nie. ... wat die wasem aan betref stel jy net die neusies bietjie verder sodat hy nie so naby aan die gesig sit nie en dan kan mens ook anti fog lappies kry wat wel help..en as die bril wel nie stewig voel nie dan buig mens hom tot hy reg sit maar ideal sal wees as jy van die begin af n raam kry wat reeds gemaklik sit. . Kleur van die lense. Is daar verskeie opsies. Party mense hou van geel lense veral vir die nag... En dan die meer algemene skiet lens vir die dag is eintlik so pienkerige kleur.. dit help met die kontras tussen die bome en blare ens..ek sal kyk of ek voorbeelde kan kry.
Groete

- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2470
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Ja, als loop mos half afdraande na n sekere ouderdom 
Ek't ook n multi-vocal (of so iets), en skuif die bril maar net bietjie hoër op as ons begin wild gewaar, sodat ek nie in die raam vas kyk nie.
N metaal raam werk (vir my) lekker, en het die bril se oortjies net effe 'rond' gevorm om agter my oor te 'hak', wat ook help met die rond skuif storie....amper soos daai ouer tipe "Baby Face RayBan's" wat n ou baie in die 90s gesien het, toe Top Gun uit gekom het.
Om die glase te laat tint, om self donker te word is lekker as jy bestuur maar as hulle te donker word pla dit soms bietjie in die bos, veral vroeg oggend en wanneer dit al bietjie begin skemer raak, of selfs op n bewolkte dag. Dit het my laas met die duiwe skiet effe vrustreer en toe die goed af gehaal....maar n lens verloor oor hy net aan my skiet sak gehak was. Stoor hom dan dus eerder in n sakkie, want dit was n duur lessie.
Ek't aan die begin soms sonder die bril probeer skiet (deur die scope) maar dit pla dan weer wanneer jy gou iets op jou turrets moet stel, n dope kaarkie wil lees, of dalk notas wil maak op die baan.
....hoop dit help bietjie
Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Baie baie dankie, dit is handige informasie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Wat van iets soos die Pilla skietbrille? Hulle gebruik Zeiss lense in enige kleur wat jy aan kan dink en bied oplossings vir voorskriflense ook. Dis 'n duur opsie, maar dalk die moeite werd om na te kyk.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP

- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
My oogkundige is gelukkig ook 'n jagter, so hy verstaan wat aangaan. Ekself het ook multi-focals, het na groter lense gegaan daarvoor, maar gelukkig is my oë nie so sleg dat my lense dik is nie. Ek weet nie of ek nou maar net gewoond geraak het nie, maar ek skiet nou lekker met dit. Dit is net as ek oormowwe opsit dat dit geneig is om die bril effens skeef te druk, maar dan druk ek dit neer reg. Ek skiet meestal met pasgemaakte oorpluisies, wat ek vir motorfiets en kraggereedskap ook gebruik, dan pla dit nie die bril nie. Sterkte
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
James, is jy n kanidaat vir laser oogchirurgie? Dit is n gamechanger, en totaal anders as wat dit bv 10 jaar terug was
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Nee man dit is nou net weer my geluk. Ek hoor daar is n nuwe tegniek wat n dr in gauteng gebruik, en so te se almal kan nou n kandidaat wees.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Skietbril wenke en voorstelle asb.
Goeie môre James
Ek dra self bril. Die oogkundige het aanvanklik gesê ek hoef die hulpmiddel net te gebruik wanneer ek lees of konsentreer.
Dit was nie lank nie, toe dra ek die bril eerder permanent as om dit uit my sak te haal. Swak rekenaarskerms het ook geweldig bygedra tot die besluit.
Nou-ja, ek dra nou al meer as 20-jaar permanent bril en het ondervind dat my oë later in die dag moeg raak en dan stadiger fokus. Om die lense te laat tint sodat blou lig gefilter word het dit verander. My oë is sedert nie meer saans moeg nie en fokus ewe gemaklik later in die dag.
Wanneer dit by skiet kom, is die bril vir my lastig. Maak nie saak of dit pistool, haelgeweer of iets met 'n teleskoop is nie. Hoewel ek 'n dun raam gebruik, ondervind ek ook dat die boonste deel gewoonlik presies in die pad is waar ek mik.
Ek moet dus vooraf onthou om die raam op te skuif.
So let ek toe dat 'n medeskut 'n skietbril dra wat klein lense aan die binnekant het.
Die lense is maklik om te laat sny en jy kan dit direk by die laboratorium laat doen of deur 'n oogkundige.
Ek gebruik dit nou vir alle skiet doeleindes, aangesien die skietbril nie af skuif nie. Selfs met die gewone, verstelbare arms.
Daar is ook 'n dun rekbare band wat die arms vervang, deel van die stel. Dan kan jy soos Leo die transitorowers met jou Cruiser storm.

Ongeveer R900 vir die skietbril. R200 vir die raam wat die voorskrif lense vashou. Die lense self hang van jou voorskrif af, myne was ongeveer R800 vir twee. In totaal dus om en by R2 000.
Dit was in 2020.
Jy kan 'n opsie koop wat verskillende kleure beskermende lense saam het. So kan jy die lenses volgens omstandighede kies en ruil. Toe ek gekoop het was die opsie uit voorraad. Ja, in 2020 was opsies nie altyd 'n opsie nie.
Ek stuur vir jou fotos sodra ek kan.
Vrede
Rawstorne

Last edited by Rawstorne on Tue Jul 11, 2023 7:08 am, edited 1 time in total.
- Rawstorne
- Full Member

- Posts: 122
- Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Wiley X Saber Advanced

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Baie dankie, ek gaan dit ondersoek. sal teruvoer gee
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Daardie klein lense aan die binnekant van die normale bril werk glad nie vir my nie. Ek het dit probeer maar die lense is te klein, Ek kyk aanmekaar teen die raam van die klein lens vas. Ek het die bril na alle kant probeer verstel maar kon nie regkom nie. Vir my werk dit net vir pistoolskiet. Sodra ek my kop effens moet kantel om my wang op die geweerkolf te druk is daar probleme. Ek glo 'n hoË wangstuk soos met kompetisiegewere kan dalk help.
Mooi loop
Mooi loop
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Stem saam met Koos. Ek het in die verlede soortgelyke opset gehad. Ok gewerk vir die motorfiets, maar nie vir skiet nie. Selfs met 'n kleinerige bril voor ek multifocals gekry het, kon ek nie regkom met die teleskoop nie. Nou op groter raam vir multifocals kan ek weer beter sien, die oor mowwe is net geneig om my bril skeef te druk.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Skietbril wenke en voorstelle asb.
Ek self dra 'n 'multi-vocal' en kom net nie reg met fokus deur die teleskoop nie. Uiteindelik het ek elke keer my bril afgehaal as ek skiet, hetsy op die skietbaan of in die vagveld.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter