303 doppe herwin
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 329
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
303 doppe herwin
Goeie middag,
Ek probeer vir my 303 doppe by mekaar maak vir herlaai.
Het twee pakke S&B 150 gr patrone gekoop vir skiet die jaar.
Ek het toe o-rings om die patrone gesit om die doppe die regte kamer size te kry.
Met die o-rings maak die slot glad nie toe nie.
Is die o-rings dalk te duk of moet ek iets ander probeer.
Dankie
Henk

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 303 doppe herwin
Op watter aksie is die geweer gebou?
Dit wil my voorkom asof jou kopspasie klein genoeg is dat jou doppe mooi sal vorm sonder die o-ring.
'n Dunner o-ring is miskien die antwoord.
Dit wil my voorkom asof jou kopspasie klein genoeg is dat jou doppe mooi sal vorm sonder die o-ring.
'n Dunner o-ring is miskien die antwoord.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 329
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Re: 303 doppe herwin
Hi Gawie,
Lee Enfield.
Dankie
Henk
Lee Enfield.
Dankie
Henk
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: 303 doppe herwin
Die 303 bende moet kom help, maar ek dink jy is geseën met 'n 303 wat reg inmekaar gesit is, synde die korrekte kopspasie.
Meet die rand se dikte van die gekoopte doppe en as jy ouer doppe het wat jy in die verlede so gevorm het met die o-ring, kan jy nou mooi vergelyk.
Meet die rand se dikte van die gekoopte doppe en as jy ouer doppe het wat jy in die verlede so gevorm het met die o-ring, kan jy nou mooi vergelyk.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 303 doppe herwin
Die o-ring is heelwaarskynlik te dik. Die ander manier is om dun soldeersel te gebruik. Dit moet net die dop teen die slotkop hou tydens ontbranding.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 303 doppe herwin
Dunner oring of dun soldeersel. Hy kan maar Baie styf toe maak maw jy kan hom maar druk dan weet jy daai dop gaan nie rek nie.
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: 303 doppe herwin
Bestel sommer vir jou n klompie APM punte. Die 303's is nou in produksie Pryse is goed
As jy in Pretoria is kom kry n paar by my. Ek het Dinsdag myne gekry 130gr en 175gr
As jy in Pretoria is kom kry n paar by my. Ek het Dinsdag myne gekry 130gr en 175gr
Skiet bly maar lekker
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: 303 doppe herwin
En dan gaan koop jy vir jou n "Lee Collet Neck Sizer", anders is al jou moeite verniet, want "Full Length" en 303 hoort nie in dieselfde sin nie.ruaanb wrote: Wed Apr 26, 2023 4:07 pm Dunner oring of dun soldeersel. Hy kan maar Baie styf toe maak maw jy kan hom maar druk dan weet jy daai dop gaan nie rek nie.
Groetnis
Philip
Philip
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 303 doppe herwin
Net soos Philip daar sê.
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 329
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Re: 303 doppe herwin
Hi Philip/Chris,
Kan ek by julle kers op steek oor die 303 herlaai.
Dankie vir almal se insete.
Henk
Kan ek by julle kers op steek oor die 303 herlaai.
Dankie vir almal se insete.
Henk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 303 doppe herwin
Dis maklik! Nuwe slagdop, n skoot kruit en n punt wat nie uitval nieHJA wrote: Thu Apr 27, 2023 2:46 pm Hi Philip/Chris,
Kan ek by julle kers op steek oor die 303 herlaai.
Dankie vir almal se insete.
Henk
Op n ernstige noot: die Lee-Enfield aksies se swak punt is die slot. Omdat hy agter sluit, in plaas van voor soos die Mauser-tipes, buig die slot tydens die skoot en dan rek die dop meer as gewoonlik. Dit geld natuurlik nie vir die P-14's nie.
Om te kompenseer vir die rek-aksie voeg ons n rubberring of soldeerdraatjie om die dop, dan sit die gevormde dop stywer in die kamer.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 303 doppe herwin
Die 303 (Lee Enfield) het eintlik 3 probleme:Ds J wrote: Thu Apr 27, 2023 4:53 pm...HJA wrote: Thu Apr 27, 2023 2:46 pm Hi Philip/Chris,
Kan ek by julle kers op steek oor die 303 herlaai.
Dankie vir almal se insete.
Henk
Om te kompenseer vir die rek-aksie voeg ons n rubberring of soldeerdraatjie om die dop, dan sit die gevormde dop stywer in die kamer.
1. Te veel kopspasie. Dis hier waar die O-ring of soldeerdraad kan help. Jy kan ook die grendelkop vervang om kopspasie reg te stel.
2. Te groot kamer. Gebruik Lee Collet Neck sizer matrys of draai jou vollengte matrys so 2 draaie uit. Die nek matrys is die beter opsie.
3. Elastiese aksie met sluitnokke agter. Die enigste raad is om jou ladings matig te hou. Bly so na as moontlik aan die aanbevole begin lading. Hoe meer druk (en gevolglik spoed) hoe meer rek die aksie en daarmee saam die doppe.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 303 doppe herwin
Die 3 probleme wat Alwin bo noem was juis wat die 303 'n uitmuntende oorlogwapen gemaak het. In die eerste wereldoorlog het dit bly funksionier in die nat en modderige toestande in die loopgrawe. Selfs met gemors op die patrone kon dit kamer en skiet, die hoofdoel van so weermaggeweer. Omdat die doppe nie herlaai is nie, was die groot kopspasie en ruim kamers nie 'n probleem nie. Die minder rigiede aksie was sterk genoeg al het dit die rek van die dop vererger.
Om nou die doplewe te verleng moet die stappe soos bo gevolg word. Sterkte met jou herlaai.