Husqvarna extractor

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Husqvarna extractor

Post by Neels Louw »

Goeie naand almal

Ek sit met n effense probleem en hoop iemand kan my help. Ek het n Husqvarna 270 by my pa geerf en na n lang gesukkel uiteindelik die geweer in my hande net om na n paar skote met n extractorclaw wat oopbuig en nie die dop wil uittrek nie te sit. Ek moet byse dat ek die rondte uit onkunde nie uit die magasyn gevoer het nie en dit die probleem veroorsaak het. Nou weet ek ook wat "controlled feed en push feed" beteken. Die claw gedeelte was voorheen al gesweis/gesoldeer so hy was al aan gewerk. Hoelank terug weet ek nie.

My geweersmit gaan poog om die probleem reg te stel maar ek wil weet of iemand weet waar ek n nuwe of gebruikte extractor kan kry, al hou ek hom net eers as n spaar. Die geweer is rondom 1960 gemaak en probeer ek nog soveel moonlik inligting inwin. Sy serial nr is in die 183XXX reeks. Dit is n K98 gebaseerde aksie maar nie dieselfde as n K98 nie anders was dit net n "straight swop" want lyk my die K98 extractors is bekombaar.

As iemand dalk fotos soek van die aksie kan ek dit Wattsapp, of as iemand my wil kontak, kan ek op die selnr gekontak word. 0765858070.

Ek hoop iemand kan help anders sit ek met n erfstuk wat ek nie kan gebruik, mits my geweersmit n wonderwerk kan doen. ;D
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1491
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Husqvarna extractor

Post by Eduard Venter »

Dagsê. Ek kontak jou vir fotos. Het 2 extractors hier maar het geen idee of hulle gaan pas nie. Miskien is ons gelukkig.

Sent from my SM-A127F using Tapatalk

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Husqvarna extractor

Post by jdpretorius »

Die slim manne kan dalk help....die navraag van Neels het my weer maak krap na info.
Dit lyk of die pre 98 Mauser aksies meer n "small ring" aksie is. Onder hulle is dan seker ook die Swedish, Spanish, ens. Mausers.
Baie van die Husqys hier by ons, blyk of hulle op die "small ring" gebaseer is, en weet hulle het selfs n 9.3 gemaak.
Watter aksies se extractor pas op n small-ring weet ek nie.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Husqvarna extractor

Post by Alwin »

jdpretorius wrote: Fri Jun 30, 2023 7:08 am Die slim manne kan dalk help....die navraag van Neels het my weer maak krap na info.
Dit lyk of die pre 98 Mauser aksies meer n "small ring" aksie is. Onder hulle is dan seker ook die Swedish, Spanish, ens. Mausers.
Baie van die Husqys hier by ons, blyk of hulle op die "small ring" gebaseer is, en weet hulle het selfs n 9.3 gemaak.
Watter aksies se extractor pas op n small-ring weet ek nie.
Die Husqvarna is wel gebaseer op die M98 Mauser, maar met heelwat aanpassings.

Die uittrekker verskil ook, veral net agter die klou waar dit om die regterkanste sluitnok gaan.

Die Husqvarna uittrekker het 'n bietjie minder staal in daardie area as die Mauser, dus mag dit moontlik wees om 'n M98 uittrekker aan te pas om te kan pas. Dis redelik harde staal daar, dus moet jy weet wat jy doen as jy daar gaan probeer skaaf.

Met die Mauser-tipe "controlled feed" uittrekkers moet mens altyd versigtig wees om die patroon uit die magasyn te voer en NIE in die die kamer te gooi en dan die grendel toe te maak nie. Dit beskadig die uittrekkerklou en onderdele is soms baie skaars.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Husqvarna extractor

Post by jdpretorius »

Om al die info rondom Husqy in een plek te kry is nie maklik nie....en hoop iemand hier het nog info.

Dit lyk my Husqvarna het al begin gunne bou in die 1600s. Dit lyk ook of hulle die model 96 Mauser aksie gebruik het op een of ander stadium, hier in die 1930s of 1940s, dan ook die model 98 Mauser aksie gebfuik. As die info akuraat is, het hulle blykbaar tot die 1950s die FN Mauser aksie gebruik (dalk ook vir die kommersiële mark)
Dit wil lyk of hulle iewers in die middel 50s hulle eie "improved" (strengthened) Mauser aksie begin maak het, en dat hulle hom op die "small ring" ontwer gebaseer het....dit dan die 1640 tipe aksie dink ek.

Die klink soos die kort van die lang storie
"1640 Husqvarna is an improved small ring 96 with 98 features such as the third locking lug."

Dit klink of van hulle selfs ge-label was as n S&W Model D

Husqvarna het militere sowel as kommersiële wapens gemaak.

Dit lyk of hulle selfs n 20" loop gemaak het wat dalk meer gerig was op die Noord Amerikaanse mark.

Info van ander bronne....

*
The Swedish military issued Mauser carbines and Rifles were made by three companies / factories.
The Mauser factory in Oberndorf, Germany on the Neckar River.
The Carl Gustaf State (Royal) rifle factory in Sweden.
And the Husqvarna Rifle factory in Sweden.

Parts were also made by these three factories and they can be identified by which type of acceptance crown is stamped on that part.

*
The 1600/1640 were small ring mausers that cock on opening (as opoosed to the model 96 small ring mausers that cock on closing), have a smaller bolt release, and a side safety, but otherwise are very similar to a 98 action.

The 640 action is a true large ring 98 mauser with the safety on the bolt shroud, and large lever bolt release. I believe the 640's were made by FN in Belgium and then Husqvarna put on barrels and stocks.

*
The m/94, m/38, and FN98 actions were replaced, starting in 1953, by the Husqvarna "improved Mauser type action", called the 1640 action series. This type of action was used until 1967 when it was replaced by the push feed series 1900 action, which was the last type of action produced by Husqvarna.

*
1640 = models with 600mm barrel (23.62"), it's the equivalent to N-A Models 3000 / 3100 / 6000 and derivatives. The "1640" also includes the Husky H-5000 and "Laponia" (560mm barrels - 22")
All these models use the same 1640 actions, but not all parts are 100% interchangeable because of the evolution of the 1640 action.

*
FN 98 Mauser large ring actions began being used for some models in the 1930s and continued to the early 1950s. The older type action had the thumb cutout for stripper clip. Models using the older FN 98 action were: M146, 246, 646, 648, 649. The old style was replaced by the commercial FN 98 action with the reinforced solid left side rail in the late 1940s. The models that used the new style FN 98 were the: M646, 648, 649.

*
1640 action is small ring action but the extracter cut is not though the lug but underneth the lug providing more purchace area for the lug. It also has the third non bearing safety rear lug of the M98. The 1640 is also controled feed with the long extracter and is very mauserish.

Die op wiki...

Husqvarna 1900 [push feed], later Carl Gustaf 1900, is a bolt-action rifle developed in Sweden in the 1960s by Husqvarna Vapenfabrik, which also produced the rifle from 1967 to 1970.[1] The rifle was produced in the variants Standard, Monte Carlo, Monte Carlo Lux and a sport model, and got a reputation for having a very high quality.[1] In 1970 the department producing the rifle was sold to Förenade Fabriksverken (FFV), and the production was moved to Carl Gustafs Gevärsfaktori in Eskilstuna without large changes. Production in Eskilstuna was ended in 1979.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk




338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Husqvarna extractor

Post by jdpretorius »


Alwin wrote:
jdpretorius wrote: Fri Jun 30, 2023 7:08 am Die slim manne kan dalk help....die navraag van Neels het my weer maak krap na info.
Dit lyk of die pre 98 Mauser aksies meer n "small ring" aksie is. Onder hulle is dan seker ook die Swedish, Spanish, ens. Mausers.
Baie van die Husqys hier by ons, blyk of hulle op die "small ring" gebaseer is, en weet hulle het selfs n 9.3 gemaak.
Watter aksies se extractor pas op n small-ring weet ek nie.
Die Husqvarna is wel gebaseer op die M98 Mauser, maar met heelwat aanpassings.

Die uittrekker verskil ook, veral net agter die klou waar dit om die regterkanste sluitnok gaan.

Die Husqvarna uittrekker het 'n bietjie minder staal in daardie area as die Mauser, dus mag dit moontlik wees om 'n M98 uittrekker aan te pas om te kan pas. Dis redelik harde staal daar, dus moet jy weet wat jy doen as jy daar gaan probeer skaaf.

Met die Mauser-tipe "controlled feed" uittrekkers moet mens altyd versigtig wees om die patroon uit die magasyn te voer en NIE in die die kamer te gooi en dan die grendel toe te maak nie. Dit beskadig die uittrekkerklou en onderdele is soms baie skaars.
Dit klink of ons dalk op die selfde bladsy is .....skree asseblief as ek die kat iewers aan die ghoene beet het

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Neels Louw
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Wed May 21, 2014 7:29 pm

Re: Husqvarna extractor

Post by Neels Louw »

Dis baie lekker om so van die Husqvarnas te leer. Ek glo my soeke na n extractor sal vrugte afwerp. Die lekkerste van alles is om vreemde mense se gewilligheid om te help te ervaar. Baie dankie vir almal se kontak en hulp sover
.308 Howa 1500
.243 Howa 1500
.243 Remington VTR
Glock 17 Gen 3
Post Reply