Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
My DIY stokke werk ook mooi, maar met die opleiding wat ons met die kinders en pa's doen het ek vertelbare stokke nodig.
My stokke is net te lank vir die jong klomp, die verstelbarhied van hierdie stokke maak dit baie aantreklik.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
Wouter Roets wrote: Tue Jul 11, 2023 9:26 am
Ek het so n maand of twee terug ook drie van die stokke aangeskaf. Al wat ek kan se is ek wens ek het dit al lankal gedoen!
Jys donners lank maar ek het nie gedink jy moet 3 van hulle aan mekaar vas maak om te werk nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Dagsê
Ek wil graag hier iets byvoeg oor die 4DeadHold-stokke en dit gaan oor die voetstukke/voetjies van die stokke. Hulle kom met sulke half ronde voetstukke wat ek gevind het nie altyd vir my na wense vasbyt op alle tipes oppervlaktes nie. Pieter het toe 'n tyd gelede vir my die tungsten-voetjies wat beskikbaar is vir sy stokke aangesit en wat 'n goeie verbetering is dit nie! Behalwe dat jy die voetjie kaal kan gebruik, verskaf Pieter ook 'n rubbervoetjie wat bloot oor die metaalvoetjie opskroef. Die nuwe rubbervoetjie werk baie beter as die ronde voetjie waarmee die stokke uitkom, maar die kaal metaalvoetjie werk die heel beste, ek is mal daaroor. Dit byt vas op enige terrein en teen enige helling en is vir my 'n groot verbetering. Die voetjies kos 'n paar Rand vyftig maar is beslis die moeite werd.
Mooi loop
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.