Aangesien HeinM ook iets anders as 'n advertensie wil sien het ek gedink dit kan goed wees om 'n draad te skep vir spesifiek .22 groeperings en ammo toetse wat jy dalk al gedoen het. Sommer om so bietjie te deel hoe die .22 ammo doen in jou geweer.
Wat ek opmerk is dat die goedkoop ammo nie in almal se gewere mooi werk nie maar dat die duurder ammo ok doen. As jy dan kan toets is dit moontlik om iets te kry wat wonderlik werk in jou roertjie.
Ek van die draad wat Paul het met die 5/6 teikens op 100m maar kom ons gebruik hierdie vir 'n minder ernstige deel van wat jou roer doen
Vir 'n begin sal ek hierdie cherry wat ek gepluk het op 100m plaas
16mm ctc en 6mm mean radius (MR) geskiet met Eley Match uit my standaard CZ457LRP Gemiddelde groep ctc afmetings was 39.83mm met 'n Mean Radius van 14.33mm oor 6 groepe op 100m in taamlike winderige toestande.
Een ding wat vir my uitgestaan het is dat die groepe eintlik min verskil in die wind ...
6 x 5 skoot groepe se gemiddeldes op 100m
SK standard plus ctc 46.33mm MR 15.83mm
SK Rifle Match ctc 43.17mm MR 14.83mm
SK Rifle Match ctc 45.67mm MR 14.5mm (ek wou hierdie net weer toets, daarom het ek nog 6 groepe geskiet)
Eley Tenex ctc 45.67mm MR 15.5mm
Eley Tenex (ander lot) ctc 40.67mm MR 14.83mm
Eley Match ctc 39.83mm MR 14.33mm



