Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Wie van julle gaan daar 'n draai maak? Ekonomie is in sy "glory" en lewenskostes baie hoog. Daar sal darem nog heelwat belangstelling wees, glo ek.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Dis volgende naweek. 21 - 23 April.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Nee wat, ek sien gister Federal 205M primers kos nou al R390 n 100 by die groot shop. Op die staduim is dit baie goedkoper om elke naweek golf te speel en R70 balle weg te slaan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Neewat dinge is belaglik duur en dan as ek so kyk wie het voorraad om nog te kan uitstal. speel ook dan maar eerder moer en soek
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Tjom die groot shop is nie eers by Huntex nie, so moenie oor hulle bekommer nie. Ek het jou nog nooit daar gesien as ons uitstal nie. Kom een keer, dalk verbaas ons jou.Capt. Oblivious wrote: Fri Apr 14, 2023 7:38 am Nee wat, ek sien gister Federal 205M primers kos nou al R390 n 100 by die groot shop. Op die staduim is dit baie goedkoper om elke naweek golf te speel en R70 balle weg te slaan
Goed, beter, 6millimeter!
-
kudu375
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek gaan verseker vir Geno hallo sê,
En my oudste seun kort vellies en die jongste jagklere.
Verskriklik baie kliente van my voel dieselfde as Cappie.
Waar is die dae toe mense tou gestaan het vir n regte special op Huntex? soos toe Safari nog uitgestal het en die Howa's by die Kooperasie by die tonne verkoop het vir R6500?
vat so Vrydag

Court Schilbach
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Geno wrote: Fri Apr 14, 2023 8:36 amTjom die groot shop is nie eers by Huntex nie, so moenie oor hulle bekommer nie. Ek het jou nog nooit daar gesien as ons uitstal nie. Kom een keer, dalk verbaas ons jou.Capt. Oblivious wrote: Fri Apr 14, 2023 7:38 am Nee wat, ek sien gister Federal 205M primers kos nou al R390 n 100 by die groot shop. Op die staduim is dit baie goedkoper om elke naweek golf te speel en R70 balle weg te slaan
Ok ok moenie so skree nie jy klink soos my X, sal vir Wouter oorreed dan kom se ons hallo of dalk line die sterre op en Mr Morkel is daai naweek in die land. Dalk koop ek n keps by jou
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek het lus om die jaar te gaan. Het nie geld nie maar kan dalk lekker oggend uitstappie wees met die seuns.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Grenslyn
- Sr. Member

- Posts: 366
- Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek is verseker daar. Vat vrou en kinders en hulle pelle saam.
Ek laaik skiet en jag en alles wat daarmee gepaard gaan!
Sal vir Geno en JC by Gun Warrior gaan groet.
Ek laaik skiet en jag en alles wat daarmee gepaard gaan!
Sal vir Geno en JC by Gun Warrior gaan groet.
Hein
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
HuntEx 24 Hour Flash Sale NOW ON!
Don't miss out on Huntex 2023. Get your tickets now and SAVE BIG!
Get your tickets here bit.ly/3Mz70D1
Don't miss out on Huntex 2023. Get your tickets now and SAVE BIG!
Get your tickets here bit.ly/3Mz70D1
Goed, beter, 6millimeter!
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Dankie Geno, ek het 'n kaartjie gekoop. Wat kos dit onder normale omstandighede?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ons wil ook gaan draai. Hoop dit werk so uit.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
So paar fabrikate teen mooi pryse op ons stalletjie, Saal5, nommer 587. By die deurloop tussen Saal 4 en 5.
Kom kyk gerus, of stuur 'n pel om te koop! Veral die Berger en Lapua produkte gaan regtig mooi geprys wees!
Triggercam
ATN Thermal en Nagsig
Legionnaire
Lapua
Berger
Kriek Koeels
Ballistic Adventures
Foxpro
Lightforce
Kom kyk gerus, of stuur 'n pel om te koop! Veral die Berger en Lapua produkte gaan regtig mooi geprys wees!
Triggercam
ATN Thermal en Nagsig
Legionnaire
Lapua
Berger
Kriek Koeels
Ballistic Adventures
Foxpro
Lightforce
Goed, beter, 6millimeter!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Sien dit is Vrydag tot Sondag was dit nie altyd die Donderdag ook nie.
Ek gaan dit mis die jaar het besige Vrydag en Naweek sou graag weer net wou loer en deurloop.
Donderdag sou vir my gewerk het.
Ek gaan dit mis die jaar het besige Vrydag en Naweek sou graag weer net wou loer en deurloop.
Donderdag sou vir my gewerk het.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
en? Wat het julle toe van die skou gedink?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Wag ook juis om tehoor wat se die manne wat daar was
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek was daar maar kom ons kyk wat se die ander manne
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Dries Skiet
- Hero Member

- Posts: 1094
- Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek was Vrydag daar. Gaan volgende jaar eerder tandarts toe.
Dries van Lingen.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
Genoeg gewere, maar ek soek nog.
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek het die heel eerste Huntex geniet. Daarna so drie jaar weer gegaan en was elke keer meer spyt. Ek het agtergekom dat die “specials” glad nie meer so special was nie, en dat ek byna niks gesien kon kry nie, want jy konsentreer net om nie in ander mense vas te loop nie. Of dan om nie raakgeloop te word noe. Hopeloos te besig vir my…
Rant/hijack over.
Rant/hijack over.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Persoonlik sal die ook nou my laaste keer da wees, as ek souse wil proe of kar parte wil sien sal ek na n winkel toe ry wat dit verkoop.Dries Skiet wrote: Mon Apr 24, 2023 12:19 pm Ek was Vrydag daar. Gaan volgende jaar eerder tandarts toe.
Geno en die paar geweer stallietjies wat daar was was netjies maar liewe genade mens kan net soveel messe wat van china af in gevoer is in een dag sien. Lyk ook of ons mede burgers uit Durban bq te veel Call of Duty speel, elke een wil net n AR en n Glock koop.
Die feit laat jy basies 13km moet loop om n bier te koop het ook my moer bq gekoer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek was Sat middag daarso. My ervaring was ook dat as jy 'n miljoen rand het om 'n LC double cab uit te rus sou jy dit nogals geniet het. Daar was maar min "gewone mens" gewere gewees. Wildman se stalletjie was lekker. Verder 'n paar overpriced annealing masjiene gesien, griet. Het dit steeds geniet, lekker saam met my seun na die opgestopte diere gekyk. Daar was verskriklik baie mense, omtrend 'n vertrapping.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Hierdie is na niemand gemik nie, en net my opinie - Dit wil blyk asof Huntex vir 90% van die skietgemeenskap sinoniem is aan "specials". Ja, daar was baie specials op Huntex 1 en 2... Maar dit was 10 jaar gelede en mark omstandighede het aansienlik anders gelyk. Daar was ruimte en margins en die ekonomie was nie onder die druk wat hy tans is nie. Almal moet tans oorleef en almal moet sy geld maak. Ja, ek wil ooknie gespyker word met pryse nie, maar mens moet regverdig wees albei kante toe. Die doel van Huntex is om n platvorm te skep waar handelaars klein en groot van oor die hele land, hulle produkte onder een dak kan uitstal en die skeitgemeenskap bymekaar kan bring. Dit kos daai manne ook baie geld om hulle shops vir die naweek soontoe te skuif. Alles kan dan ongelukkig nie teen n winsmarge van 5% verkoop word nie.
Ek was self twee keer die naweek daar. So was ek ook elke ander jaar daar. Ja, Huntex is nie wat hy in jaar 1 en 2 was nie, maar dis meestal omrede daar ook nou heelwat ander goed ook uitgestal word soos kamp, 4x4, etc. Ek kan wel se dat hierdie jaar verseker beter was as laasjaar en ek dink Huntex is weer oppad in die regte rigting. Ekself het kans gekry om manne te groet wat ek lanklaas gesien het, bietjie nonsens te praat, en natuurlik bietjie koeels ens op te tel wat ek lankal sukkel om te kry.
As n laaste nota - Ek was self in Februarie in Amerika en het by meeste van die groot winkels n draai gemaak, asook by die SCI skou. Sommige goed is bietjie goedkoper, maar oor die algemeen is dit duur aan daai kant ook. Hornady Match ammo kos $50-$60 n boks vir iets soos .300PRC. Dis wat ons hier ook betaal. Ons vooraad issues op herlaaigoed is n vulletjie teen hulle sin. Die rakke is LEEG aan daai kant. Ammo en gewere is daar wel baie van.
Ek bedoel geensins om op tone te trap of n debat te begin nie - Ek dink mens moet die storie net reg benader.

KaKaTo
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Mon Nov 04, 2019 10:35 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek het nogal die jaar sin geniet baie beter as laas jaar sin.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek was Vrydag daar en het dit redelik geniet. Ek dink Lourens raak 'n belangrike punt. Almal ondervind druk en as jy dink jy gaan 50% afslag kry dan maak jy 'n fout. Die wapen en ammunisie industrie is nie iets soos die klere industrie waar 200% wins by sekere winkels gemaklik behaal word nie. Daar was wel afslag op baie plekke. As ek in die mark was vir 'n ARX160 was Huntex die plek om hom op te tel.
Wat lekker is is dat daar by meeste uitstallers opgevoede mense was wat weet wat hulle produkte is en hulle was behulpsaam om vrae te antwoord.
Die lang rye messe het wel gemaak dat mens sukkel om aandag te gee aan die ander kant van die pad
Ek het darem so paar mense gesien wat ek ook maar net oor die foon ken, so ek was baie gelukig oor die persoonlike kontak. En dan was dit ook half sleg daf sekere uitstallers so besig was dat jy nie eintlik eens kon groet nie. Maar ek hoop die baie mense het toe ook verkope ingebring.
Daar is sekere uitstallers wat miskien uitgesny moet word, maar die oorhoofse pakket was heel lekker.
Sent from my BV9900E using Tapatalk

- Cobus Wessels
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am
Re: Huntex 2023 - Midrand, Gauteng
Ek was gister daar. Ek het dit geniet om direk te gesels met die mense agter die produkte. Die winskopies verwag ek online.
Selfs om te gesels met invoerders soos Whylo was insiggewend.
Kon duiwelsadvokaat speel en met verskeie koeëlmakers asook klankdemper vervaardigers te praat en bietjie die pap roer.
Ek sal weer gaan
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk