Impala en Ballistix punte
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Impala en Ballistix punte
Wie het ervaring van die punte? Met die situasie in Ukraine lyk dit of komponente van oorkant die water al hoe duurder en skaarser kan word vorentoe en ek begin kyk na moontlike alternatiewe vir jag en baanskiet. Wie het al met die bg punte gelaai en wat is julle opinie. Impala en Ballistix lyk nie te mal geprys nie. Kyk na 224, 6.5 en 6mm punte
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Impala en Ballistix punte
Hier was baie besprekings oor Impala se koele, kyk bq onder die search funksie. Ek weet Wouter hou baie van hulle veral omdat mens hulle uit die skietwal kan uit krap en weer kan laai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Impala en Ballistix punte
264winmag, Kaptein is reg. Hier was destyds n indiepte bespreking oor Impala. Dit is al n paar jaar terug so ek dink jy gaan bietjie moeite mot doen om die topic op te spoor. Daar is egter baie info gedeel.
Ek self het destyds baie met Impala gespeel(teiken;varke en kleiner wild) en sal dit vir jou in kort opsom. Impala se gedagte is om betroubaar koeels te maak wat effektief kan jag/dood met min vleiskade. In my ondervinding het hulle geslaag in hulle doel. Hulle ontwerp is uniek. Die persoon wat dit alles begin het, is seker een van die grootste gentlemans in ons bedryf en is hoogs geskoold. Die pryse is heel aanvaarbaar.. Ek het nog nooit daar bestel wat daar nie voorraad was nie. My enigste kritiek teenoor Impala is dat jy baie presies die vitals moet tref om n eenskoot doodskoot te verseker. Ek verstaan van internetgesprekke dat die manne wat Impala op dangerous game as solids gebruik, glo baie gelukkig is. Hieroor het ek egter geen ervaring nie.
Ek het al self Ballistix oorweeg maar het geen ondervinding daaroor nie. Die produk op die oog af lyk goed.
Daar is tans sommer heelwat plaaslike koeel vervaardigers en ek hoop die manne word goed ondersteun.
kyk gerus ook na hierdie onderwerp:http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=88014
Tans toets ek Viper bullets. https://www.viperbullets.com/product/vi ... s-supreme/. Ek het maklik groeperings gekry. Een van die kalibers wat ons tans toets met Viper is my Ds se 9.3. Ook maklik ladings gekry en hy het gister n koedoe geskiet en die koeeltjie herwin. Sal later die detail oor dit plaas.
Meeste van die plaaslike koeels is monolithics soos Ballistix en Impala, maar daar is wel ook loodkern koeels.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Impala en Ballistix punte
Ek het gekyk na Impala se 65 gr. vir 243. Kon ongelukkig nooit goeie groeperings kry nie.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Impala en Ballistix punte
Ek het Impalas in my 303 gebruik, baie akkuraat gewees en die blesbok het min vleisskade gehad en die hart en longe was 'n pappery. Op 'n ander plaas waar ek gaan skiet het wou die eienaar dit ongelukkig nie toelaat nie, maar toe ook ander geweer gekry. So nog nie weer gebruik nie.
Het ook Balistix vir 'n ander 303 gekry en dit was op die baan baie akkuraat, maar nog nie op 'n dier gebruik nie. Het vir die 30-06 gekry, maar die groepe is 1 in elke provinsie. moet dit nog verder probeer. Wat ek gehoor het maak dit mooi in 'n bok.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Klein Karoo
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm
Re: Impala en Ballistix punte
Ek het die 200gn Impala LWHV gelaai vir my 375Ruger, Blesbok gejag met goeie resultate, dit is bekostigbaar, en baie goeie groeperings gelewer.
Het wel al gehoor daar is plase wat nie die tipe punt toelaat nie maar nog nooit self teegekom nie, jy moet seker maak oor jou skoot plasing en seker wees daar staan nie ander bokke agter jou bok nie.
Het wel al gehoor daar is plase wat nie die tipe punt toelaat nie maar nog nooit self teegekom nie, jy moet seker maak oor jou skoot plasing en seker wees daar staan nie ander bokke agter jou bok nie.
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: Impala en Ballistix punte
Dankie manne
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: Impala en Ballistix punte
Die Viper punte lyb belowend gee terugvoer asb
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Impala en Ballistix punte
264 Win Mag. Ek gaan more weer baan toe met a paar toetsladings( Vipers). Het selfs nognie n dier geskiet nie. Dit wat ek tot nou te ervaar het is dat die koeels maklik groepeer. Gaan later die week ladings op my 300Mag toets. Sal graag op die 180grn tussen 2900fs en 3000fs wil sien. Op die 150grn wil ek graag naby aan 3200fs skiet.
Sal laat weet
ns. Oor die produk self kan ek net goeie dinge se, daar is wel ietsie anders wat krap. Ek wil dit nie hier deel voordat ek nie die vervaardiger n billike kans gegee het nie.
Sal laat weet
ns. Oor die produk self kan ek net goeie dinge se, daar is wel ietsie anders wat krap. Ek wil dit nie hier deel voordat ek nie die vervaardiger n billike kans gegee het nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Impala en Ballistix punte
Nog terugvoer oor die Viper koeels. Kon eers hierdie naweek my 300H&H se lading toets. Het maklik n lading gekry. 0.5 MOA op 180grn. Die spoed het gemeet 2850fs. Dit klop nie, ek wantrou my crony, sal dit weer op n staduim met n Labradar bevestig. Die spoed moet meer in die omgewing wees van 2950-3000fs uit 26duim.Sal nog so bietjie met die tpl toetse doen. Nie te min, al die ladings het onder n duim geskiet. Soos met die lading ontwikkeling van die 243 lyk dit op hierdie koeels maklik herlaai.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Impala en Ballistix punte
Ek het wel die naweek my eerste dier met die Viper koeel geskiet. Dit was n vark. Die sog het reguit vir my gekyk, maar bietjie skuins gestaan. Die koeel is voor by die bors in en net agter die ribbekas aan die oorkant uit. Het die hart en longe getref. Die vark het op 105m gestaan. Sy het amper 60m gehardloop tot waar ons haar opgetel het. n Bloedspoor gelos wat ons maklik kon volg. Die vleisskade was amper zero. Op die foto is die uitgangswond. Werklik min trauma en bloedmassa. Ek is tevrede met die Vipers en gaan dit nou my jagkoeel maak. Die prys is nog iets om oor opgewonde te wees. Ek sien S&O verkoop ook die Vipers
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Johann Marais
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm
Re: Impala en Ballistix punte
Die Vipers is lieflike punte. Ek gebruik hulle op my 338 en 223 AI