CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Môre,
Ek het onlangs 'n CZ550 gekry in .375H&H. Die vreemde ding is dat die spoed met elke skietsessie stadiger word. Dit is teenoorgestelde van wat ek verstaan het, dat 'n loop spoed optel met die eerste 100 skote. Die geweer het nou 50 skote geskiet. Met die laaste baansessie het die gemiddelde spoed met 30vps verlaag vanaf die vorige keer. Dit klink min as mens dit met die vinnige 6mm's vergelyk, maar op 'n .375 stel QL voor dat ek nog 1,2gr se N540 moet byvoeg.
Ek los nie kruit vir lang tye in die kruitgooier nie (ek laai klaar en bêre dit weer so vinnig as moontlik) en die temperatuur is nie soveel verskillend nie. Ek kan dit nie verklaar nie en sukkel nie met my ander gewere nie.
Is daar iemand wat al iets soortgelyk gesien het of weet wat dit kan veroorsaak?
Groete

Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Daar is te veel variansies wat kan lei tot spoed verskil.
Temperatuur van die dag, humiditeit hoogte bo seespieel?
Is dit dieselfde Chrony en is hy presies op dieselfde plek opegestel as laas.
Is hy die eerste keer reg opgestel.
Loop te veel skoon gemaak?
Ek sal nie te veel bekommerd wees oor 30vps verskil nie.
Groot vraag is hy het reg geskiet soos laas?
Temperatuur van die dag, humiditeit hoogte bo seespieel?
Is dit dieselfde Chrony en is hy presies op dieselfde plek opegestel as laas.
Is hy die eerste keer reg opgestel.
Loop te veel skoon gemaak?
Ek sal nie te veel bekommerd wees oor 30vps verskil nie.
Groot vraag is hy het reg geskiet soos laas?
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Dankie Frederik,
Dit was dieselfde baan en temperatuur het nie veel verskil nie. Al 3 kere gemeet met Labradar en RAT, so ek is seker die spoed is reg gemeet. Die spoed het met elke sessie afgeneem.
Ek is nog besig met ladingontwikkelling en die geweer skiet nog nie naby soos wat ek dit wil hê nie (omtrent 2 MOA). Eerste sessie was TPL toets terwyl ek die loop ingebreek het. Tweede was 'n ladder op 300m en met die derde sessie het ek die lading getoets wat in die middel van die sweet spot was soos deur die ladder gewys.
Dit was dieselfde baan en temperatuur het nie veel verskil nie. Al 3 kere gemeet met Labradar en RAT, so ek is seker die spoed is reg gemeet. Die spoed het met elke sessie afgeneem.
Ek is nog besig met ladingontwikkelling en die geweer skiet nog nie naby soos wat ek dit wil hê nie (omtrent 2 MOA). Eerste sessie was TPL toets terwyl ek die loop ingebreek het. Tweede was 'n ladder op 300m en met die derde sessie het ek die lading getoets wat in die middel van die sweet spot was soos deur die ladder gewys.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
So is jou spoed 30vps af van jou middel van die sweet spot se spoed?
Dit gaan ruk vat voor jy gewoond is aan die geweer veral van die bench af.
Dit gaan ruk vat voor jy gewoond is aan die geweer veral van die bench af.
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Ja, dit is presies wat gebeur het. Ek het spoed van 2510 verwag en die gemiddeld was 2480. Dit is juis wat vir my so vreemd is.
Ek skiet my 404J akkuraat van die bank af, so dit behoort nie die recoil te wees wat pla nie. Johan Morkel het die kolf vir my oorgedoen en dit pas goed, so dit behoort ook nie dit te wees nie. As die spoed konstant was, sou ek na ander plekke gesoek het om die groeperings te verbeter.
Kopkrapper... Hopelik bedaar die loop binne die volgende 50 skote.
Ek skiet my 404J akkuraat van die bank af, so dit behoort nie die recoil te wees wat pla nie. Johan Morkel het die kolf vir my oorgedoen en dit pas goed, so dit behoort ook nie dit te wees nie. As die spoed konstant was, sou ek na ander plekke gesoek het om die groeperings te verbeter.
Kopkrapper... Hopelik bedaar die loop binne die volgende 50 skote.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
So bietjie terugvoer, dit lyk darem of hierdie loop vir nou sy stories gelos het. Ek het dit weer gaan toets en die spoed was hierdie keer dieselfde as die vorige skietsessie. Met die ekstra 1,2gr poeier kon ek 'n mooi groep skiet.
Ek weet nogsteeds nie hoekom die spoed verlaag het nie. As iemand dit kan verklaar sal dit baie interessant wees.
Ek weet nogsteeds nie hoekom die spoed verlaag het nie. As iemand dit kan verklaar sal dit baie interessant wees.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13585
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Nuwe doppe wat jy skiet? Hoe meer die dop moet "uit sit" as jy hul fire form hoe meer energie word benodig om dit te doen aka hoe meer energie benodig word om die dop uit te sit hoe meer energie/spoed gaan jy verloor.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Ek vermoed ook so.Capt. Yoda wrote: Fri Jun 23, 2023 9:47 am Nuwe doppe wat jy skiet? Hoe meer die dop moet "uit sit" as jy hul fire form hoe meer energie word benodig om dit te doen aka hoe meer energie benodig word om die dop uit te sit hoe meer energie/spoed gaan jy verloor.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Dankie Capt, maar nog elke skoot was met 'n nuwe dop gewees, so dit kan nie die geval wees nie.
Die enigste ander moontlikheid waaraan ek al kon dink is dat die humiditeit van die poeier dalk verhoog het met die baie reën wat ons onlangs gehad het. Maar ek twyfel ook, omdat ek seker maak die prop van die houer is mooi toe en die poeier staan nie vir ure in die buitelug nie.
Die enigste ander moontlikheid waaraan ek al kon dink is dat die humiditeit van die poeier dalk verhoog het met die baie reën wat ons onlangs gehad het. Maar ek twyfel ook, omdat ek seker maak die prop van die houer is mooi toe en die poeier staan nie vir ure in die buitelug nie.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
Ters Hickman
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Wed Sep 18, 2013 3:38 pm
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Middag,Forester wrote: Fri Jun 23, 2023 10:51 am Dankie Capt, maar nog elke skoot was met 'n nuwe dop gewees, so dit kan nie die geval wees nie.
Die enigste ander moontlikheid waaraan ek al kon dink is dat die humiditeit van die poeier dalk verhoog het met die baie reën wat ons onlangs gehad het. Maar ek twyfel ook, omdat ek seker maak die prop van die houer is mooi toe en die poeier staan nie vir ure in die buitelug nie.
Ek vermoed jy is op die regte pad. Ek bly ook in die Paarl en die vogtigeheid moes sekerlik by 100% gewees het vir baie dae in 'n ry die laaste tyd...dalk meer! ;-)
As jy 'n poeier blik oop maak in vogtige weer gaan die lug in die blik in. Jy maak dan die vogtige lug saam met die poeier in die blik toe. Hy hoef nie oop te staan nie. Poeier is higroskopies. Die poeier absorbeer daardie vog wat in die blik vasgevang word. En weer so as jy weer oop maak totdat die poeier vog versadig is. Hoe lank dit neem of wat hierdie punt is weet ek nie...
Ek het iewers gelees dat dit die rede is waarom hoee kwaliteit volumtriese poeier meters baie konstante resultate gee. Peoeier volume varieer nie met vog nie...gewig wel. Ek het nie persoonlike ervaring hiermee nie.
Ters
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: CZ 550 .375H&H Spoed verlaag
Hier is ‘n baie interessante artikel oor humiditeit:
https://chronoplotter.com/2021/08/19/ho ... ct-powder/