Na 'n redelikke teleurstellende begin van die jagseisoen is ek bly om aantekondig dat die 2023 seisoen se boek oop is. Ek was heelwat kere uit en het klompie varke gesien maar nog nooit skiet kans gekry nie - nie veilige skoot - dier draai op laaste oomblik weg etc.
Ons het in die berge gejag - Le Parc des Anês - die Donkie park. Ek is een van die jonger manne in die span so is op die verste punt gesit. Moes redelik vêr loop om daar uit te kom. Ek was so geplaas dat ek 2 valleie moes dek - moes tussen die 2 hol as die organiseerder dit vir my oor die walkie talkie sê.
Dit is nie normale Franse jag waar jy stil op jou pos staan nie - my naaste buurman was 400m oorkant my en die ander een 500m op die berg na my regs.
Sommer aan die begin van die jag het die honde voor my begin tjank en tekere gaan - Was 'n vos wat ontsnap het sonder dat enigiemand hom gesien het. F-ing Vos het die tracker gesê. Toe hy halfpad teen die berg voor ons op is kom daar 'n skoot. Die organiseerder het 'n vark gesien hardloop en hom probeer skiet - Die vark gaan kruip toe weg in 'n dennebossie. Die handler vat toe die honde en hullle stap om die bos sodat hulle die vark kan probeer uitstoot met die wind in hulle neus.
Net toe hulle dit begin kom die Bevel oor die Radio - "Botha hardloop op want daar kom vark van die kant aan" Ek gryp die 308 en hardloop teen die berg op - So 150m. Net toe ek daarkom klap die skote op die vark agter my. Ek sien die vark en hy staan onder 'n boom en kyk rond - Skiet toe uit die vuis op 170m maar dis mis. Probeer nog 2 skote maar onder hom deur - Moeilik as hulle hardloop. Laaste skoot van Bipod - Buurman van oorkant het nou nader gekom en Ek kan nie meer skiet nie. Hy skiet een keer toe weer en die vark is in die bosse in. Ek hardloop die 500m berg af. Die honde is om die vark maar dis so dig mens kan amper niks sien. Ek kom tot so 3m van die vark af wat met die honde baklei maar het nie my groot mes by my nie en die mense skreeu vir my om nie te skiet nie.
Tracker kom by en hy steek die vark dood met sy mes. Ek stap weer berg op - lekker uit asem? Drink beitjie water en gaan sit weer op my oorspronklike pos. Een keer word daar weer vir my geskreeu om na ander vallei te hardloop want Oom Pierre het 'n groot vark daar gesien maar ek sien niks. Kom weer terug op my pos en sit en wag. Oor die radio sê hulle wees wakker want daar moet 'n vark erens wees - maar daar is niks honde wat tjank nie niks.
Volgende oomblik hoor ek 'n geritsel links voor my en daar is niks honde klokkies wat lui. Ek soek voor my maar dis so dig onder my dat ek niks kan sien. Dan begin ek sien hoe die bossies beweeg en dit kom al nader aan 'n oop stuk. Ek rus die geweer op die bipod op 'n rots voor my en wag - daar kom pik swart ding uit en ek maar seker dit is 'n vark - wil nie 'n swart hond skiet nie.
Dis 'n vark en ek rig die kruis op die skouer en laat waai met die 180gr 308. Skoot laat vark hop - trek in mekaar en val agter oor en uit my sig - Ek hoor 'n roggel en dit hou op. Nie nodig gehad vir 2de skoot. UitEINDELIK! Skat die gewig so op 50kg maar het vark vir 2 sekondes gesien.
Jag maak so 2 ure later klaar. Ek los my sak en geweer bo want ek dink ons gaan vark weer terug op sleep en dan af - Kom tot onder en dit DIG - bosse hoër as ek en jy kan niks sien - swem amper deur alles en soek vir my vark. Kry bloed en kyk agter my - vark lê morsdood - en my gewig skatting was heelwat uit - Dis 'n droë sog van ten minste 80 kg.
My buurman kom aan en hy sê ons moet vark teen daai kan van die vallei afsleep - OK dan begin ons maar - Ek sleep voor en hy lig die agterbene. Ons het seker so 200m gevorder voordat die ander mense bygekom het. Nog so paar honderd meter gesleep tot by die ander vark en toe sleep 2 ouens hom verder en ek gaan help die ander ouens om die ander vark te kry in die digte bosse.
Stap to weer die berg op en kry my baadtjie en sak en geweer en stap so kilo of 2 uit die berg af na waar die karre is. Sop nat geweet. Toe ek daar kom is my vark klaar uitgesleep en ek gaan help om die 2de een die laaste paar honderd meter verder te sleep. Terug na die Jagklub en varke word leeg gemaak - ek kan nie baie help want my gewrig is nog verstuit van Desember se laaste rugby game.
Huis toe met die agterkwart van my vark - Ek het Saterdag So 40kg varkvleis gekoop want dit was op special hier. €2.28 per kilo. Ek gaan vanaand 'n klomp varkwors maak - Die Wild boar gaan saam met vark gemeng word en met die Russian sausage spices wat my pa vir my van SA afgebring het gebruik word. Daar is ook Cumberland sausage wat gemaak gaan word.
Is bly dat die rekening nou uiteindelik oop is - Ek was klompie kere uit maar het weer begin rugby speel op die rype ouderdom van 43 vandat ons getrek het om in die dorp in te skakel. So het deal met die vrou gemaak dat ek nie sal jag op die naweke wat ons rugby speel nie wat maak dat ek partykeer nie kan gaan om nie te veel van die huis weg te wees nie.
Was lekker om 'n slag te sweet vir my eie vark en nie iemand anders se vark nie!
Cheers











.