4Deadhold-skietstok: Groeperings

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek post sommer iets hier vir julle inligting. Ek het oor die jare heen verskeie soorte skietstokke gebruik as ek jag en so 'n klompie jare gelede kennis gemaak met die nuwer tendens in skietstokke en dit is die ontwerp waar jy jou geweer voor en agter kan stut op 'n tweebeenstok wat eintlik vier bene het. Ek is seker julle is almal bekend met hierdie tipe stokke. Ek het in 2020 reeds met die 4Deadholdstokke kennis gemaak maar het besluit om nie een aan te skaf nie. Hoekom, kan ek nie eintlik verklaar nie. Verlede week het ek vasgebyt en vir my sulke stokke gekoop. Die groeperings wat julle hier sien, is my eerste twee probeerslae op 100m uit die staanhouding met my CZ .308, gelaai met 110gr V-Max'e. Beide groeperings is omtrent so in die omgewing van 1MOA (die eerste een is effens groter - die skote na die rooibok se hart). Dis amper so goed as wat die .308 van die bank af groepeer. Soos julle kan sien het daar by elke teiken een skoot "weggekom". Met hierdie soort skietstokke moet jy oefen om die "hoog en laag" wieg uit te skakel, maar ek dink nie dis sleg vir die eerste probeerslag nie. Hoe ouer 'n mens raak, hoe meer hulp het jy nodig en ek glo die 4Deadhold gaan bydra tot akkurater skote vir my uit die staanhouding in die jagveld.

Ek sê nie dis net die Deadholdstokke wat jou beter sal laat skiet nie, natuurlik sal ander fabrikate van dieselfde tipe ook so doen. Wat die Deadhold egter uniek maak is dat jy dit lekker klein kan opvou en ook uit die sithouding gebruik en dit het 'n ekstra los been en 'n haak wat jy ook kan bestel as jy uit die lêhouding wil skiet of die stokke aanvaarbaar maak vir SA Jagters se skiettabelle. Die stokke het knippe op die bene wat jou toelaat om die hoogte baie vinnig te verstel en onderdele vir die stokke is beskikbaar sou daar enigiets breek. Dis 'n plaaslike produk wat ek met groot vrymoedigheid aanbeveel (nie dat hierdie stokke enige aanbeveling nodig het nie want ek sien hulle is baie gewild en word deesdae oral in ons land gebruik).

Hierdie tipe stokke is nie goedkoop nie maar ek dink hulle is die moeite werd.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2956
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Lategan1 »

Ek verlede jaar op no. 99 een gekoop, fabrikaat ontgaan my.

Fantasties in die jagveld, lig en stel vinnig op. Ek o.a. agtertoe geleun teen ‘n boom of rotswand. Selfs al rus die een elmboog bo-oor ‘n tak of teen aan. Verbasend hoe stabiel en met selfvertroue mens skiet.

Ek is gehaak.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by pwdejager »

Baie dankie Koos, ek kyk nou al geruime tyd daarna en dink ek sal nou maar die "belegging" maak ;D
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Mellies »

Myne maak ook dat ek n bok kan raakbewe.

Met n vleisie...
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by DWB »

Het Oom al daai 4Deadhold se 5de poot by gesit?

Dis soos om van die bank af te skiet!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Koos Barnard »

Deon nee, ek het nog nie die vyfde poot gekoop nie. Die stokke is mos maar effe duur. So, ek moet eers weer iets smous dan sal ek die vyfde poot en die haak koop.
Mooi loop
User avatar
Jacques1988
Full Member
Full Member
Posts: 138
Joined: Mon Jul 09, 2018 8:16 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Jacques1988 »

Middag manne. Ek het my stel stokke oor n jaar en het ook net goeie dinge om te sê van die stokke, die 5de been maak vir n solid skiet platform. Ek kan baie maklik skote op 800m plaat sit vanuit die staande posiesie met 5de been.
Ek wil net vertel van my ervaring met Pieter van den Berg van 4Deadholdl. Ek het hom gekontak na dat my stokke van die bakkie af geval het en die hoof rus is stukkend in die proses. Ek wou uitvind oor onderdele sodat ek myne kon reg maak. Hy het vir my gesê om die stokke na hom te stuur sodat hulle reg gemaak kan word. Hy het dit gratis gedoen! Ek het dit duidelik gemaak dat ek die oorsaak was vir my stokke wat gebreek en dat niks die val van die bakkie af sou gemaak het sonder om skade te ly nie. Hy het steeds gesê geen probleem en my stokke wat soos nuut is terug gestuur! Puik produk en nog beter diens! Ek het n paar pele wat ook die stokke aan geskaf het en almal is nog baie te vrede.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by DWB »

Koos Barnard wrote: Thu Mar 09, 2023 3:46 pm Deon nee, ek het nog nie die vyfde poot gekoop nie. Die stokke is mos maar effe duur. So, ek moet eers weer iets smous dan sal ek die vyfde poot en die haak koop.
Mooi loop
Daai 5de poot is so R350, dis ongelooflik wat hy by bring!

Ek doen al my groot kaliber lading ontwikkeling so.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by tripodmvr »

Hier is Cobus(Cobb) se poging. Gemaak uit aluminiumpyp en bitter stabiel.
Cobus Cobb Driepoot 1 Small.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pieter0606
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Wed Jun 09, 2021 3:08 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Pieter0606 »

Middag Manne
Ek kom maar min op die forum. Ek sien nou julle almal se positiewe terugvoering, Moet sê, dis 'n riem onder die hart om julle goeie kommentaar te lees.
Ja, die stokke is effe duurder as ander fabrikate, maar die fluted Aluminium pyp en stelknippe maak dit meer duursaam, en dis baie vinniger om te verstel. Die stok is ook lekker lig (1020g) en verpak lekker klein. Ek probeer dis so bekostigbaar as moontlik hou vir die jagter.

As julle enige vrae het, kontak my gerus by info@4deadhold.com of op Facebook https://www.facebook.com/pieter.vandenberg.9693/. (weet nie of ek my tel nr hier mag los nie)
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by RUPERT »

Nou wat kos die nommertjie ?
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by heywillie »

Nog nie groeperings geskiet nie, maar kon gemaklik 200mm gongs op 300m skoot vir skoot raakskiet.
Het ook 'n rooibok 'n kopskoot gegee met my 375 met 4x scope op 165 meter van soortgelyke stokke af.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1490
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Eduard Venter »

RUPERT wrote:Nou wat kos die nommertjie ?
So R2500 op hulle webtuiste. Ek het al met die stokke geskiet en was baie beïndruk. Lekker konsep. Ek sal nie my driepoot weggooi nie maar die 4 poot sal beslis 'n aanwins wees.

https://www.4deadhold.com/

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by DWB »

Hierdie groepie op 100m vandag met die 404 geskiet met ñ Leupold VX3 1.5-5X20 Heavy Duplex van my 4 Deadhold stok met 5de poot af.
20230311_120603.jpg
En ja, daar is 3 skote deur 8)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by ThinusS »

Mooi geskiet daar DWB.

Ek het die artikel hieronder 4 jaar gelede vir ons besigheid se blog geskryf, dit was gemik op ons oorsese kliënte en is dus in Ingels.

Ek het en gebruik nog steeds hierdie Viper Flex skietstok (waarop die 4deadhold gebaseer is) en ons gebruik ook 3 stelle 4deadhold stokke met die 5de been op die reservaat. Hierdie tipe skietstokke, met die 5de been, kan of soos 'n gewone 3poot gebruik word vir vinnige naby skote en skote op bewegende teikens OF met die agterste rus oopgevou vir presisie skote. Beide die Viper en die 4deadhold het voordele en nadele maar dit is minimaal.

Die 4deadhold is baie sagter op die beursie en doen dieselfde werk.

https://bigwatersafaris.com/blog/2019/0 ... ThPZxK4LQY
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Koos Barnard »

Mooi geskiet Deon
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by tripodmvr »

'n Baie groot voordeel met die' stokke is die instel van teleskope op die groter kalibers. Uit fotos wat ek al gesien het, is die Engelse dubbelgewere uit 'n staande posisie gereguleer. Die pakslae wat jy kry by 'n skietbank waar jy sit word vermy en Deon se resultate spreek boekdele.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 317
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by ThinusS »

'n Ander voordeel van die tipe stokke is dat 'n ph, of 'n pa wat sy kinders leer jag, die geweer op die stokke kan opstel en op die dier wat geteiken is kan mik en dan die skut agter die stokke laat inskuif vir die skoot. Ek doen dit so af en toe wanneer 'n jagter nie die dier in die teleskoop kan vind nie of onseker is oor watter dier in 'n trop geskiet moet word.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Pappabeer »

4 Stable Stix, ViperFlex, 4-deahold, Nuwer Rudolph, wat ook al. Hulle het my kliente se misskote basies geïlimineer, en my dus baie meer tyd. Agterbander wild of om diie kampvuur met gelukkige gemoedere besorg. In bitter dig bos met GW verkies ek soms nog n driepoot, maar my 4-Stable Stix gaan orals saam
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Wouter Roets »

Koos

Ek onthou nog die dae toe jy beter groeperings sommer so oor jou knie geskiet het.

Groetnis
Wouter
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Koos Barnard »

Wouter
Ouderdom en 'n half af rug is blik#@s.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Wouter Roets »

Ja-nee kyk dit is n wetter, eers maak hy jou lelik en daarna maak hy jou dood!
User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by pwdejager »

Het bele in een van die 4Deadhold skietstokke en dit die afgelope maand uitprobeer met my jag in die Karoo ....... al wat ek kan se is dat ek nooit weer gaan jag sonder die stokke nie!

Amazing, lig en baie stabiel!
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Pvdw »

Ek jag nou so 11 jaar met die ontwerp. Myne is self gemaak met 16mm dowels wat ek by Builders gekoop het. Het ook al 3 stelle in die veld verloor en lekker punishment by my jag partners daaroor gekry. Dis 'n no brainer en ek jag nooit sonder dit nie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 4Deadhold-skietstok: Groeperings

Post by Johan Nel »

DWB wrote: Sat Mar 11, 2023 9:14 pm Hierdie groepie op 100m vandag met die 404 geskiet met ñ Leupold VX3 1.5-5X20 Heavy Duplex van my 4 Deadhold stok met 5de poot af.

20230311_120603.jpg

En ja, daar is 3 skote deur 8)
Netjies!
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply