Die artikel gekry by POTSHOT, baie tragies oor die vis en water maar waar kom die manne aan die jakkals idee.
Blok
Visvrektes in die Vaalrivier Kan Lewens Eis
30 Aug 2011
[In English]
Besoedeling in die Vaalrivier, bo van die Vaaldam af, laat nie net groot getalle vis vrek nie en het die visarend en jakkals laat verdwyn, maar dit bedreig ook die w?relderfenisterrein, die Vredefort-koepel.
Daarbenewens is dit die water wat mense moet drink wat moontlik wel kanker en ander siektes kan veroorsaak.
Dis sommige van die gevolgtrekkings waartoe Brandon Stonefield, Rick King, Mark Yelland en Reveck Hariram gekom het nadat hulle mekaar op Vrydag 19 Augustus op die brug agter die Vaaldamwal ontmoet het. Rick King het dit gere?l met die doel om die gerapporteerde visvrektes in die gebied te ondersoek.
Met hul aankoms is hulle bgroet deur die stank van gevrekte vis in die lug en het hulle inheemse vis in die water onderkant die brug sien dryf. Die gebied is bekend as die teelaarde van die Oranje-/Vaalrivier grootbekgeelvis (glo ?n bedreigde spesie).
Verder stroomaf by ?n keerwal waar die nuwe waterpyplyn klaarblyklik goed gebou is, was daar o?nskynlik geen gevrekte vis nie. Maar onderkant die keerwal was daar baie inheemse vis met siek rooi kolle dwarsoor hul lywe.
Dit laat ernstige vrae oor ?ons drinkwater? ontstaan. ?Waarom vrek ons inheemse vis van ons hoofwaterbron vir Gauteng? Die vraag ontstaan ook of daar genoeg toetse op hierdie noodsaaklike bron gedoen word.
Die Departement van Waterwese ignoreer of doen baie min oor voorvalle van die aard wat deur Randwaterraad onder hul aandag gebring word, meen Stonefield.
By die tronk, 5 km van die wal af, kon hulle gevrekte vis ruik. Hulle het nog talle gevrekte vis gevind, insluitende baber, ?n ware kanniedood-spesie.
Mense kan s? die water is gesond en in die dam gefiltreer, en dat die skadelike bakteri? in die filtreerproses vernietig is, ?maar ons het die bewyse gesien dat alles nie is wat dit behoort te wees nie.?
Stonefield het gevra of al die chemikali? wat gebruik word om drinkwater te suiwer die oorsaak kan wees van so baie kankergevalle in die land. ?Vernietig ons die natuurlike organismes in water wat ons as mense nodig het om ?n gesonde immuunstelsel te help bou? Bloot ?n eenvoudige vraag wat ek duidelik nie kan beantwoord nie??
