Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Goeienaand Jaracal,
Iets is nie pluis nie. Ek het oor die afgelope tyd drie slagysters afgetrap met herlaaide ammunisie en ek weet nie waar die fout lê nie.
Op verskillende geleenthede het ek met verskillende koeëls baie hoë druk gehad. Ongelukkig was dit sonder n kronograaf want dit was oefenrondtes wat veronderstel was om veilig te wees na QL-berekeninge.
My geweer is n BRNO ZKK 601 in 308, ongeveer 50 jaar oud. Hy skiet naby 1 MOA met my standaard jaglading sonder enige probleme. (Jaglading: 180gr Sierra Pro-Hunter @2440vps; 40gr S335 in Remington doppe. )
Problematiese koeëls is 168gr PMP SP, en 180gr Hornady SST. Doppe is PMP, met redelike sekerheid een of hoogstens twee keer gevuur. Slagdoppies is meestal n onbekende Oosblok-fabrikaat, maar daar was ander slagdoppies ook.
Die probleem: die druk is so hoog dat die slagdoppies uitval na die skoot. Die dop is buite porporsie gerek, en die slot het baie swaar oopgemaak. Ek betwyfel of die fout by die slagdoppies kan lê want ek het die ladings doelbewus kalm gehou.
Ek herlaai al vir 30 jaar, en het al baie foute gemaak. Hierdie keer lyk dit nie na n laaifout nie. Een stel koeëls het ek weer uitgeslaan na die eerste warm skoot, en die kruit was reg in al die patrone.
Moontlike diagnose: toe ek die doppe gekry het, het ek onmiddelik gesien dat die brandgaatjies nie ewe groot was nie. Dus het ek al die gaatjies met n boortjie oopgemaak. As ek reg onthou was die boontjies 2.5mm in deursnee.
Kan dit die oorsaak van die hoë druk wees?

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Ek glo dat die boor van die brandgaatjies 'n probleem kan wees.
Kan die groter deursnee dalk 'n groter vlam deurlaat, wat dan die kruit se ontbranding kan affekteer? Die slimmer manne kan hieroor kommentaar lewer.
Daar bou geweldige druk op in 'n dop binne die dimensies van die geweer se kamer. Dit is wat die projektiel deur die loop stoot. 'n Kleinerige gaatjie aan die ander kant strem as't ware die volume gasse wat daardeur kan gaan na waar die slagdoppie is. My teorie is dat die groter brandgaatjie vir die gasse 'n ekstra roete gee om te probeer ontsnap wat dan die slagdoppie uitblaas.
Vat dieselfde lading met soortgelyke doppe waar daar nie met die brandgaatjie gepeuter is nie en skiet hulle dan. As die probleem weg is, het jy jou antwoord.

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1870
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Wat ook n probleem kan wees is dat DS die selfde laading laai in die PMP as in die Remington doppe, maar die PMP se dop volume is minder en dus gee dan meer druk.
Ek sal nou nou op QL speel en wat se dit vir my.
Ek vermoet die hoër druk in die PMP dop saam met die groter groter flash hole jaag die druk nog meer op.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Goeiemôre, dankie vir die raad en saamdink!Rudi Fischer wrote: Wed Mar 22, 2023 5:54 am Wat ook n probleem kan wees is dat DS die selfde laading laai in die PMP as in die Remington doppe, maar die PMP se dop volume is minder en dus gee dan meer druk.
Ek sal nou nou op QL speel en wat se dit vir my.
Ek vermoet die hoër druk in die PMP dop saam met die groter groter flash hole jaag die druk nog meer op.
Rudi, nee, ek het n lading vir elke soort dop laat uitwerk. Ek het die PMP-doppe elkeen met water geweeg om n goeie gemiddeld te kry, en daarvolgens die data met QL bearbei.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
180gr punt met 40gr. S335 is baie styf... Ek laai 39.4 gr. S335 agter 165gr GK... My lading ook in Lapua doppe, waarvan die dopvolume groter as PMP is...
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Net vir duidelikheid: hier is drie ladings ter sprake.HeinM wrote: Wed Mar 22, 2023 7:33 am 180gr punt met 40gr. S335 is baie styf... Ek laai 39.4 gr. S335 agter 165gr GK... My lading ook in Lapua doppe, waarvan die dopvolume groter as PMP is...
My jaglading is 180gr Sierra Pro-Hunter, 40gr S335, Remington doppe, 2440vps. Dit is net-net by maksimum, en gee geen probleme nie,
Die kopseerladings is
- 180gr Hornady SST, 36.*gr of 38.*gr S335, PMP doppe teen +-2300vps.
- 168gr PMP SP, Somchem minimum (38gr?) S335, PMP doppe.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
https://scholarsmine.mst.edu/cgi/viewco ... ers_theses
The effects of physical flash hole deviations on factory-grade rifle ammunition
Ek sien die navorsing wys wel 'n toename in druk, in die orde van 4%.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Was die terugslag meer as gewoonlik? Is die doppe persoonlik een of twee keer voorheen geskiet, of is dit geskenkte of gekoopte doppe? Is die doppe uitgegloei en is dit reg gedoen? Vertrou jy die skaaltjie? Laastens, is dit werklik S335?
Die ladings is almal onder Somchem maksimum so selfs al was daar 4% druk verhoging behoort dit nie die gaaitjie so vêr te rek nie.
Die ladings is almal onder Somchem maksimum so selfs al was daar 4% druk verhoging behoort dit nie die gaaitjie so vêr te rek nie.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Jammer dat ek vra, maar jou TPL is nie dalk te lank nie... Krimp jy die jagpatrone nie te erg nie?... Moet iets wees...Ds J wrote: Wed Mar 22, 2023 1:19 pmNet vir duidelikheid: hier is drie ladings ter sprake.HeinM wrote: Wed Mar 22, 2023 7:33 am 180gr punt met 40gr. S335 is baie styf... Ek laai 39.4 gr. S335 agter 165gr GK... My lading ook in Lapua doppe, waarvan die dopvolume groter as PMP is...
My jaglading is 180gr Sierra Pro-Hunter, 40gr S335, Remington doppe, 2440vps. Dit is net-net by maksimum, en gee geen probleme nie,
Die kopseerladings is
- 180gr Hornady SST, 36.*gr of 38.*gr S335, PMP doppe teen +-2300vps.
- 168gr PMP SP, Somchem minimum (38gr?) S335, PMP doppe.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Ek pen nou gedagtes neer soos dit by my opkom.
1. 'n Ander element wat sulke druk kan veroorsaak is die nabyheid van die koeël aan die lande.
2. Ek weet donuts is nie sommer 'n probleem by die 308W gewere nie, maar PMP het gewoonlik redelike vloei van materiaal.
3. Baie ou geweer - moontlike koolstof ring voor in die kamer?

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 959
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Uit nuuskierigheid het ek nagelees oor die effek van vergrote slagdoppie brandgaaitjies en wou 'n skakel na 'n navorsingstuk plaas.
Gelukkig het ek toe opgemerk dat J Le Roux hierbo dieselfde skakel geplaas het, voordat ek my naam met 'n plank geslaan het. Soos hulle sê, om te meet is om te weet. Ek is dus oortuig dat my spekulasie verkeerd was en glo nie die effense toename in druk deur die brandgaatjies effens uit te boor is die oorsaak van die probleem nie.
Daardie probleemladings is matige ladings. Dit klink asof jy oortuig is dat die herlaaiproses reg verloop het; regte kruit, regte lading, TPL korrek ens.
Het jy nadat jy die probleem ontdek het dalk weer 'n skoot of twee met jou beproefde jagladings gaan vuur? Indien dieselfe probleem voorkom moet dit iets met die geweer wees, soos 'n koolstofring, dalk oormatige koperneerslag, ens.
Sou die probleem nie voorkom met jou beproefde en warm jagladings nie, sal jy moet terugkeer na die begin met die herlaaiproses en elke stap evalueer om te sien wat is anders of verkeerd.
Ek sou nie voortgaan om die probleem ammunisie te vuur nie. Dit wat jy hierbo beskryf klink vir my soos 'n kombinasie van alle druktekens tesame.

Die gewone jaglading werk soos altyd. Ek het kort gelede weer lastige plaagdiere minder gemaak, en in dieselfde week het die probleemladings met PMP-doppe probleme gemaak.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Hoe lank staan daai patrone al so gelaai?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 920
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Is die doppe nie miskien te lank nie? Veroorsaak dan n krimp as die rondte gekamer word.
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Die 168gr patrone is al langer gelede gelaai, waarskynlik twee of dalk selfs drie jaar. Die koeëls het maklik uitgeslaan. Daar was nie n chemiese sweis nie.
Ek sal hierna moet kyk. Die ander moontlikheid is dat die koeëls in die lande druk, of dalk regtig te naby is. Ek betwyfel dit eintlik, maar sal seker maak.musgrave270 wrote: Thu Mar 23, 2023 10:39 am Is die doppe nie miskien te lank nie? Veroorsaak dan n krimp as die rondte gekamer word.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Daar is verskeie moontlike oorsake. Mens moet hulle maar een-vir-een ondersoek en elimineer.
Ek dink nie 'n 2,5 mm vlamgat kan die druk so hoog opjaag nie, maar dit kan maklik getoets word.
Spoed korreleer gewoonlik direk met druk. M.a.w. as die druk op gaan moet die spoed ook op gaan. Ek vermoed dus daar is iets anders, maar voor ons soontoe gaan, meet eers die koeëls se diameters. Koeëls wat te groot, is weens 'n fabrieksfout of die herlaaier se fout, kan maklik die druk hemelhoog opjaag. Dink bv. aan 'n .303 koeël (.311"-.312" diameter) in 'n .308 loop.
Nog 'n moontlikheid is dat die doppe nie die druk kan hanteer nie. 'n Vriend het eendag dieselfde probleem gehad nl. doppe wat druktekens wys met 'n matige lading. Uiteindelik erken hy hy droog sy gewaste doppe in die oond. Oonde maak warm kolle waar die temperatuur heelwat hoër is as die gemiddelde of gemete temperatuur. Dit gloei die doppe uit ("anneal") en versag dus die harde kop gedeelte. Lees bietjie op oor "cartridge brass" se eienskappe. Die materiaal se treksterkte is naby 30 000 PSI in onverwerkte vorm. Die dop se vormingsproses werksverhard die dop tot naby 65 000 PSI. 'n 308 se maks druk is naby daaraan. Enige oormatige hitte kan die kop sterkte laat verloor, waar hy al reeds net bietjie meer druk kan vat as maks.
Daar is seker heelwat ander moontlikhede ook.

Last edited by Alwin on Sun Mar 26, 2023 2:13 pm, edited 1 time in total.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Is die dop lengtes mooi in spec?
As hulle effe lank is en die nek area van die kamer is bietjie vuil kan dit redelik amok maak
Sent from my iPhone using Tapatalk
As hulle effe lank is en die nek area van die kamer is bietjie vuil kan dit redelik amok maak
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2157
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Goeiemiddag Jaracal, dit lyk of magnum slagdoppies die sondebok kon gewees het. Toe ek vanoggend deur die ou doppe gaan het ek gesien dat die doppe met drukmerke almal dieselfde silwerblink slagdoppies gehad het, en die drie warm skote was dieselfde.
Moontlike verklaring: ek het tien of twaalf jaar gelede n halfvol pakkie Duitse slagdoppies tussen my pa se herlaaigoed gekry. Omdat dit net vir oefendoeleindes was, het ek hulle gebruik.
Amper n baie duur les geleer!
Ek gaan nog steeds die doppe met verskillende brandgaatjies toets om te sien wat die verskil is.
Mooi dag!
Moontlike verklaring: ek het tien of twaalf jaar gelede n halfvol pakkie Duitse slagdoppies tussen my pa se herlaaigoed gekry. Omdat dit net vir oefendoeleindes was, het ek hulle gebruik.
Amper n baie duur les geleer!
Ek gaan nog steeds die doppe met verskillende brandgaatjies toets om te sien wat die verskil is.
Mooi dag!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Oorgroot brandgaatjies - drukprobleme?
Let op die laaste kommentaar oor dryfmiddel direk in kontak met die slagdop. Die groter gate sal soiets bevorder.
https://castingstuff.com/primer_testing_reference.htm