Die meeste van julle het seker al die berigte in die media gesien.
Die beriggewing is baie swak synde die werklike omstandighede nie genoem word nie. Die kameelperd is nou doodgeskiet.
Dit is vir my vreemd dat die dier gedood is oor 'n natuurlike reaksie waar die mens nie veronderstel was om te naby aan die dier te kom nie. Swak bestuur weens geen omheinings, of was dit weer 'n geval van 'n hansdier wat onvoorspelbaar opgetree het?
Wie weet dalk meer van die' voorval?
Kameelperd trap kind dood
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Kameelperd trap kind dood
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kameelperd trap kind dood
Ons kom nou nader aan die waarheid wil dit my voorkom. Hier is darem 'n beter weergawe van wat gebeur het. Nes mense is diere ook soms onvoorspelbaar. Tragiese gebeurtenis.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 960
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Kameelperd trap kind dood
Daar word gepraat van 'n kameelperd en haar kalfie. Dit is op sigself 'n aanduiding van wat kon gebeur het.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... d-voorval/
Die feit bly dat wilde diere wild is en op instink reageer. Ek sien gereeld videogrepe van mense wat "mak" koedoes voer, olifante wat kom pla waar mense aan tafel sit, ens. Soms is daar by woonwaparke "mak" wildsbokke wat tussen die kampeerders beweeg en gevoer word.
Dan weet ek ook van 'n groot fris boer wat byna dood was toe 'n hans grootgemaakte springbokkie hom gegaffel het. Die horing het sy slagaar in die been beskadig. So springbok is baie kleiner as in hierdie geval 'n kameelperd. In die natuur kan so kameelperd haar kalfie selfs teen 'n leeu beskerm.
Dit is waarom ek wegbly van wilde diere en vir my gesin sê om dieselfde te doen.