Small pistol magnum primers in 9mm

Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Small pistol magnum primers in 9mm

Post by Chris (vdB) »

Goeie middag

Wil graag hoor of daar van julle is wat 9mm herlaai met small pistol magnum primers nou terwyl daar nie gewone small pistol primers beskikbaar is nie. Ek wil maar n' klompie koop en bere, maar is bang ek koop dit en dan sukkel ek later met dit. Ek weet mens sal maar weer van onder af moet opwerk met n' lading, maar ek hoor graag van die van julle wat dit reeds gebruik, of julle n' toename in spoed ondervind het tussen die magnum en gewone primers en ook of die magnum primers nie te hard was nie.

Dankie
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by OosKaapJagter »

Op die 9mm ondervind ek geen waarneembare verskil tussen rondtes gelaai met gewone small pistol primers teenoor magnum pistol primers nie.

Ek het self CCI 550's aangeskaf teen 'n prys wat my oë laat water terwyl dit tans bykans onmoontlik is om CCI 500's te kry. By pistoolskiet is daar so min verskil dat ek die primers koop wat op die rak beskikbaar is en gebruik dit dan. Met sekere soorte kruit in kalibers met 'n groter dopkapasiteit sal die magnum primers dalk voordelig wees, maar in 'n 9mm betaal jy bloot meer as wat nodig is wanneer jy magnum primers gebruik.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by Chris (vdB) »

OosKaapJagter wrote: Mon Apr 24, 2023 5:05 pm Op die 9mm ondervind ek geen waarneembare verskil tussen rondtes gelaai met gewone small pistol primers teenoor magnum pistol primers nie.

Ek het self CCI 550's aangeskaf teen 'n prys wat my oë laat water terwyl dit tans bykans onmoontlik is om CCI 500's te kry. By pistoolskiet is daar so min verskil dat ek die primers koop wat op die rak beskikbaar is en gebruik dit dan. Met sekere soorte kruit in kalibers met 'n groter dopkapasiteit sal die magnum primers dalk voordelig wees, maar in 'n 9mm betaal jy bloot meer as wat nodig is wanneer jy magnum primers gebruik.
Baie dankie, dan moet ek maar gou speel en n' klompie koop voor dit ook uit verkoop is. Ek wag nou al so lank vir my lisensie, wil nie nog wag vir primers ook teen die tyd dat die lisensie goed gekeur is nie.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by 308Win »

EK het dieselfde vraag gevra. So toe speel ek laas Saterdag.
Maar ek kon nie CCI 550 kry nie. Net CCI 450 (Small rifle mag)
Ek het 158gr PMP punte(mantel met loodkern) in my 357 Mag Ruger 100(4 duim loop) gelaai met MP200 (ouer as 20 jr.) en dit oor die chronograaf geskiet. 5 skote se gemiddeld met elke lading. Die slagdoppies wat ek gebruik het was PMP small rifle, CCI 500, CCI 400, CCI 450 en oer oue Hirtenberg small pistol primers. Ladings van 7, 7.5 en 8 grein.
Hoogte bo seespieel was in die berge. 1700m. Buitetemperatuur was 13 grade.
7 Grein:
PMP 1046f/s
CCI400 1040f/s
CCI450 1044f/s
CCI500 1041f/s
HP 1038f/s
7.5 Grein
PMP 1059f/s
CCI400 1058f/s
CCI450 1064f/s
CCI500 1062f/s
HP 1067f/s
8.0 Grein
PMP 1110f/s
CCI400 1092f/s
CCI450 1088f/s
CCI500 1091f/s
HP 1094f/s
Ek het net een tipe slagdoppie gebruik vir die MP200, lading 8.5gr. Dit was 'n PMP. 1128f/s.
Al die gevuurde slagdoppies het maar baie dieselfde gelyk met inspeksie. Alle doppies het maklik uitgekom uit die silinder. Die kleinste ES was die CCI500's. Maar dis ook meer net-net. Ek het maar gesukkel om n werklike tasbare verskil te bespeur met die MP200. Ek weet nie wat dit in vinniger dryfmiddels soos S121 en Hodgdon Titegroup gaan doen nie.
Hierdie is MY resultate.
Ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir die data in ander manne se hande nie.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by Chris (vdB) »

Dankie 308Win, dit help baie. Hoop net daar is nog more primers oor as ek wil koop.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by LUAN »

So ek kan maar small rifle mag koop vir die 9mm want hulle is goedkoper as pistool primers tans 70c vs R1.05
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by OosKaapJagter »

Vir Luan wil ek net sê gaan koop al die slagdoppies wat jy teen daardie prys kan kry dadelik! Gaan soek gou op die internet wat die huidige pryse van slagdoppies is.

Ek het vandag R260 per pakkie van 100 CCI 550 betaal en gedink dit is "daylight robbery". As jy klaar aan jou brandewyn verstik het sal jy egter sien dit is die heersende pryse. Die wat goedkoper geadverteer word het so klein probleempie; die woorde "sold out" onderaan die aanbieding.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by 308Win »

LUAN wrote: Mon Apr 24, 2023 7:46 pm So ek kan maar small rifle mag koop vir die 9mm want hulle is goedkoper as pistool primers tans 70c vs R1.05
Dit is my data in my vuurwapen. Ek gaan dit gebruik. Al wat ek by die winkel kon kry was CCI small rifle mag primers.
Die aanbeveling bly steeds: Small pistol primers vir 9mmP.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by 308Win »

Ek weet ook nie of die geweer slagdoppies se metaal harder is as pistool slagdoppies nie. My rewolwer slaan slagdoppies lekker hard.
Ook: die geweerslagdoppies was effens harder om te "seat" om hulle diep genoeg in te kry. Die afmetings verskil effens.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by LUAN »

Ek kon nie n verskil voel met seating tussen die twee. Nou moet ek net n kans kry om by die baan uit te kom en oor chrony te skiet en te vergelyk. Dalk begin ek small rifle te skiet in die pistool met die stand van sake.
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by HeinM »

Die kort en lank van die storie is dat die dimensies van Small Rifle Primers en Small Pistol Primers verskil. Met seating kan die primer vervorm en drukprobleme veroorsaak... Jy vat nie kanse met vuurwapens nie.

Groetnis!
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by JF123 »

HeinM wrote: Tue Apr 25, 2023 2:03 pm Die kort en lank van die storie is dat die dimensies van Small Rifle Primers en Small Pistol Primers verskil. Met seating kan die primer vervorm en drukprobleme veroorsaak... Jy vat nie kanse met vuurwapens nie.

Groetnis!
Nie volgens SAAMI nie. Sien foto van die standaard
IMG-20230425-WA0010.jpg
Die dikte van die koppie is wel anders. Sal nie wil pistool primers in hoë druk patrone gebruik nie. En jou pistool en rewolwer salmoet hard slaan is jy SR gebruik.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Bigfoot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 256
Joined: Sun Sep 27, 2015 7:06 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by Bigfoot »

When we shot handgun silhouette with the 357M using stout loads in Thomson Contenders, we always used small rifle primers in the cases.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by OosKaapJagter »

User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Small pistol magnum primers in 9mm

Post by Chris (vdB) »

Baie dankie OosKaapJagter. Sien gister hier by ons is die CCI 400 so R50 per 100 goedkoper as die C550.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Post Reply