Somchem kruit vir 357 Magnum
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Somchem kruit vir 357 Magnum
Somchem se data se ek moet MS200 of S265 gebruik vir 357 Magnum revolvers. Ek het slegs S121 en MS200 beskikbaar kan ek dit gebruik of nie. Die revolver is 'n Stainless Steel Ruger Security Six met 'n 4 duim pyp
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Somchem kruit vir 357 Magnum
Daardie dryfmiddels brand vinniger as MP200, so jy gaan nie spoed kan jaag nie.
Kyk na 38 Special se ladings onder en pas aan in verhouding. Wees konserwatief en mik na mediaan spoed.
https://www.somchemreload.com/search?c=11&f=276

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Somchem kruit vir 357 Magnum
S121 se brandspoed is te vinnig vir die 357Mag. Jy kan MP200 en MS200 gebruik vir die ligter punte (ligter as160gr) en S265 vir die swaarder 180gr punte. Die S265 se verbranding is ook nie 100% in 'n 4duim loop nie. Werk beter in 6-8duim lope en fantasties in leveractions.
S121 is wel geskik vir haelpatrone en 9mmP.
Hoor hier of daar nie iemand is wat bereid is om MP200 te swop vir daardie S121 nie. Eersgenoemde is regtig 'n great 357Mag kruit...
S121 is wel geskik vir haelpatrone en 9mmP.
Hoor hier of daar nie iemand is wat bereid is om MP200 te swop vir daardie S121 nie. Eersgenoemde is regtig 'n great 357Mag kruit...
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Somchem kruit vir 357 Magnum
'n Ander moontlike oplossing is om 38 Special doppe te gebruik en die rewolwer soos daardie kaliber te laai. Somchem gee ladings daarvoor by die skakel bo.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Somchem kruit vir 357 Magnum
Bly by MP 200 vir ligter koeëls (tot 160gn) asook vir ligter ladings in 38 Spl doppe.
'n Warm 38 Spl lading in 'n 38 dop, wat 'n 158gn lood SWC teen omtrent 1000 fps stoot, maak 'n maklik hanteerbare en baie veelsydige lading uit 'n 357 Mag. Maak net baie seker dat iemand nie die ammu in hulle kortloop 38 Spl rewolwertjies probeer gebruik nie...

- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Somchem kruit vir 357 Magnum
Ek he al S121 in die 357 gebruik.
Met 158gr'e het ek nie uitsonderlike sukses gehad nie en dit mag gevaarlik raak.
5" loop Taurus
158gr CMJ
40mm TPL
5gr S121 batch 42 (34% dopvulling)
Spoed het geloop tussen 650 en 980fps. Twee doppe het duidelike bulges gehad. Ek vermoed dit was SEE.
158gr CMJ
40mm TPL
8gr S121 batch 42 (53% dopvulling)
Spoed was 1100 tot 1250fps
Met 125gr cast lood het ek beter gevaar.
125gr Cast LHP
42mm TPL
9gr S121 batch 42 (47% dopvulling)
Spoed was 1100 tot 1350fps
125gr Cast LHP
42mm TPL
10.5gr S121 batch 42 (55% dopvulling)
Spoed was 1380 tot 1480fps
Ek sal nie sommer weer met S121 en die 357 speel nie. MS200 gaan wel beter vaar omdat jy beter dopvulling gaan kry, maar ek sal dit ook nie voorstel nie
Ek het nou D037.1 wat ek gebruik en daarna sal ek maar terugval CFE Pistol toe weer.
-------
Ek sien nou ek het MS200 gelaai, maar het geen data op dit nie, so ek weet nie of ek dit geskiet het en die data verloor het en of ek die koëels getrek het nie.
Sent from my BV9900E using Tapatalk

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Somchem kruit vir 357 Magnum
In my beskeie opinie, werk geen van die Somchem kruite lekker in 'n 357 Mag 4" loop rewolwer nie.
Ek het MS200, MP200, MP300, S265 en ten einde laaste, H110 (Hodgdon) probeer. Met geen van hulle het ek regtig bevredigende resultate gekry nie. Spoede was aan die lae kant, druk tekens wys onnodig vroeg, en meeste ladings se akkuraatheid was nie bevredigend nie. Ek het 'n S&W Mod 28 357 Mag.
Toe kom ek af op Vihtavuori 3N37, en dit werk uitstekend. Goeie dopvulling, akkuraat en kry ook spoed van omtrent 1200fps.
Ek het 'n redelike vol blik S265 as jy dit wil hê. Ek is in die Centurion omgewing as jy dit wil kom afhaal.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)