Ek het op Gunsite hierdie ook gevra. Vir die mono koeëls word oor die algemeen gesê moet mens eerder ligter gaan vir meer spoed sodat die koeël beter kan oopmaak. Nadat ek met Quickload gespeel het lyk dit vir my of daar nie 'n groot verskil in spoed is tussen die 165 en 175 gr Balistix Huntac vir my 30-06 nie, maar die 175gr het meer energie en die 10gr gee seker ook so bietjie meer momentum. Sal hierdie 2 koeëls omtrent ewe veel oop maak, of watter een sal in teorie die meeste oopmaak en "presteer"?
My gut feeling is dat die 175 greiner beter gaan werk vir my geweer. Die bc is ook beter, so die trajek verskil volgens QuickTarget is ook maar baie naby op die langer afstande.
Ek luister graag.
Spoed vs momentum of energie vir "mushroomning"
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Spoed vs momentum of energie vir "mushroomning"
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Spoed vs momentum of energie vir "mushroomning"
Giepie, Ek sou werk op impak spoed van 2200fps wat benodig word om die mono's mooi oop te maak en te laat werk vir die .30 kaliber
So kan jy dan jou afstand bepaal waar jou koeels doeltreffend gaan werk met balistiese program wat jou spoed van jou koeel gaan gee oor sekere afstande.
So kan jy dan jou afstand bepaal waar jou koeels doeltreffend gaan werk met balistiese program wat jou spoed van jou koeel gaan gee oor sekere afstande.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Spoed vs momentum of energie vir "mushroomning"
Onthou hulle kan net tot op n punt oop maak, na dit gaan jy die petals begin af skeur as daar nog genoeg spoed oor is so as die 175gr se skag voor in die koel dieper geboor is as die 165gr sin sal die 175gr in teorie groter kan oop maak omdat daar meer koper is wat kan terug skeur maar as die ekstra 10gr dalk agter op die basies is en hulle profiele voor is die selfde gaan hul al 2 selfde oop maak as daar genoeg spoed is, die 175gr sal dan nou net in teorie dieper kan gaan agv die akstra 10gr agter op. Skiet die 165gr jy het niks meer nodig in n 30.06 nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Spoed vs momentum of energie vir "mushroomning"
Ek het die afgelope tyd nogal dieselfde gewonder maar kyk eerder na 'n 150gr teenoor 'n 165gr mono. As ek nou Frederik se reel volg en kyk na 2200fps as minimum impak spoed wen ek 50m met die 150gr(300m vs. 250m).
As ek dan nou na die ladings kyk hardloop die 150gr teen so 60k PSI (2980fps) en die 165gr teen 58k PSI (2830 fps). Volledige ontbranding vind vroeër plaas vir die 165gr en baie naby aan die tromp vir die 150gr. Met 'n 200m zero is die trajek verskil tot op 250m weglaatbaar klein. Recoil behoort ook baie naby aan dieselfde te wees (ek noem dit want dit het wel 'n inpak vir sekere gebruikers). Energie by die tromp is effe meer vir die 150gr, maar weereens is die verskil weglaatbaar klein.
Ek kyk nie na die Ballistix koeels nie maar 'n ander vervaardiger. Tog het ek laaidata vir die 165gr Interbond en die 165gr Huntac wat ladingontwikkeling moontlik goedkoper kan maak.
My geweer het 'n 11 twist so ek bly maar by 165gr of ligter monos, maar wat sou jy kies vir 'n veeldoelige koeëlgewig en sou jy oorskuif na die effe vinniger 150gr?
As ek dan nou na die ladings kyk hardloop die 150gr teen so 60k PSI (2980fps) en die 165gr teen 58k PSI (2830 fps). Volledige ontbranding vind vroeër plaas vir die 165gr en baie naby aan die tromp vir die 150gr. Met 'n 200m zero is die trajek verskil tot op 250m weglaatbaar klein. Recoil behoort ook baie naby aan dieselfde te wees (ek noem dit want dit het wel 'n inpak vir sekere gebruikers). Energie by die tromp is effe meer vir die 150gr, maar weereens is die verskil weglaatbaar klein.
Ek kyk nie na die Ballistix koeels nie maar 'n ander vervaardiger. Tog het ek laaidata vir die 165gr Interbond en die 165gr Huntac wat ladingontwikkeling moontlik goedkoper kan maak.
My geweer het 'n 11 twist so ek bly maar by 165gr of ligter monos, maar wat sou jy kies vir 'n veeldoelige koeëlgewig en sou jy oorskuif na die effe vinniger 150gr?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Spoed vs momentum of energie vir "mushroomning"
Vergeet van BC en ES en daai stront wat jy van lees op FB, op 300m is die laaste ding wa oor ek myself sal bekommer die BC van n jag koel wat ek uit my 30.06 in die bos gaan skiet, jy gaan 80% van jou skote vinnige op 150m skiet en daar gaan nie tyd wees om scope te wil stel nie jy gaan opi blad, bo die blad of laag opi blad vat. Daai Mono of hy nou 150gr of 175gr is gaan groter as kaliber oop maak en hulle almal van 130gr tot 175gr gaan deur meeste bokke skiet, soos Arnold se sal ek nou 150gr in my 30.06 laai as ek wou Monos skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Spoed vs momentum of energie vir "mushroomning"
Ek stem. Die 150TSX het op 100m amper die lengte van 'n jong elandbul penetreer. Ek skiet hulle teen 2860vps uit my 22 duim Ruger.
Vir 308 Win word die 130gr aanbeveel om spoed op te jaag.
Vir 308 Win word die 130gr aanbeveel om spoed op te jaag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Spoed vs momentum of energie vir "mushroomning"
Ek skiet die 130gr uit my 308 teen 2950ft/s. Hul werk regtig baie goed in die bos, het al 'n paar elande en baie blouwillies geskiet met dit sonder probleme. Maar as jy sy bene rêk is hul nie idiaal nie, hier is 'n foto 'n herwinde koeël op 'n springbok geskiet op 375m.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X