Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Chris (vdB) »

More Almal

So maand gelede loop ek weer in die veld opsoek na vlakvarke, die velde is weer mooi na die goeie reen en ek het gedink die bosluise gaan weer vollop wees en het myself maar goed by die huis gespuit met Peaceful Sleep en my klere met Bayricol. Die ander manne wat saam was het nie daaraan gedink nie en na 4 ure se stap in daardie veld was hulle redelik vol bosluise. Gelukkig het niemand siek geraak daarna nie, maar die manne was baie bekommerd toe hulle die klomp bosluise op hulle kry.

Ek weet my Pa het dit een jaar gekry toe hy by Tussen die Riviere gaan jag het, maar ek was nog klein, kan nie onthou of hy baie siek was nie. Ek het so bietjie gegoogle en geskrik toe ek sien hoe ernstig siek die mense was van Bosluiskoors, daar was tot gevalle van mense wat gesterf het.

Dit het my laat wonder of daar van julle was wat dit al op gedoen het en hoe groot is die kans dat wanneer jy gebyt was, dat jy wel Bosluiskoors gaan kry?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Malan123 »

Ek het hom al gehad. Bosluis my gekap terwyl ek besig was met voorbrande. Die koors was baie rof! Dis 'n vieslike ding
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Ds J »

Bosluiskoors is die gewone een, as gevolg van die bosluis se "gif".

Bosluisbytkoors is ernstiger, as gevolg van n parasiet op die bosluis se monddele.

Ek en my vrou het albei die riketzia-virus so opgedoen, en hy is n pestilens! Dit is blykbaar n intrasellulêre parasiet, en antibiotika help nie werklik daarvoor nie. Dit maak hom met dormant en daarna val hy n swak orgaan aan wanneer die immuunstelsel laag os. Ons het n homeopaat gekry wat ons gesond gekry het.
User avatar
HunterB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by HunterB »

Gladnie lekker nie. Ek en my Pa het Bosluisbytkoors gehad laasjaar. Erge koors en baie lyfseer. Hulle se mos as jy dit kry is jy bang jy gaan dood, en later is jy bang dat jy dalk nie gaan doodgaan nie
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by DWB »

Ek glo as ñ bosluis jou gebyt het en die bytplek ontsteek en word swarterig dan kom die moeilikheid!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Knewel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Knewel »

Dis 'n vieslike ding.. al baie gewonder hoe die ou boere in die veld tydens die oorlog gemaak het met so geval

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Frederik »

As jy bosluiskoors erg kry kom jy baie naby aan Malaria se koors het albei al gehad bosluis koors seker so 3-4 keer in my lewe.
Hy kom soos 'n griep rug en nek pyn en jy voel pap daarna die koors. Doxycylin het gewoonlik gewerk daarteen deesdae doen ek Bayticol selfs op my oop vel al is dit nie voorgestel nie.

Hy loop mooi en lanklaas bosluis koors opgetel met baie dae in die veld seker 12 jaar terug laas bosluis koors gehad.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Mellies »

Ek het ook al die bosluisbytkoors gehad.

750ml Captain Morgan met coke en ys na smaak die aand voor jy die veld aandurf doen sy ding.

Met n vleisie...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by tripodmvr »

Ek het deurgeloop as kind van 6 jaar oud. Ladysmith, KZN. Het met 'n enorme hoofpyn so 3km huis toe gestap. My pa was ook dieselfde tyd siek. Die medisyne het gehelp. My werk as landmeter het verseker dat ek weer gebyt word, maar elke episode se simptome het minder erg geraak en ek is nou gesout.

Dit is 'n nare siekte en 10% van onbehandelde gevalle is noodlottig. Moet dit dus nie ligtelik opneem nie. Dit manifesteer by sommige mense as 'n jaarlikse "griep". My vrou kry sulke terugslae.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by tripodmvr »

Which is the most severe of the Rickettsia diseases?
Rocky Mountain spotted fever (RMSF) is an acute febrile tick-borne illness caused by Rickettsia rickettsii. In North America, it is both the most severe and the most common rickettsial infection. Without prompt antibiotic treatment, mortality rates are as high as 20 to 30 percent.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by James Wilson »

Ek het so n paar jaar terug hier n post gedoen waar ek op nuwejaarsdag n jakkals met die voet gejag het en toe met die mondfluitjie nadergeroep en geskiet het. So n paar dae daarna het ek baie sleg begin voel. Baie koors en baie moeg. Die plaaslike vee-arts was n huisvriend van my oorlede Pa en is nounog n klient van my. Terwyl ek so siek is, sit ek eendag in my kantoor se ontvang toe die die vee-arts daar opdaag. Hy het my netso gekyk aan my voorkop gevoel en toe ry hy na sy kliniek toe. Hy was dadelik weer terug met n sakkie vol sulke klein pilletjies. As ek reg onthou moes ek 3 of 5 op n slag drink. Ek het binne dae begin beter voel. Hy het my ook gewaarsku dat die simptome die manier het om oor n jaar weer sy naels in jou te slaan. Dan moet ek net weer van die pille kom hael. Gelukkig het dit nie teruggekom nie.

Dit was n patetiese gevoel gewees. Koorspyne en heeltyd moeg. Dit is seker al 10 jaar terug, maar as ek reg onthou het ek bosluisbytkoors gehad.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Capt. Yoda »

Ek het hom een keer saam met varkgriep gehad na n jag in Zeerust. Ekt gedink ek vrek, ekt 2 keer Covid gehad toe dit nog n ding was en dit kom nie naby daai varkgriep/bosluiskoors combo nie. Toe ek na n week by die Dr kom kon sy nie glo ek was instaat om self te bestuur nie.

Ons het laas jaar Aug in die waterberge gejag en daar was bitter baie bosluise toe al en klomp van ons is gebyt maar ons het gelukkig n Dr pel wat saam jag wat daar vir die manne iets gegee het wat glo help as jy gebyt is.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Mellies »

Capt. Oblivious wrote: Sat Mar 11, 2023 11:23 am Ek het hom een keer saam met varkgriep gehad na n jag in Zeerust. Ekt gedink ek vrek, ekt 2 keer Covid gehad toe dit nog n ding was en dit kom nie naby daai varkgriep/bosluiskoors combo nie. Toe ek na n week by die Dr kom kon sy nie glo ek was instaat om self te bestuur nie.

Ons het laas jaar Aug in die waterberge gejag en daar was bitter baie bosluise toe al en klomp van ons is gebyt maar ons het gelukkig n Dr pel wat saam jag wat daar vir die manne iets gegee het wat glo help as jy gebyt is.
Ek dink jy toon nog daagliks van daai varkgriepsimptome. ++>:

Met n vleisie...
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by tripodmvr »

Capt. Oblivious wrote: Sat Mar 11, 2023 11:23 am Ek het hom een keer saam met varkgriep gehad na n jag in Zeerust. Ekt gedink ek vrek, ekt 2 keer Covid gehad toe dit nog n ding was en dit kom nie naby daai varkgriep/bosluiskoors combo nie. Toe ek na n week by die Dr kom kon sy nie glo ek was instaat om self te bestuur nie.

Ons het laas jaar Aug in die waterberge gejag en daar was bitter baie bosluise toe al en klomp van ons is gebyt maar ons het gelukkig n Dr pel wat saam jag wat daar vir die manne iets gegee het wat glo help as jy gebyt is.
Goeie verskoning om brandewyn te drink en 'n goeie dokter om dit voor te skryf.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Glocked »

Ek was tot nou nog baie gelukkig, en het nie bosluiskoors of byt koors gehad nie, en die goed is baie lief om my te byt. Ek het nog nooit na 'n naweek in die veld by die huis gekom sonder ten minste 10 bytplekke nie. 3 weke gelede se kameelperdjag weer, gras was lank, warm, by die huis gekom met 34 bytplekke, en dit met Bayticol en so No-Tick spray wat ek by Safari gekoop het.

Touch wood, ek hoop maar ek kan so aanhou om hom te vermy, klink nie na 'n lekker storie nie !
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13586
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Capt. Yoda »

Mellies wrote: Sat Mar 11, 2023 11:38 am
Capt. Oblivious wrote: Sat Mar 11, 2023 11:23 am Ek het hom een keer saam met varkgriep gehad na n jag in Zeerust. Ekt gedink ek vrek, ekt 2 keer Covid gehad toe dit nog n ding was en dit kom nie naby daai varkgriep/bosluiskoors combo nie. Toe ek na n week by die Dr kom kon sy nie glo ek was instaat om self te bestuur nie.

Ons het laas jaar Aug in die waterberge gejag en daar was bitter baie bosluise toe al en klomp van ons is gebyt maar ons het gelukkig n Dr pel wat saam jag wat daar vir die manne iets gegee het wat glo help as jy gebyt is.
Ek dink jy toon nog daagliks van daai varkgriepsimptome. ++>:

Met n vleisie...

Ja ek dink dit het my n taamlike knou gegee
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Pappabeer »

2 of 3 keer. Ons kry Ricketsia africae by bosluise op wild, en ricksia conorrii op hond bosluise.

Ek vat daai malaria kopsere (ook twee keer gehad) enige tyd voor bosluiskoors.

Ds J. Daar is n paar miskonsepsies en waarhede in wat jy sê. PM my gerus as jy hieroor wil gesels.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Willie »

Het ook in die laat 70's tydens my weermag diens 'n bosluis byt plek gehad wat so swart geraak het. Paar dae later was dit hospitaal sake. Kop seer en baie pyne met koors.

Daar na het ek al baie keer weer byte gekry maar hulle is maar soos muskiet steke . Juik baie en na so week of wat is alles weer reg.
Johan308
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Johan308 »

Ek het ook al 'n paar keer deurgeloop, op ons stukkie plaas naby Rusteburg was daar een jaar baie van die bont bosluise, as hy jou gebyt het kan jy mar weet jy moet dokter toe gaan. Die eerste keer wat ek gebyt was, was die ergste, die hoofpyn en lyfseer was baie erg. Netso was al baie gebyt deur die gewone rooi bosluise en het nooit enige nagevolge gehad nie.

Sent from my SM-A326B using Tapatalk

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Apie »

Bosluiskoors 3 keer
Malaria 1 keer

Bosluiskoors was vir my rowwer as die malaria maar dan ek ons my baie vinnig vir malaria begin behandel en was ek nie so vreeslik siek nie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
antoniem
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Feb 17, 2020 8:54 am

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by antoniem »

My simptome van Bosluiskoors was hoofpyn en my lieste was baie seer.

Volgens die Dr wat my daai tyd behandel het trek die gif veral na jou kliere toe, dis hoekom my lieste so seer was??

Week se voorskrif pille gekry en sommer gou weer gesond geword.

Miskien was ek een van die gelukkiges?
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Alwin »

Ek bly in 'n area met hoë bosluis ladings. Volgens my waarnemings is dit seisoenaal. Na goeie reëns (en lang gras) floreer die bosluise.

Die grootste peste is daai piepklein stofbosluise. Hulle kruip orals in waar jy hulle nie self kan uithaal nie...

Ek vind dat die Peaceful Sleep stafie (lyk soos Pritt, maar blou) enige bosluis gou-gou uitsorteer. Waar jy dit smeer, loop hulle ook nie. As ek bosluise verwag, smeer ek 'n paar ringe P.S. om my bene. Hulle kruip ook graag in jou skoene en tussen jou tone in...

As 'n bontbosluis (ook bekend as bontpootbosluis) jou by WEET jy dit. Die peste kan gelukkig nie saggies byt nie. Hoe gouer jy hom af kry hoe minder infeksie kry jy op die bytplek. Ek is seker 'n dosyn van hulle kan 'n mens doodbyt.

Ek het al erge bosluiskoors gehad. Met elke infeksie raak die simptome makker. Ek glo ek is al redelik immuun, omdat ek baie jare laas siek geword het.

Bolsuisbytkoors is blykbaar erger. As die bytplek rooi en geswel is, moet jy maar wakker loop. As jou dokter nie bolsuiswys is nie, praat met jou veearts. Myne het al duisende bosluiskoorsbesmette honde deurgehaal. ++>:
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by Pappabeer »

Manne kry net een ding reg.

Mense kry bosluiskoors - rickettsia africae en verskeie subspecies Rickettsia conorii is die bakterië wat dit veroorsaak.

Honde kry Bosluisbytkoors - Ehrlichia canis is die bakterium wat dit veroorsaak. Dit is gewooonlik baie erger in honde, met meer sterftes agv uitgesproke long patologie.

Die twee het niks met mekaar te doen nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Bosluiskoors - wie van julle het al gehad?

Post by tau »

Pappabeer wrote: Mon Mar 13, 2023 11:55 pm Manne kry net een ding reg.

Mense kry bosluiskoors - rickettsia africae en verskeie subspecies Rickettsia conorii is die bakterië wat dit veroorsaak.

Honde kry Bosluisbytkoors - Ehrlichia canis is die bakterium wat dit veroorsaak. Dit is gewooonlik baie erger in honde, met meer sterftes agv uitgesproke long patologie.

Die twee het niks met mekaar te doen nie.
https://en.wikipedia.org/wiki/Babesia_canis

Die bruinbosluis gee hondee ook Babesia canis
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply