Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Chris (vdB) »

More Almal

Wil sommer hoor of die huidige krag probleem julle jag reelings vir die jaar gaan beinvloed. Dalk minder wild op n' slag skiet of dalk meer droewors en biltong maak. Ek wil begin vet en derms koop en bere, maar is bang daar kom probleme met die krag. Met die huidige tyd wat ons sonder krag sit per dag kan ek probleme voorsien as jy n' deepfreeze vol vleis gepak het en probeer om so gou moontlik te vries.

Groete
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Frederik »

Chris,

Dit gaan net erger raak nie verbeter nie ek is van plan om iets iets daaraan te doen klaar inverter gekry net geleidelik al die ander komponente bymekaar.
Gatvol vir die skedules wat so vinnig vernader. Stage 2 en 3 is nog leefbaar maar stage 6 is net te veel en dit is waar ons moelikheid sit.
Persoonlik dink ek Stage 6 gaan amper norm word want Eskom wil nie luister nie baie manne met die nodige kennis steek hande op om te help maar dan gaan die gemors ook uitkom wat hulle aangevang het.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Riaan Kriel »

Net om die wildskarkasse koud te hou in die koelkamer gaan al 'n probleem wees en dan natuurlik 'n vrieskas wat vol vars verwerkte vleis gepak word gaan nie lekker werk as ons 4ure kragonderbreking het met 2 ure aan en weer 4 ure kragonderbrekings nie. Om die kragopwekker te laat hardloop is 'n duur storie..

Ek sukkel alreeds met my broeimasjien en kunsmoeders vir baba pappagaaie wat op die inverter en batterye gekoppel is. Die batterye kry nie voldoende kans om vol te laai met stage 6 shitloading nie.

Ek begin werklik my jagplanne te heroorweeg vir die jaar :'(
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by LUAN »

Daar gaan sekerlik nie meer loadshedding wees nou wat daar n 18.6% verhooging op die kragtariewe goegekeur is of hoe ;)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Capt. Yoda »

Dam lekker om vergoed te word om 11.1.11sleg te wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3963
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by tau »

Gaan jag by plase wat nog nooit Eskom krag gehad het nie
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Riaan Kriel »

tau wrote: Fri Jan 13, 2023 12:06 pm Gaan jag by plase wat nog nooit Eskom krag gehad het nie
Jip... dit al gedoen, baie lekker en niks fout met die ervaring nie.. My probleem begin egter as ek terugkeer met die wildsvleis en dit self begin verwerk
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Kolhasie »

Gelukig in die winter is dit koud.

Maar daar sal beslis probleme kom
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Chris (vdB) »

Frederik wrote: Fri Jan 13, 2023 10:20 am Chris,

Dit gaan net erger raak nie verbeter nie ek is van plan om iets iets daaraan te doen klaar inverter gekry net geleidelik al die ander komponente bymekaar.
Gatvol vir die skedules wat so vinnig vernader. Stage 2 en 3 is nog leefbaar maar stage 6 is net te veel en dit is waar ons moelikheid sit.
Persoonlik dink ek Stage 6 gaan amper norm word want Eskom wil nie luister nie baie manne met die nodige kennis steek hande op om te help maar dan gaan die gemors ook uitkom wat hulle aangevang het.
Ek het gisteraand so sit en luister toe Dawie Roodt op die nuus praat, nou kyk hy se n' ding soos dit is volgens my. Jy is reg Fredrik, dit gaan beslis nie gou beter raak as ek hom so luister nie.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Chris (vdB) »

Kolhasie wrote: Fri Jan 13, 2023 12:49 pm Gelukig in die winter is dit koud.

Maar daar sal beslis probleme kom
My moeilikheid is ek begin in April al jag, dan moet daar nog binne in n' koelkamer geslag word. Ek los daai bok op die plaas as die vlee so oor hom geloop het en die slagter slaan nog so paar dood met die bok se stert wat hy af gesny het :laugh:
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Glocked
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 386
Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Glocked »

Dit gaan verseker nie beter raak gou nie. Ek het so 2 maande gelede oorgeskakel solar toe, beste besluit in 'n baie lang tyd, die gemak en besparings maak dit defnitief die moeite werd.

Met 'n 4ure af, 2 ure aan en weer 4 ure af storie, gaan daai vars vleis in die vrieskas defnitief nie baie lank vars bly nie, nee.
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by Pvdw »

Laaste 3 jaar gevat en my huis 90% onafhanklik van eskom gemaak met solar. Ek installeer dit ook as beroep. Ek hoor weekliks hoe mense my vertel hul produkte in hul vrieskas word sag omrede die vrieskas nie genoeg tyd het om alles mooi te vries nie. Roomys is jou 1ste indikasie dat dinge agter uit gaan.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Jag seisoen 2023 vs loadshedding

Post by ruaanb »

As jou vrieskas begin leeg raak maak vol met coke bottels vol water. n vrieskas wat vol is ontdooi baie stadiger.
Post Reply