Loop lisensieer

Post Reply
264 Win Mag
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm

Loop lisensieer

Post by 264 Win Mag »

Dag manne help asb. Ek is in die proses om vir my 'n 6mmBR te laat bou. Die loop en kaliber vervangings was mos uitgeklaar met die hofbevel maar nou hoor ek SAPS het die hofbevel geappleer en die proses is nou weer in sy hele militere M*@R in. Nou kan ek blykbaar nie aansoek doen vir die vervanging en verandering van 6.5 na 6mm toe nie. Ek is nou geadviseer om die loop apart te lisensieer en as die lisensie kom draai ek hom op die aksie en hou die 6.5 loop in die kluis. My vraag is, is dit wettig om dit te doen? En hoe lisensieer ek net 'n loop? Het iemand van julle dalk 'n voorbeeld vir 'n loop motivering?

Terugvoer sal waardeer word
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Loop lisensieer

Post by Capt. Yoda »

Ja dit is wettig en die maklikste manier om dit te doen, jy het nou n switch barrel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Loop lisensieer

Post by Kallie Fernhout »

Goeie Middag

Ek het twee lope gelisensieer. Dit is die selfde proses as wat jy n geweer sal doen d.w.s n 271 form as ek nou die kodes reg het. Sodra jy jou kaartjie kry of deesdae jou print-out gaan haal jy jou loop en sit hom in die kluis. Na dit moes ek nogsteeds deur die proses gaan vaan aansoek to Alter a firearm en daarna natuurlik incorrect information om natuurlik die nuwe nommers en kaliber reg te stel op die sisteem. Ek het laasweek my print-out gaan optel met nuwe details so proses nou afgehandel.
264 Win Mag
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm

Re: Loop lisensieer

Post by 264 Win Mag »

Nog 'n vraag die loop wat ek gekoop het is gemerk op die loop Caliber.243 op die SAPS se stelsel staan Barrel (Billet-Rifle) 6mm. As ek hom nou kamer in 6mmBR mag ek sulke ammunisie wettig in my besit he?
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Loop lisensieer

Post by Kallie Fernhout »

Capt. Oblivious wrote: Mon May 29, 2023 1:36 pm Ja dit is wettig en die maklikste manier om dit te doen, jy het nou n switch barrel
Dit is waar die grys area inkom. In ons se landtjie lisensieer ons mos n loop en nie n aksie nie. Op beide my kaartjies het gestaan 308 Billet so nerens die kaliber wat die kamer bepaal nie. daarom het my DFO gese moet ek aansoek doen vir die Alter proses en daarna correct information update. Dink die proses is heelwat makliker as die loop klaar gekamer is as jy hom aankoop en lisensieer. Dan maak die twee lisensies voorbeeld can Capt Oblivious sin. Dalk kan Cappie meer inlig. Maar soos ons almal weet elke DFO maak sommer sy eie reels in vandag se tyd.

Dit maak net nie vir my sin as jy een kaartjie het wat wys 6.5mm maar nerens op die loop word dit aangedui nie omdat dit nou n 6mmBr is, en dan op die loop se kaartjie staan daar net 6mm Billet.
Martiens Bekker
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm

Re: Loop lisensieer

Post by Martiens Bekker »

Ek is in dieselfde proses. Indien jy die loop lisensieer op SAPS 271, mag jy slegs die loop in jou besit neem maar niks werk aan die loop laat doen nie. Indien jy die loop 'n kamer sny en op aksie sit, is dit onwettig. Die lisensie gaan slegs se bv .243 Billet of 6.5mm billet. Jy moet nogsteeds kaliber verandering doen. Enigste manier vir 'n wettige switch barrel is as die loop met 'n gesnyde kamer die land binne gekom het en geregistreer is op SAPS sisteem as bv 6mmBR. Maar daar is baie min opsies van sulke lope.

Lock'nLoad verkoop Proof Research lope wat aksie spesifiek klaar gesny is in verskillende kalibers. Prys is R24500 per loop.
264 Win Mag
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm

Re: Loop lisensieer

Post by 264 Win Mag »

Met al die strooi lyk dit of ek nie eers my tyd moet mors nie. Die SAPS is dan nou deur die hof beveel om die loop vervangings toe te laat. So as ek nou die proses aanpak kyk ons na 90 werks dae vir die loop se lisensie om hopelik goedgekeur te word. Dan soos ek verstaan moet ek aansoek doen vir 'n kaliber verandering op die loop van .243/6mm Billet na 6mmBR hoe lank vat dit? Moet ek dan nogsteeds aansoek doen om die 6.5 loop af tehaal en die 6mm loop op te draai?

IS dit moontlik om met die aansoek van die Billet loop die kaliber verandering aan te vra?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Loop lisensieer

Post by Capt. Yoda »

Kallie Fernhout wrote: Mon May 29, 2023 2:32 pm
Capt. Oblivious wrote: Mon May 29, 2023 1:36 pm Ja dit is wettig en die maklikste manier om dit te doen, jy het nou n switch barrel
Dit is waar die grys area inkom. In ons se landtjie lisensieer ons mos n loop en nie n aksie nie. Op beide my kaartjies het gestaan 308 Billet so nerens die kaliber wat die kamer bepaal nie. daarom het my DFO gese moet ek aansoek doen vir die Alter proses en daarna correct information update. Dink die proses is heelwat makliker as die loop klaar gekamer is as jy hom aankoop en lisensieer. Dan maak die twee lisensies voorbeeld can Capt Oblivious sin. Dalk kan Cappie meer inlig. Maar soos ons almal weet elke DFO maak sommer sy eie reels in vandag se tyd.

Dit maak net nie vir my sin as jy een kaartjie het wat wys 6.5mm maar nerens op die loop word dit aangedui nie omdat dit nou n 6mmBr is, en dan op die loop se kaartjie staan daar net 6mm Billet.
Nee jys 100% reg ek moes dalk net beter verduidelik, as jy die loop het het jy net die loop jy moet nog die kamer laat sny en dan die kaliber “kies” om so dan jou 2de barrel op jou switch barrel te he

264, as jy daai proses in 90dae af handel koop ek jou n botel iets
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Loop lisensieer

Post by Danie01 »

My pa het in Januarie 2023 sy loopbervanging aansoek ingedien en dit was middel Mei 2023 goedgekeur, dink dit was binne die 90 werksdae gedoen of dan baie naby inelkgeval.

Hy het nie die kaliber verander nie, net die loop vervang.

Groete
Post Reply