Goeienaand Jaracal,
Die CBC Mod 122 het n aaklige sneller; die goeie nuus is dat n mens darem n bietjie daaraan kan doen.
Die geweertjies is in Brasilië gemaak, met al die nadele van die Brasiliaanse fabriekswese: swak afwerking, losserige stukke ens. Boonop kan n mens ook nie die sneller poleer nie want sy samestelling werk nie soos n gewone sneller nie.
Die groot haakplek is die veer. Die veer het twee beentjies wat na agter strek, en onder die dwarsstuk deurloop wat die veiligheidsknip huisves.
Die regterkantste been haak vas aan die raam, maar die linkerkantste veer druk net teen die dwarsstuk vas.
Ek het my geweertjies se snellermeganisme uitgehaal, en hom so teruggevoeg dat die linkerkantste been bo-op die dwarsstuk lê. Dit veroorsaak dat die sneller n geskatte 30% - 50% ligter trek.
CBC Mod 122 - sneller kan verbeter
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2133
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm