“Booms” op plaaspaaie?
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
“Booms” op plaaspaaie?
Met die toenemende mynaktitwiteite in my area, het misdaad die laaste paar jaar hand uit geruk.
Bakkies word van plase af gesteel, so ook enige iets, selfs vanuit boere se erwe.
Die arrogante wettelose dade is iets wat ek nog nooit teegekom het nie.
Kamers werk, maar selfs van die groot en duur modelle, is dit nie moontlik om altyd n goeie identifikasie in die nag te kry nie.
Ek het in die Gravelotte omgeweing a paar paaie gesien wat met “booms”(sommige met wagte en ander met kamers) toegerus was.
Die gebruiker moet dus stop om die knop te druk wat die boom lig, maar ook n ordentlike foto van hom en sy motor neem.
Ek wil graag weet of hier manne is wat kennis dra van hoe goed dit werk, wie dit kan doen en die wetlike aspekte daarvan op n sekondere plaas grondpad?
Mooi dag

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Op my Pa se grond pad na sy plot so 30 km buite die dorp in Ellisras is daar een.
Dit werk goed en as daar alarm gemaak word van misdaad binne die area sluit die hek outomaties beteken dat die mense nie kan uit nie en sal dan vasgetrek word binne die area.
Verder weet ek nie hoe dit opgesit is of werk nie and die admin daar agter nie.

Vleisie
- Sr. Member

- Posts: 439
- Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Ek weet by my swaer hulle, het hulle weer n skuif hek opgesit met n nommer wat jy kan bel om die hek oop te maak.
Maar dus moet jy ook by die kamera stilhou om die nommer te kry om die hek te skakel, maar dit is op n tersiêre pad wat die Vrystaat Provinsie nie meer onderhou nie, so hulle verweer is dat aangesien landbouers die paaie onderhou kan hulle toegang beheer toepas op daardie pad.
Let wel dat dit nog nooit getoets is in die hof nie, so wat die wetlike aspek werklik rondom dit gaan wees weet ek nie.

Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Ek weet nie of die wetgewing verskil van provinsie tot provinsie nie. As jy wel n "boom" opsit, posisioneer die oopmaak knop so dat iemand fisies moet uitklim om die knop te druk. Ongewenste elemente hou nie daarvan nie. Dit veroorsaak ook dat die kamera n goeie beeld kry.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Min dinge so lekker soos om tussen niks en nerens in die aand uit jou bakkie te klim om n knop te druk nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 870
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Toe ek die opskrif sien toe val hierdie video my by van Leon Schuster
https://www.youtube.com/watch?v=yvJSa7zCvdo
https://www.youtube.com/watch?v=yvJSa7zCvdo
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
hahaha
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Braveheart
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Stem nogal Capt.
Daar is goeie kameras soos Provision wat goeie "Face Reconition" bied selfs binne in 'n voertuig in 'n pik donker nag. Foto kwaliteit is tops. Ek persoonlik dink die wettigheid van eie booms op openbare paaie is 'n probleem en iemand gaan hulle vingers brand. Jan Publiek mag volgens wet nie eers self 'n pothole regmaak nie nietemin toegangs beheer instel nie. Woonbuurtes met eie booms moes dit vervang met spoedwalle en kameras. In jou eie kompleks of eiendom mag jy toegangsbeheer soos booms toepas en instel. Met veiligheids kameras langs grondpaaie word jou beweging nie beperk nie. Ek weet sekuriteit en veiligheid is 'n groot probleem in landelike gebiede maar veiligheid begin by jou eie huis of perseel. Ek wonder of hierdie mense wat booms oprig hulle eie booms en kameras by hulle eie huise het.

- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Hier by ons is daar Elektriese hekke op meeste grondpaaie wat gebel word. Net plaaseienaars kan hom bel of as n eienaars reel dat jou nommer mag gelaai word.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Mens mag nie 'n publieke pad met 'n boom toemaak sonder die nodige toestemming van die betrokke provinsie se paaieafdeling nie en indien so 'n toestemming gegee word is dit net tydelik van aard. Ons ondervinding is dat die provinsie hulle glad nie gaan steur indien gebruikers van so 'n pad 'n aansoek sal insit nie, maar wanneer die toegangsbeheer onwetting opgerig word, gaan hulle optree en/of dit as verskoning gebruik indien hulle die paaie moet regmaak of skraap.
My voorstel is vind uit wie die persone in beheer is en waar hulle kantore is. Vind uit hoeveel mense hulle is, laat hulle verstaan wie julle is en hou dan jaarsliks 'n braai met 'n groot pot pap vir hulle om "dankie" te sê vir julle sekuriteit wat julle daar het. In die toespraak by die braai bedank hulle almal. Maak net seker dat die vleis van so 'n gehalte is dat julle ook daarvan kan eet.

- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Net noem hier by ons steel hulle die hek-motors, maak nie saak hoe die eienaars hulle probeer toesluit of beskerm nie.
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Groete uit Windhoek
-
Braveheart
- Newbie

- Posts: 25
- Joined: Thu Mar 23, 2023 8:48 am
Re: “Booms” op plaaspaaie?
100% Dawie. In SA het ons die "Bill Of Rights" wat mense beskerm. Een van die punte is "Freedom of movement and residence" wat sterk hier na vore kom.
Die oprigters of eienaars van onwettige booms of toegangsbeheer maak hulle oop vir baie siviele eise of selfs tronkstraf soos deur die wet voorgekryf. Kom ek noem gou 'n praktiese voorbeeld of twee. Een is bv as daar dringende mediese hulp benodig word en daar is lewens verlies agv onwettige toegangs beheer wat dood, ligaams verlies, ens veroorsaak agv tyd en roete beperkings. Nog een is vir noodsaaklike dienste soos Eskom wat 'n byvoorbeeld n hoenderplaas, hospitaal of myn se krag moet gaan aansit 2 uur die oggend en dan nie toegang het tot plaaslike staats roetes nie om hulle werk te doen nie. 'n Derde voorbeeld as Polisie dringende dienste moet lewer is agv onwettinge toegangs beheer nie kan voorgaan met hul dienste en pligte nie. Die lys gaan aan en aan.
Dis net so goed winkel eienaars in dorpe maak booms of toegangs beheer in munisipale strate en besluit wie en wat mag ingaan en waneer. Dit kan nie gebeur nie en is teen die wet. Dieselfde met boere of grond eienaars wat booms of hekke oprig op staatsgrond en besluit wie mag op die pad ry en nie. Dit word gewoonlik ook uitgebyt as rasisties as net sekere rasse of mense toegang het of nie. En dan kom tyd van dag of nag nog tersprake. Sekere padgebruikers werk nagtelike ure waar toegangsbeheer strenger toegepas word as tydens dag ure. Sy reg om te werk en finansieel te oorleef word negatief beinvloed.
Oral kom die word "Diskriminasie" sterk na vore en nog meer "Bill of Rights" punte nie nagekom word nie. Die boemerang word net groter en groter.
The right to equality.
• The right to human dignity.
• The right to life.
• The right to freedom and security of the person.
• The right to privacy.
• Political rights.
• Freedom of movement and residence.
• Freedom of trade, occupation and profession.
• Limitation of right
Sien julle hoe maklik kan die speelveld verander in 'n oogwink?
Ek weet plaasveiligheid is 'n groot probleem in SA maar die regte oplossings of eerder veiligheids opsies moet bewerkstellig en ingestel word sonder dat jy self landswette verbreuk en in die proses jouself en jou gesin benadeel en runeer.
Hier is iets om te lees------ https://www.sahrc.org.za/home/21/files/ ... ontent.pdf

Last edited by Braveheart on Tue Jun 13, 2023 12:40 pm, edited 1 time in total.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Dan moet jy nou nog in die aand uit klim en die hek stoot ook. As ek dam dink hoe ons pompe probeer beskerem het en die manne het hul sonder moeite onder n cement blok uit haal is n hek motor seker nie baie van n challenge nieWitpietskiet wrote: Tue Jun 13, 2023 12:00 pm Net noem hier by ons steel hulle die hek-motors, maak nie saak hoe die eienaars hulle probeer toesluit of beskerm nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
B Five
- Full Member

- Posts: 211
- Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Dankie manne, hier is n paar goeie punte genoem.
Wil ook net noem dat ek hoegenaamd nie iemand toegang wil verhoed of beheer nie.
Ek wil net graag goeie indetifikasie kry van voertuie wat die 5km deur my grond ry.
My buurman het n Hikvision darkfighter wat hom byna 100k gekos het. Een aand toe steel hulle 350meter se 16mm armoured cable by my.
Daardie kamera kon mens nie eers die bakkie se maak op die video herken nie.
Om my hele plaas te beveilig is ontmoontlik, ek voel dat indien ek beter identifikasie het sal dit ver gaan.
Hierdie skelms hier loop nie met die voet nie, hulle wil baie meer steel as wat hulle kan dra………..

Ek wil net mooi fototjies he….
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Ons het Hikvsion IP kameras wat baie minder as dit kos (seker nie eers 6k n kamera nie) wat in die aand n kar se reg nommer kan lees.B Five wrote: Tue Jun 13, 2023 5:51 pm Dankie manne, hier is n paar goeie punte genoem.
Wil ook net noem dat ek hoegenaamd nie iemand toegang wil verhoed of beheer nie.
Ek wil net graag goeie indetifikasie kry van voertuie wat die 5km deur my grond ry.
My buurman het n Hikvision darkfighter wat hom byna 100k gekos het. Een aand toe steel hulle 350meter se 16mm armoured cable by my.
Daardie kamera kon mens nie eers die bakkie se maak op die video herken nie.
Om my hele plaas te beveilig is ontmoontlik, ek voel dat indien ek beter identifikasie het sal dit ver gaan.
Hierdie skelms hier loop nie met die voet nie, hulle wil baie meer steel as wat hulle kan dra………..
Daar is bitter goeie kameras op die mark vir nie baie geld nie, met R100 000 kan jy een bul kamera stelsel op jou plaas bou kan self een of 2 thermals in gooi as jy wil.
16 Channel IP capable NVR met n 1 TB hard drive is hier by die R6000 en dan koop jy kameras soos jou hart begeer.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 302
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: “Booms” op plaaspaaie?
Onthou tegnologie het ook sy limiet. ‘n Tendens wat ek al meer en meer optel is dat baie winkels en instaleerders van ou voorraad en tegnologie ontslae wil raak. Dit word dan geadverteer as ‘n “Special” met n baie goeie prys en ‘n wonderlike “Spec sheet”. Die feit is dat daar is nuwe “IP smart technology cameras” wat beter, verder en goedkoper kan werk.B Five wrote: Tue Jun 13, 2023 5:51 pm My buurman het n ... kamera wat hom byna 100k gekos het.... ... Daardie kamera kon mens nie eers die bakkie se maak op die video herken nie.
Weereens gesien met on NHW kameras wat ten duurste aangekoop is se prent is swakker kwaliteit as buurman se systeem wat teen halfprys geinstalleer is.
Vra vir n demonstrasie, Onthou dieselfde kamera wat in die aand met straatligte n beeld vertoon en op n plaas met totale donkerte sal verskil soos dag en nag.
Caveat Emptor.