Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het besluit om 2023 af te skop met n buffel in Magudu, saam met Hugo Engelbrecht en Frans Loots. Donderdag het ons vars groot spore gevolg en n ou bul in sy bed modder gekry. Hy het vinnig opgestsan en ek het n vlietende oomblik gehad om te skiet met die 450-400 3&1/3” dubbel.
Die skoot het n enkel long laag getref rn ons het die volgende 4 ure modder en bloed spore gevolg. Daai aand en vrydag het oor die 100mm gereën, en spoorsny in die sekelbos, Lantana en cremolina was onmoontlik, so ook ry in die turf pasie met die Cruiser. Saterdag en Sondag was ten volle gejag om spoor op te tel, en laat Sondag het ons n bul gekry. 90% seker het ek beskuit dis beter om definitief en verkeerd te wees as om niks te doen nie, en hom met die .416 Ruger met n 400gr Dzombo geanker. Gelukkig was dit die regte bul. Ek het nie gemeet nie- sal as ek klaar scullmount, maar sy lyf was enorm, en het 381kg uitgeslag.
Veels geluk, pragtige bul. Ek het nog nooit 'n buffel dáár gejag nie maar ek het, 35 jaar gelede, 'n paar wonderlike jagte op oorlede Ian Goss se plaas in daardie area geniet.
Bly dinge het mooi uitgewerk vir jou mnet die prag buffel. Ja nee kyk dit is hoe dinge moet begin die jaar in donker Afrika. Ek sien die Ruger moes toe maar weer die warm pattat uit die kole kom krap. Kon die ander manne ook darem iets grond toe bring?
Ons kan mos nou verseker nie donker afrika wen nie, so ons buig maar die reëls soos ons kan.
Ja Wouter, die .416 Ruger moes al paar maal ander manne se bollie, en nou myne regmaak. n 400gr Dzombo het sy handrem mooi opgetrek en amper volledig penetreer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.