303 EPPS
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 303 EPPS
Ek sal graag wil hoor van iemand wat wel 'n Enfield aksie met Epps kamer het. Die drukvlakke wat ek gesien het is by 50K psi rond en is heel veilig vir die Enfield aksie.
'n Vriend van my het 'n 308 op 'n Enfield aksie gebou en dit werk baie skaflik.
'n Vriend van my het 'n 308 op 'n Enfield aksie gebou en dit werk baie skaflik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Nella
- Hero Member

- Posts: 585
- Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am
Re: 303 EPPS
Julle het my daar...nooit so daar aan gedink nieFrederik wrote: Thu Aug 20, 2020 6:29 pm Nella, seker so maar gaan die moeite nie dieselfde kos soos 'n 30-06 howa nie?
Goedkoper om dalk met Kriek te gesels om jou custom koeels te maak vir jou Epps dink ek.
Gaan niks anders as n "rimmed" 3006 wees nie.
Just smile and wave boys 
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 303 EPPS
Kan iemand asb die QL som doen vir n 303 Epps?
Dopvolume van 61.25gr H²O
Maks druk 60 000psi soos n 300 Win Mag.
TPL van 78.11mm
Sierra Pro-Hunter #2310
Looplengte 601mm
Dopvolume van 61.25gr H²O
Maks druk 60 000psi soos n 300 Win Mag.
TPL van 78.11mm
Sierra Pro-Hunter #2310
Looplengte 601mm
-
Rysmier
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Fri Feb 10, 2012 1:16 pm
Re: 303 EPPS
Manne,
My stuiwer in die armbeurs:
Ek het die Epps roete gegaan (P14 aksie).
Info oor ladings (uit 26duim loop):
- 150gr Barnes skiet ek so net onder 2,800fps
- 180gr S&B punte skiet ek 2,585vps (ek het die node by 2,750vps gejaag, maar myself bedink - die afstande wat ek wil skiet is 2,585vps genoeg)
Die nadele:
Hy voer nie meer so lekker uit die magasyn soos die standaard 303 nie.
Jy moet nou 303 Epps matrys ook kry.
Die koste is na my mening nie die moeite werd nie (ek het Boyds kolf ingevoer en opgesit, geweer het my meer as nuwe Howa gekos na ek klaar was).
Gaan doen die werklike lewe somme. As jy op 200m zero en bv dieselfde punt teen 2,400vps vs 2,700vps skiet - die verskil in hoogte tot by 250m. Ek wil waag om te sê dit gaan nie merkwaardig wees nie.
Baugust, as ek my opinie kan gee, hou die geweer soos hy is. As die jeuk groot is, 'n staalborsel by hardeware winkel kos R50 of minder
'n Howa 30-06 skiet met standaard doppe die spoed wat jy wil jaag, en jy het beter verskeidenheid punte.
PM my gerus sou jy meer info wil hê.
Mooi dag,
CCC
Rede vir "edit": spelfoute reggemaak

Christiaan
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 303 EPPS
Looplengte : 601mm korrek of 610mm?Ds J wrote: Fri Aug 21, 2020 7:10 am Kan iemand asb die QL som doen vir n 303 Epps?
Dopvolume van 61.25gr H²O
Maks druk 60 000psi soos n 300 Win Mag.
TPL van 78.11mm
Sierra Pro-Hunter #2310
Looplengte 601mm
Op 601mm die volgende syfers :-
1. 2624vps met druk van 44K psi
2. 2740vps met druk van 51K psi
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 303 EPPS
Dit beteken dat n warmer 303 Epps net-net saam met die 300's hardloop.tripodmvr wrote: Fri Aug 21, 2020 7:37 pmLooplengte : 601mm korrek of 610mm?Ds J wrote: Fri Aug 21, 2020 7:10 am Kan iemand asb die QL som doen vir n 303 Epps?
Dopvolume van 61.25gr H²O
Maks druk 60 000psi soos n 300 Win Mag.
TPL van 78.11mm
Sierra Pro-Hunter #2310
Looplengte 601mm
Op 601mm die volgende syfers :-
1. 2624vps met druk van 44K psi
2. 2740vps met druk van 51K psi
Hulle beginspoed met 180gr is ongeveer 2700vps, maar hulle staan nader aan 3000vps met maks druk.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: 303 EPPS
Ek het 'n No 4 Mrk 1 wat 308 loop op het.
Mens kan nie wil druk en spoed jaag nie maar myne loop mooi.
Ek gebruik 130gr Impala punt teen 2620 F/s
As ek bietjie my kant bring kry ek dat 2 gate mekaar sny en een net regs sit op 200 meter.
Ek het al vlak varke, kudu, waterbok en swart wilde bees met hom geskiet. Ongelukkig het ek nog nie 'n punt kon herwin nie maar hy loop mooi met 130gr Impalas.
Geniet die 30-03 baie en hy kan 'n gong laat gons.
Mens kan nie wil druk en spoed jaag nie maar myne loop mooi.
Ek gebruik 130gr Impala punt teen 2620 F/s
As ek bietjie my kant bring kry ek dat 2 gate mekaar sny en een net regs sit op 200 meter.
Ek het al vlak varke, kudu, waterbok en swart wilde bees met hom geskiet. Ongelukkig het ek nog nie 'n punt kon herwin nie maar hy loop mooi met 130gr Impalas.
Geniet die 30-03 baie en hy kan 'n gong laat gons.
-
Rysmier
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Fri Feb 10, 2012 1:16 pm
Re: 303 EPPS
Ds J,
Mens kan die No4 Mk1 of 2 ook Epps volgens http://www.303british.com/id20.html , maar lees die waarskuwing onder aan die artikel.
Soos ek verstaan is die No1 nie 'n goeie idee, alhoewel ek al een gesien het op 'n skietbaan.
Mooi dag,
CCC
Mens kan die No4 Mk1 of 2 ook Epps volgens http://www.303british.com/id20.html , maar lees die waarskuwing onder aan die artikel.
Soos ek verstaan is die No1 nie 'n goeie idee, alhoewel ek al een gesien het op 'n skietbaan.
Mooi dag,
CCC
Christiaan
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
-
DOGoosen
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Mon Oct 23, 2017 5:21 pm
Re: 303 EPPS
Hi Louis, ek weet hierdie vraag was lank terug gewees maar ja jy kan jou LE No.4 laat EPPS. Onthou surplus LE No.4 aksies is direk na WW2 omgebou op 7.62x51 NATO lope wat teen 60000 PSI kan operate. Baie gewone mense (nie-militer) het die 308Win op die No.4 aksies gesit en kompetisies gaan skiet met ladings van 55 000 PSI heeldag lank sonder misluk. Ek het my No.4 laat EPPS en doen baie goed teen so 52 000 PSI sonder probleme. Elwood Epps wat die geweersmit was die omskakeling ontwerp en begin het, het oorpsonklik net P14 aksies aanbeveel maar was nie teen die No.4 aksies nie, dit was omrede meeste 303's in die 50's nog met die ou SMLE No.1 aksies was wat verseker nie dieselfde drukvlakke kan hanteer nie.Louis Kriel wrote: Thu Aug 20, 2020 11:09 am Hallo Marius. Vinnige vragie. Ek het n no4mk2 Lee Enfield met n baie mooi loop. Kan ek hom laat Epps?
Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 303 EPPS
Ekt 'n P14 laat Epps by Gerrie Coutzee. Hy outperform die 3006 met gemak.
Myne was bitter akkuraat. Ekt 150gr punte oor 31100fps geskiet en 180gr SGKs teen 2850fps.
Ekt net 1 klagte gehad - die vorm van die Epps doppe het nie mooi uit myne se interne magasyn gevoer nie - nie as ek dit vergelyk het met hoe die geweer gevoer het met normale 303LE pateone nie.
Gerrie het 'n fantastiese joppie gedoen - die kamer was mooi gesny met skerp hoeke.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 303 EPPS
Ja nee ek weet nie van een 30-06, selfs Ackley wat hiermee sal kan kers vashou nie!243Songdaug wrote: Sun Oct 09, 2022 9:56 pm Ekt 'n P14 laat Epps by Gerrie Coutzee. Hy outperform die 3006 met gemak.
Myne was bitter akkuraat. Ekt 150gr punte oor 31100fps geskiet en 180gr SGKs teen 2850fps.
Ekt net 1 klagte gehad - die vorm van die Epps doppe het nie mooi uit myne se interne magasyn gevoer nie - nie as ek dit vergelyk het met hoe die geweer gevoer het met normale 303LE pateone nie.
Gerrie het 'n fantastiese joppie gedoen - die kamer was mooi gesny met skerp hoeke.
Groetnis
Wout
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 303 EPPS
Ek soek somer ook nou eder n 303
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 303 EPPS
Haha. Sien nou eers my tikfout.
3100fps op daai 150gr pitte.
3100fps op daai 150gr pitte.
- Kallie Fernhout
- Hero Member

- Posts: 994
- Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm
Re: 303 EPPS
Ek het self n ou 303 met n P14 wat net staan en stof gaar. Dalk moet ek hom ook bietjie opkikker vir n ligte stap geweer. Probleem is sy loop is goed in sy M#@$r gepit en geskiet. Waar kan mens begin soek vir n 303 loop?
Tweede vraag is daar n Aftermaket sneller vir n P14 want n cruiser sal sukkel om daai sneller af te trek.
Tweede vraag is daar n Aftermaket sneller vir n P14 want n cruiser sal sukkel om daai sneller af te trek.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 303 EPPS
Jy kan veel meer met die P14 aksie doen. As jy na my gewere loer sal jy sien dat ek 'n 7x64 op so aksie het. Nie een van die makliker ombouings nie, maar dit is vir my 'n puik jaggeweer. Rig ek hom na die prooi val hy sommer om. Die dopgroottes wat dieselfde deursnee as die 303 het is natuurlik makliker om te bou en vereis geen werk aan die slot nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 303 EPPS
Kallie jy kan baie kalibers bou op 'n P14 - ek persoonlik kyk na 'n 318 Rugby, 300 H&H of 308 Norma Mag. Daai sneller wat so sleg is kan na gekyk word, myne se sneller was ongelooflik sag. Ekt net nie van die voortrek gehou nie. Die boltface van die P14 laat man maklik toe om Magnums op hom te bou.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: 303 EPPS
Thor het 'n baie lekker "aftermarket" sneller vir 'n P14.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 303 EPPS
Kallie, daar was n geweersmid in of naby Kroonstad wat op n stadium n voorraad 303-lope in voorraad gehad het. My kennis is ongelukkig n paar jaar oud, ek kan dus nie sê of hy nog daarvan het nie. En as ek reg onthou was daar een van die 303-modelle waarvan die skroefdraad op die aksie anders was as op die meeste Britse modelle. Ek weet egter nie of dit juis vir die P14 teenoor die Lee-Enfield gegeld het nie.Kallie Fernhout wrote: Thu Oct 13, 2022 9:37 am Ek het self n ou 303 met n P14 wat net staan en stof gaar. Dalk moet ek hom ook bietjie opkikker vir n ligte stap geweer. Probleem is sy loop is goed in sy M#@$r gepit en geskiet. Waar kan mens begin soek vir n 303 loop?
Tweede vraag is daar n Aftermaket sneller vir n P14 want n cruiser sal sukkel om daai sneller af te trek.
Daar was gerugte dat die SAPS meer geredelik is om loopvervangings toe te staan, maar ek weet ook nie of dit korrek is nie. Indien dit wel die geval is kan jy werklik net die loop uitskroef en n ander een opskroef nadat die papierwerk afgehandel is. Of jy kan nou begin speel met n droomgeweer!
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: 303 EPPS
Die P14 het 'n meer reghoekige skroefdraad wat skynbaar moeiliker is om te maak, maar baie sterk is.
As daardie lope nog beskikbaar vir P14 is sal ek beslis belang stel.
As daardie lope nog beskikbaar vir P14 is sal ek beslis belang stel.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
DOGoosen
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Mon Oct 23, 2017 5:21 pm
Re: 303 EPPS
Hi manne, ek het n no.4 in Epps en kry mooi resultate binne sy 53k psi perke (so voorspel deur QL) maar ek sukkel met my magasyn wat veroorsaak dat die doppies vreeslik beskadig word met voer in die kamer in wat moontlik doplewe gaan beperk. Ek het nou al so bietjie aan die oortjies (tabs) gebuig maar die probleem gaan nie weg nie, enige advies?
-
DOGoosen
- Newbie

- Posts: 5
- Joined: Mon Oct 23, 2017 5:21 pm
Re: 303 EPPS
Sien aangehegte foto, kan daar óf moet daar dalk aan die skerp rand/ lip van die kamer net bokant die "ramp" (die geel merkie) afgewerk word want dit is waar my dopnekke en skouer teen beskadig word? Die geel merkie aan die kant is aanduidend van waar ek dink die "extractor" spasie nie groot genoeg gesny is nie, is my aannames korrek?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.