Warmste (Large Rifle Primer)

Post Reply
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Warmste (Large Rifle Primer)

Post by partner »

Die Warmste (Large Rifle Primer.)
Middag almal. Soos bo genoem. Volens julle mening. Watter een sal julle se is volgens julle Mening die warmste. Verskoon maar die Brits.
Groete.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by Capt. Yoda »

Federal se 215, in die std LR (non magnum) kon ek nog nooit regtig n vreeslike verskil sien nie dalk Remingtons
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by LUAN »

Ek dink dit sal n Winchester wees. Nog elke keer wat ek hulle gebruik het in klein sowel as groot was die spoed hoër met dieselfde lading.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by tripodmvr »

Primer burn rates 1203.2701.pdf
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by HeinM »

PMP se primers (was) ook nogal warm. Almal
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by Alwin »

Oor die algemeen word Federal se 215 as die warmste of mees energieke slagdoppie geag.
Die item is spesifiek ontwikkel om die groot Weatherby doppe met meer as 100 gn stadig-brandende kruit betroubaar te ontsteek, ook in sub-zero temperature.
Desperatezulu
Full Member
Full Member
Posts: 187
Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by Desperatezulu »

Federal 215 = LR Magnum
Federal 210 = LR
partner wrote: Thu Mar 23, 2023 12:51 pm Die Warmste (Large Rifle Primer)
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by partner »

Dankies sover. Waardeer bitter baie. Alwin en ander. As ek verder mag vra. Watter alle groot kalibers sal mens die Fed 215. Magnum Primers voor kan gebruik. Ek dink bv aan die 416 Rigby ens. Net n voorstel. As ons moontlik n lys van groot kalibers kan saamstel. Sal dit wonderlik wees. Groete.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by Giepie »

HeinM wrote: Thu Mar 23, 2023 2:06 pm PMP se primers (was) ook nogal warm. Almal
PMP se slagdoppies is nie warmer as CCI200 nie. Ek het hier toetse wat ek gedoen het se resultate gewys. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... slagdoppie
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by HeinM »

Giepie wrote: Fri Mar 24, 2023 1:24 pm
HeinM wrote: Thu Mar 23, 2023 2:06 pm PMP se primers (was) ook nogal warm. Almal
PMP se slagdoppies is nie warmer as CCI200 nie. Ek het hier toetse wat ek gedoen het se resultate gewys. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... slagdoppie
Nee. Ek stry nie. Ek sê bloot dat dit warm was... Die LR moes werk vir klein, standaard en magnum kalibers.

Groetnis!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by Alwin »

partner wrote: Fri Mar 24, 2023 11:56 am Dankies sover. Waardeer bitter baie. Alwin en ander. As ek verder mag vra. Watter alle groot kalibers sal mens die Fed 215. Magnum Primers voor kan gebruik. Ek dink bv aan die 416 Rigby ens. Net n voorstel. As ons moontlik n lys van groot kalibers kan saamstel. Sal dit wonderlik wees. Groete.
Mens kan hulle seker in enige dop gebruik waar hulle in kan pas. Ontwikkel net die lading van die begin af daarmee.

Sommige presisie skuts mag dalk argumenteer dat Fed 215 slagdoppe meer aktiewe bestandele bevat en dus meer kans vir variasies kan gee...
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by Frederik »

Ek gebruik Fed 215 in my 375 1o jaar plus en 458 lott nou al vir 4 jaar loop soos stroop.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by JF123 »

http://www.targetshooter.co.uk/?p=1471

Die bogenoemde primer toets is bietjie oud, maar illustreer die nodige.

ń Magnum slagdoppie gee nie noodwendig meer spoed of druk nie en gee nie noodwendig slegter es/sd nie.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by partner »

Jissie. Baie dankies vir Julle teruvoering. Waardeer bitter baie.Groete.
User avatar
Killzone
Hero Member
Hero Member
Posts: 647
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by Killzone »

Jammer vir die skaak Mnr Partner, maar wil graag hoor wat is die lede se ondervinding met S&B se LRP..

Ek help 'n Vriend altyd met lading-ontwikkeling. Ons het van Federal Match verander na S&B agv bekombaarheid, en 'n hele paar fps opgegaan. Askuus, ek kan nie presies onthou nie; maar dit was seker 60 fps. Ek wil hom nou nie vra nie, sy Vader is gisteraand oorlede😢 Maar dit was aansienlik met slegs die verandering van slagdoppie.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Warmste (Large Rifle Primer)

Post by JF123 »

Ek gebruik nou al vanaf 2017 S&B vir my 308 ladings. Dit was om daardie tyd wat CCI200 op gegaan het na R100 ń pakkie. Toe was S&B R45. Van daardie tyd het ek nog nooit probleme ondervind om my ES/SD laag te hou nie.

Net ook by sê. Die slagdoppies is bietjie kleiner as SAAMI spesifikasies. So, as jy gereeld jou ladings "red-line", sal jy so by die 6de/7de herlaai vind die slagdoppies gaan maklik in. Dan skakel jy oor na CCI.
Post Reply