Nog jakkalse te voet. Laaste foto's, belowe
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Dagsê
Ek deel sommer my eerste jag van 2023 met julle... dalk vind iemand dit interessant. My jag hierdie jaar het laat begin want ek het die afgelope 7 maande twee rugoperasies gehad. Hierdie was my eerste "outing" na maande van frustrasie. Dit was ook 'n geleentheid om te sien of my rehabilitasie sodanig verloop het dat ek weer mobiel genoeg is om nou al te voet te kan jag.
Hierdie teef het ek gisteroggend om 10 minute oor 10 geskiet. Ek was van plan om donkeroggend veld toe te gaan maar toe ek opstaan sien ek dat dit heeltemal bewolk is en dat daar sleepmis is. Sig was beperk tot skaars 100m. Teen agtuur het ek besluit om maar die pad te vat en te begin stap. Die plaas waar ek was, is in die Klein-Karoo naby Ladismith en Vanwyksdorp. Dis 7200ha groot met geen binnedrade nie. Daar bly niemand op die plaas nie, nie eens werkers nie.
Teen nege-uur het die mis begin lig en ek het naby 'n rivierloop stelling ingeneem en 'n bietjie geroep met my fluitjie ('n Crit'r Call wat ek al in die 1980's gekoop het). Niks het egter beweeg nie. Toe ek verder stap, het ek vier gemsbokke op die kruin van 'n hoë kop gesien. Hulle so 'n bietjie dopgehou en toe weer aangestap. Teen kwart voor tien het ek teen 'n rant gaan sit wat uitkyk oor 'n groot vlakte. Ek het sowat 5 minute gesit en toe begin roep met die fluitjie. Met twee heuphoogte bosse weerskante van my was ek redelik goed verskuil en het ek 'n skootsvak van 180-grade oor die vlakte voor my gehad. Dis waar ek gehoop het 'n jakkals sou verskyn. Na 20 minute se geroep met tussenposes van stilte, was ek oortuig dat ook hierdie plek niks sou oplewer nie en het besluit om op te staan en af te beweeg na 'n gronddam sowat 500m verder.
Maar toe ek weer links kyk, vang my oog beweging amper 90-grade links van my en amper op dieselfde hoogte teen die rant as wat ek sit. 'n Jakkals was aan't naderdraf en ek het net die punte van sy ore bo die bosse sien uitsteek. Die jakkals het vir 'n oomblik verdwyn en toe sien ek weer die ore... net om hulle weer te verloor agter die bosse. Teen hierdie tyd was die dier skaars 20m van my af. Die jakkals moes gestop het want vir die volgende 10 sekondes of so het ek niks gesien nie. En toe ek weer die jakkals sien was sy besig om teen die rant af te draf. Sy het egter baie rustig voorgekom en ek het haar deur die teleskoop gevolg. Aan die voet van die rant het sy dwars gedraai na regs toe en tussen twee bosse vasgesteek. Ek het dadelik geskiet en sy het in haar spore neergeslaan (ek het natuurlik eers gesien dis 'n teef toe ek by haar kom).
Ek het my .30-06 gebruik, gelaai met 110gr V-max'e. Teen ongeveer 3000vps maak hulle lelike skade. Die jakkals het 'n pragtige pels en haar kondisie was baie goed. Toe ek nader stap het ek gedink dat ek haar dalk moet afslag en die pels bewaar, maar toe ek haar omdraai en die vuisgrootte gat sien waar die koeël uit is, het ek daarteen besluit. Die skietafstand was 63.6m volgens my Leica.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Tue May 30, 2023 9:35 am, edited 2 times in total.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jakkals te voet en met fluitjie
Netjies Oom Koos, ja dis n mooi Jakals daai as mens nou so iets kry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Jakkals te voet en met fluitjie
Dis n rooi jakkals
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Jaco Bezuidenhout
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm
Re: Jakkals te voet en met fluitjie
Mooi storie Koos,dankie vd deel.
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Jakkals te voet en met fluitjie
Dankie vir die storie! Bly oom se rug is beter
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: Jakkals te voet en met fluitjie
Netjies oom Koos! Wanneer kry ons weer 'n nuwe oom Martiens storie?
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jakkals te voet en met fluitjie
Dankie manne. Ockert1992, hopelik nie te lank van nou af nie.
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Jakkals te voet en met fluitjie
Respek! Ek hou van die detail in die verhaal.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2956
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Jakkals te voet en met fluitjie
Lekker vertel oom, baie dankie. Baie geluk en bly oom is weer op die been.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Nog jakkalse te voet. Laaste foto's, belowe
Dagsê
Ek het die afgelope week nog drie jakkalse geskiet nadat ek hulle met die fluitjie ingeroep het. Wat vir my interessant is, is dat al die jakkalse wat ek tot dusver geskiet het, tewe was. Het iemand dalk 'n verklaring daarvoor? Die paartyd begin mos nou en hou aan tot so Augustus waarna die eerste kleintjies hier teen September/Oktober gebore word. Het dit dalk iets daarmee te doen. Met die Crit'R Call-fluitjie wat ek gebruik, aap ek maar net 'n blêrende lam na of 'n haas wat seerkry. Kom tewe makliker in na sulke geluide as die reuns?
Die jakkals op die skurwe rantjie (geweer met bruin houtkolf) het ek op 230m geskiet, nadat my eerste skoot op ongeveer 170m mis was. Ek het sommer vroeg die middag gaan sit en roep omdat ek niks anders gehad het om te doen nie. Ek het hoog teen 'n rant gesit en sy het oor die volgende rant ingekom tot op 'n vlakte onder my. Toe kry ek so jakkalskoors dat ek haar kaal, skoon misskiet. Gelukkig hardloop sy toe skuins teen die rant uit waarvandaan sy gekom het maar steek reg bo-op die rant vas met haar gatkant na my toe. Daar skiet ek haar toe sommer reg van agter af met die .243 en 87gr V-Max. Die koeël is uit by die linkerblad en het 'n helse gemors gemaak. Ek het haar vyf voor vier die middag geskiet.
Die ander twee jakkalse is met my .223 Savage geskiet onder omstandighede wat vir my interessant was. Ek het gaan kampeer en terwyl ek besig was om my goedjies af te pak hoor ek 'n jakkals skree sommer naby teen 'n rant. Ek het met die verkyker begin soek en hom/haar so 940m weg gesien volgens my Leica. Ek kon ongesiens agter 'n lae koppie ombeweeg maar op 629m was daar nie meer dekking vir bekruip nie. Die jakkals was nog glad nie van my bewus nie en het in 'n oopte gelê. Ek begin toe maar roep met die fluitjie waarop die dier toe regop sit, rondkyk en toe stadig wegdraf. Die jakkals het twee keer gestop en toe na regs oor die rant verdwyn. Ek het gedink dat hy dalk om my wou sirkel om die wind in sy guns te kry en het sowat 25m na regs gedrafstap, weer gaan sit en 'n roep met die fluitjie gegee. Toe ek die fluitjie laat sak, dop 'n jakkals op ongeveer 80m reg voor my uit. Ek skiet haar toe. Dit was so 20 oor vier die middag.
Die jakkals waarby die 4DeadHold skietstokke lê, het ek op dieselfde middag geskiet net so voor sesuur. Nadat ek die eerste jakkals geskiet het, is ek terug na my kampplek toe waarna ek klaar afgepak het en toe vuurmaakhout begin bymekaar maak. Terwyl ek daarmee besig was, hoor ek weer 'n jakkals skree reg oos van waar ek is en oor die nekkie van die koppie waarteen ek die jakkals vantevore bekruip het. Aan die anderkant van die nekkie weet ek is daar 'n kloof en dis daar waar die jakkals toe skree. Ek het die geweer en skietstokke gegryp en is oor die nekkie. Die son was nou al baie laag want dit was al amper halfses. Ek het langs 'n groot gwarriebos stelling ingeneem en begin roep want die jakkals het nog elke nou en dan geskree. Na my eerste roep was die jakkals skielik doodstil en na so vyf minute was ek seker dat ek die jakkals verjaag het. Tog het ek bly staan en maar vir die beste gehoop. Dit het al goed skemer begin raak maar met die son wat toe al agter my rug gesak het, kon ek nog redelik goed sien in die kloof af. Dit was seker so 15 minute nadat ek begin roep het toe ek skielik reg voor my, halfpad teen die kloof uit, die jakkals tussen twee bosse sien staan. Sy het reguit vir my gekyk. Met behulp van die skietstokke kon ek haar toe net daar platskiet. Ek het die afstand na die bosse gemeet en dit was 159m.
Die jakkalse op daardie plaas is tans baie en hulle word nie gereeld gejag nie wat natuurlik 'n man se taak makliker maak omdat hulle nie aan mense gewoond is wat hulle pla nie. Dit was die eerste keer dat ek jakkalse geskiet het, nadat ek hulle hoor roep het en toe gaan soek het. My seun kom binnekort kuier uit Rusland en ek hoop dat ek en hy nog 'n jakkals of twee sal kan skiet. Wat ook vir my interessant is, is dat ek op die buurplaas, waardeur ek moet ry om by "my" plaas uit te kom, die afgelope week ook twee keer helder oordag jakkalse teengekom het. Een so drie-uur die middag en die volgende een net voor eenuur die middag.
Mooi loop

Lekker Koos.
‘n Man wat jakkals per voet jag, kry darem seker dubbel betaling??
Nou wat vir my interessant is van wat jy ervaar. Vanmelewe se plase was baie kleiner, geweer gereeld op die skouer, hetsy te voet of te perd en landbou was meer hand in die tand. Dit het roofdiere onder druk en eenkant gehou. Ook was daar veeposte met krale “agter die berg met rantsoenkos”, o.a.
Hierdie praktyk bestaan nie meer nie, gevolglik het ons roofdiere nader gekom. Dit skep dalk geleenthede soos jy hier mooi vertel. Die groen jakkels jag praktyk!
Keer of dit raak wet.
Beste.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nog jakkalse te voet. Laaste foto's, belowe
Baie geluk met die 3 jakkalse. Hulle pelse is donkerder rooi as wat ek al gesien het. Die kudus daar vertoon ook 'n meer bruin velkleur.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Nog jakkalse te voet. Laaste foto's, belowe
Wow dit is iets besonders baie geluk !!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nog jakkalse te voet. Laaste foto's, belowe
Oom Koos is tans die grootste Jakals jagter op die forum as ek so na dit kyk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Nog jakkalse te voet. Laaste foto's, belowe
"Whok en stolk" sou oom Martiens dalk sê....Capt. Oblivious wrote: Wed May 31, 2023 9:28 am Oom Koos is tans die grootste Jakals jagter op die forum as ek so na dit kyk
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Nog jakkalse te voet. Laaste foto's, belowe
Oom Martiens sê daai jakkalse was innie ANC se skool warie slaagsyfer net 30% is. Is oorlat hulle nie opgelet het innie klas nie lat hulle nou so op hulle se moer kry.
Mooi loop
Mooi loop