308 Geskeurde nekke

JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by JF123 »

Kan nie sê ons het dit nie verwag nie. Met die volgende batch doppe, probeer om die skouers nie verder as 0.003" terug te druk nie. Dit is genoeg om foutloos te kamer en rek die doppe minimaal.
Gideon@1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Thu Jul 12, 2012 1:02 pm

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by Gideon@1 »

Dag sê,
Hierdie is (dalk) ‘n kombinasie van ‘n kopspasie probleem en verharde doppe. Die matrys was van die begin nie reg opgestel nie asook dat die doppe nie aneal was nie.
Nuwe doppe gaan dalk jou maklikste oplossing wees.
Dis maar my 2 sent….
Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by tripodmvr »

Die feit dat jy die doppe met 'n groot vryruimte (kopspasie) geskiet het, het nou gelei tot skade aan die doppe. Jy kan maklik toets vir die ring wat nou die dop onder laat afskeur het. Gebruik 'n stukkie draad waarvan die punt 90 grade afgebuig is en gly dit binne af teen die wand van die dop.

Miskien is dit beter as jy nuwe doppe aankoop en dan sorg dat die doppe baie beter in die kamer pas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by Capt. Yoda »

black-sam die goed weg en begin oor
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by LUAN »

Deesdae is almal gou om te se dat geen anealing die oorsaak is van alles. Voor ek begin aneal het my 308 lapua doppe 16x keer gevuur sonder probleme en hulle is vandag nog heel. Matrys reg opstel is van meer belang soos weereens gesien.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by Giepie »

Hoeveel skote het die doppe al gedoen? Doppe wat daar kraak/bars kan wees van doppe wat al baie herlaai is en nou in elk geval gedaan is. Dit kan ook weens kopspasie wees of omdat jy te veel hervorm, ens. Jy kan die doppe nagaan om te kyk hoeveel metaal oor is daar waar hierdie een gebars het, maar ek sal eerder van hulle ontlae raak, eerder as om verder te sukkel met doppe wat jy nie vertrou nie.

Vir langer gebruik van nuwe doppe sal ek aanbeveel dat jy die meetings neem soos voorgestel is. Hulle sê mos, "om te meet is om te weet". As jy nie die apparate het om mee te meet nie, kan jy so werk - Met gevuurvormde doppe, stel die die (matriks) so dat dit die nek net nodigste terug druk dat dit net gemaklik laai, of met miskien 'n baie effense weerstand. Hou die die so.

Erik Cortina anneal sy doppe na elke skoot, maar hy het nou een van daardie fancy induksie annealers wat dit maklik maak. Die getal skote voor jy die dop weer anneal is ook maar 'n eie keuse, op die forum is daar maar verskillende menings. Ek persoonlik het besluit om van nou af na elke 2de skoot te anneal, ek kan die verskil sien met gebruikte doppe wat ek gekry het, die nekke het in die lengte krake gekry, dus moes ek die gekraaktes weggooi. Na ek die res van daardie doppe geanneal het skeur dit nie meer nie, en ek kan 'n meer egalige en konstante druk voel wanneer ek die koeëls laai. Maak nie saak wat die persoon sê by wie ek gebruikte doppe kry nie, dit sal skoongemaak word, geanneal word en lengtes nagegaan word voor ek dit sal gebruik.

Sterkte vorentoe.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by Zane de Beer »

Dankie vir al die insette manne.

Ek het al die doppe deurgegaan met 'n draadtjie om te voel vir 'n ring aan die binnekant, maar kon net een voel met die een wat geskeur het. Ek gaan in elkgeval die doppe gooi en oor begin met 'n nuwe stel. Net te veel simpel foute met die gemaak.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by Lategan1 »

Zane de Beer wrote: Mon Apr 24, 2023 9:16 am Dankie vir al die insette manne.

Ek het al die doppe deurgegaan met 'n draadtjie om te voel vir 'n ring aan die binnekant, maar kon net een voel met die een wat geskeur het. Ek gaan in elkgeval die doppe gooi en oor begin met 'n nuwe stel. Net te veel simpel foute met die gemaak.
As ek jy was, sou ek nietemin die volgende met die beter/goeie doppe doen. Hou in gedagte alles deur almal genoem klink makliker as wat dit is.

Meet alle geskiete doppe se kopspasie, langes saam en kortes saam groepeer.

Neem 3 langes, kyk of pas/nie pas in geweer(hulle behoort nie te pas nie), stel jou kopspasie soos ons hier verduidelik het, meet en doen dit stukkie vir stukkie en dop vir dop todat die 3 pas in geweer. Wanneer jy tevrede is en oortuig is, doen dan verdere 5 langer doppe en meet NADAT jy klaar “gesize” het sodat jy dit onder die knie kry ter voorbereiding vir die nuwe doppe. Al 5 moet dieselfde meet en pas. Nou dit is hier waar harde dopnekke/skouers se “springback” jou kan rondvoeter.

Anneal dan 5 doppe, herhaal bogemelde deur dieselfde verstelde volmatrys en sien die konsekwente meting wat hopelik volg. Dan weet jy.

Pas in geweer, met plakker agterop dop geplak en oortuig jouself.

Jy mag die volgende oplet.

1) Doppe raak soms langer, korter en lyk of dit nie verder wil verkort in die proses nie alvorens dit wel verkort op die skuins skouer. Hou aan stel todat jy by jou verkose kopspasie kom.
2) Party doppe is reeds korter as die verstelling, jy druk hulle verkieslik deur ‘n NEKmatrys. Jy neem so ‘n dop, meet hom en bevestig mate as veilig. Die veilige kort doppe(behoort almal te wees behalwe as jy growwe fout gemaak het) hou ek dan eenkant en laai hulle met die minimum aanbevole lading om doplengte te herstel.
[edit] Indien jou keël nie te lank is nie, laai jy TPL teen die groewe. Ek gebruik die goedkoopste sagtepunte hiervoor.

Dit is ‘n duur proses, maar met nuwe doppe gaan jy ook vuurvorm!

Hoop dit help.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Apr 25, 2023 6:01 am, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: 308 Geskeurde nekke

Post by 308Win »

Soos reeds genoem deur ander manne: Kopspasie.
Post Reply