Howa 243 wat se grein punte vir jag???
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Ek het 'n Howa stainless 243Win met die standaard 22 duim loop opgetel vir 'n goeie prys. Ek was nog nooit 'n 243 fanboy nie en my vriende gaan my nooit ophou gee hieroor nie.
Maar ek het nou die geweer en gaan hom meestal gebruik vir jag. Wat is die swaarste grein punt wat ek uit so 22 duim Howa gaan skiet en wat se spoed kan ek verwag? Voorstelle vir lekker jag punte wat nie 'n verband op die huis gaan nodig he om te koop nie sal waardeer word

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
95gr BT, so 2930fps seker anders 87gr Vmax teen baie naby aan die selle spoed
Die soort kruit wat jy gaan gebruik sal ook n groot impak op spoed he
Die soort kruit wat jy gaan gebruik sal ook n groot impak op spoed he
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
90 en 95 werk lekker selfs 100gr en swaarder in die meer konvensionele koeël ontwerpe, maar mens terg so bietjie die "stabiliteits faktor" met daai 10tw en die swaarder koeëls.
'n 95 BT is 'n bitter lekker all-rounder. Ek sou self 'n 90gr ELD-X 'n kans gee. Sierra se Tipped Game King hoor ek ook goeie goed van en hys ook 'n 90gr. Aan die bietjie meer premium kant kan mens kyk na die 90gr Accu Bond en Swift Scirocco (laasgenoemde duur en nogal vol stories om aan die skiet te kry)
Dan kan mens na die Monos ook kyk. Gewoonlik ligter want hulle is langer lees "moeiliker om te stabiliseer"
80 en 85 TTSX van Barnes
82 en 90 Krieke
Ongelukkig nie die 1 koeël antwoord waarvoor daar gehoop is nie maar as dit ek was sou ek daai klompie ondersoek en van daar af 'n besluit maak.
Mens behoort al die koeëls teen so rof weg 2900ft/sek te kan skiet... Nie noodwendig waar hulle gaan groepeer nie maar dis so half die ballpark
As dit by toegewyde Jag koeëls kom sê ek altyd mens moenie moan oor R20 'n punt as jy na 'n R2000 se bok skiet nie.
Groete
Frans
Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
'n 87gr VMax en 'n 243 is battery en torch, gebou vir mekaar. Sukkel nie sommer met 'n lading nie en is 'n dodelike kop- en nek-skoot kombinasie.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Dankie manne julle advies word opreg waardeer. Ek hou van die idee van 87 of 90 grein teen daai spoed behoort lekker op springbokke en blesbokke te werk. Miskien moet ek eendag my woorde sluk oor die 243
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
As die teiken Bles en Springbok gaan wees sal ek die 87 Vmax ook back! Soos die ander manne noem. Hy werk mooi vir AGTER die blad skote op langer afstande.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Die Howa-tjie se akkuraatheid gaan jou nog stom laat, en in my opinie gaan jy dalk eerder jou woorde moet sluk.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Ek ken enkele skuts wat gestoei het met ladings en akkuraatheid totdat hulle die 87gr VMax probeer het. Daarna was die roer reg en die vleis in die kas.Dirkvh wrote: Tue Sep 06, 2022 12:02 pm 'n 87gr VMax en 'n 243 is battery en torch, gebou vir mekaar. Sukkel nie sommer met 'n lading nie en is 'n dodelike kop- en nek-skoot kombinasie.
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
As die geweer enige iets soos my Howa 223 stainless varmint skiet gaan hy dalk meer saam veld toe gaan as baie van die ander in die kluis. Dankie manne ek is nou al amper opgewonde om 'n 243 te besit
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Ek het alpaar verskillende koeels geskiet uit n 243 en nou 243AI. 87gr Berger VLD Hunting bly my gunsteling.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Gian, skiet jy kopskote ook met daai VLD's. Ek vra, omdat ek ook hulle wil probeer wanneer daar weer vooraad in kom by die winkels.Gian_dP wrote: Tue Sep 06, 2022 2:55 pm Ek het alpaar verskillende koeels geskiet uit n 243 en nou 243AI. 87gr Berger VLD Hunting bly my gunsteling.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Hulle maak effens minder skade as VMAX op kopskote, maar steeds BAIE effektief. Hou weer bietjie beter bymekaar as VMAX op lyfskote.Chris (vdB) wrote: Tue Sep 06, 2022 3:04 pmGian, skiet jy kopskote ook met daai VLD's. Ek vra, omdat ek ook hulle wil probeer wanneer daar weer vooraad in kom by die winkels.Gian_dP wrote: Tue Sep 06, 2022 2:55 pm Ek het alpaar verskillende koeels geskiet uit n 243 en nou 243AI. 87gr Berger VLD Hunting bly my gunsteling.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Goeie info.Gian_dP wrote: Tue Sep 06, 2022 3:55 pmHulle maak effens minder skade as VMAX op kopskote, maar steeds BAIE effektief. Hou weer bietjie beter bymekaar as VMAX op lyfskote.Chris (vdB) wrote: Tue Sep 06, 2022 3:04 pmGian, skiet jy kopskote ook met daai VLD's. Ek vra, omdat ek ook hulle wil probeer wanneer daar weer vooraad in kom by die winkels.Gian_dP wrote: Tue Sep 06, 2022 2:55 pm Ek het alpaar verskillende koeels geskiet uit n 243 en nou 243AI. 87gr Berger VLD Hunting bly my gunsteling.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- mr rey
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Thu Jan 24, 2013 11:16 am
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Ek skiet 85gr gamekings en 87gr vmax. Wat lekker is, is dat hul baie naby aan mekaar “group” so mens kan van een na ander beweeg sonder om verstelling aan scope te maak.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Ek jag met 75gr vmax teen so 3200vps.
Hulle doen baie mooi vir my. Al 'n paar takbokke, Springbokke, voëls en 'n eland koei geskiet met hulle en al waar ek kwaai vleis skade gekry het was waar ek 'n jong Springbok ram se albei bladbene getref het. Die ander bokke was almal met relatiewe min skade.
Groete Ben

toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Dalk was ek net gelukkig - my 243 skiet perfek met Sellier & Bellot 100G rak ammo.
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Glad nie gelukkig nie... Hy sal skiet.... Juis wat ek bedoel het met meer konvensionele koeël ontwerpe... Flatbase en 'n lekker lang bearing surface. Ekt gou 'n foto gaan soek en die S&B buiten vir sy ogief/punt pas daarby.toxicsox wrote:Dalk was ek net gelukkig - my 243 skiet perfek met Sellier & Bellot 100G rak ammo.
Die probleem kom by die lang slanke koeël met korter/minder bearing surface al weeg hulle se maar net 5 of 10grein meer...
Ek wil nie die draad ontspoor nie en sonder om soos Bryan Litz te probeer klink... MAAR koeël stabiliteit (alle ander faktore uitgelaat) in 'n gegewe twist kom neer op "Shape wat eintlik verwys na bearing surface" en nie net gewig alleen nie.
Die monos is 'n goeie voorbeeld hiervan maar dis 'n storie op sy eie.
Ons kom met baie weg wat Twist en Koeëls betref in sekere gevalle.... 10Tw Howa skiet 105 Amaxe baie mooi..... Nuwe skiet bestemming..... Chaos... Laer bo seevlak.
My 14tw 222 skiet die 55BT klawers in die Vrystaat
In Thabazimbi gaan hulle sywaarts deur die papier.
Dus het ek geleer bly maar weg van die Grensgevalle.
Ek praat alweer baie en sê eintlik min, cheers vir eers.
Groete
Frans
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
-
Vissie
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Ek kon nog nooit die sê-ding aanvaar nie.SakoTrippel2 wrote: Tue Sep 06, 2022 11:52 am
As dit by toegewyde Jag koeëls kom sê ek altyd mens moenie moan oor R20 'n punt as jy na 'n R2000 se bok skiet nie.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Daar is na my mening in die algemeen twee tipes jagters. Eerstens, die toevallige geleentheidsjagter. Hy probeer fabrieks ammunisie sommer stuk stuk koop as hy in die geweer winkel is.(Werklikke ondervinding) Hy stap in en koop die kleinste goedkoopste pakkie. PMP se afsterwe beinvloed hom die ergste. Hy gaan mos net 3 skote op die plaas skiet en dan een op die bok. Let wel, sy benadering tot drankverbruik verskil wesenlik van die metode hoe hy patrone gebruik.
Die tweede soort jagter is bietjie anders. Hy doen moeite. Lê laat aande wakker en dink oor watter koeël hy moet herlaai en so aan. Dan spandeer hy nou maar die ekstra geld op die beter koeëls. Maar dan lyk sy som so;
50 koeëls lading ontwikkeling. R1000 in die wal.
40 koeëls oefen en seker maak die geweer skiet reg. Nog R800 in die wal. Miskien 1 uit elke 20 koeëls raak aan ‘n bok. So premium koeëls kos verseker baie meer as R20 per bok.
Bietjie tong in die kies, maar dis rofweg my ondervinding. YMMV.
Ek is in dieselfde kamp as die OP. Was altyd eintlik half allergies vir die 243 oor sy beperkte looplewe en die doughnuts wat in sy nekke vorm. Gaan vanoggend myne vir die eerste keer vashou. Gaan hom aanwend as ‘n dan en wan jakkals geweer totdat my dogtertjie aan kan beweeg van die .22 af. My plan gaan wees om die 95gr SST’s te gebruik na ek Nathan Foster se artikel oor die kaliber gelees het op Ballistic Studies.
Groetnis,
Vissie
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Nou lekker gelag hieroor. 
Sent from my iPhone using Tapatalk

Sent from my iPhone using Tapatalk
- snakker
- Hero Member

- Posts: 1396
- Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Dit was briljant, Vissie 

Sent from my M2101K6G using Tapatalk

Sent from my M2101K6G using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Ditto, lekker geniet.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
So entjie na die maal maar my ervaring met 243 koele in ‘n 1:10 twist loop kom neer op 1) 87g V-Max.meer n papier as jagpunt maar goed vir plaagbeheer en kopskote; 2) 87g Berger VLD Hunting en 3) 85 g Hornady Interbond wat nogal goed werk in die jagveld as n egte bonded punt.
Ek gaan nog die 95g Classic Hunter van Berger probeer- net omdat dit n goeie bc het, vir die langer skote.
Groetnis.
Ek gaan nog die 95g Classic Hunter van Berger probeer- net omdat dit n goeie bc het, vir die langer skote.
Groetnis.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Die Uwe 87gr Vmax is sy R8.30 werd. 3269fps uit my Howa .243 en die Springbokke val. My Kinders skiet bokke agter die blad en die skade is minimaal. anderkant 450meter val hulle so bietjie uit die bus uit, maar op 350m skiet jy nog kopskote as jy jou kant bring.Dirkvh wrote: Tue Sep 06, 2022 12:02 pm 'n 87gr VMax en 'n 243 is battery en torch, gebou vir mekaar. Sukkel nie sommer met 'n lading nie en is 'n dodelike kop- en nek-skoot kombinasie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Die V-max is verseker nie n papier koeel nie en ook nie net vir kopskote en plaagbeheer nie.Skietstoel wrote: Mon Sep 12, 2022 7:56 pm So entjie na die maal maar my ervaring met 243 koele in ‘n 1:10 twist loop kom neer op 1) 87g V-Max.meer n papier as jagpunt maar goed vir plaagbeheer en kopskote; 2) 87g Berger VLD Hunting en 3) 85 g Hornady Interbond wat nogal goed werk in die jagveld as n egte bonded punt.
Ek gaan nog die 95g Classic Hunter van Berger probeer- net omdat dit n goeie bc het, vir die langer skote.
Groetnis.
Ek en almal wat met my geweer jag het al baie rooibokke, blesbokke, vlakvarke en SWB'ste geskiet met die V-max. Meeste was skote net agter die blad en die koeel werk uistekend, vleisskade is minimaal en baie min van die diere het verder as 20m gegaan.
Afstande het gewissel van 80m tot 450m.
- Hartskoot Hennie
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Tue Jun 21, 2011 8:28 am
Re: Howa 243 wat se grein punte vir jag???
Ek skiet 80gr Nosler Ballistic Tip Varmints uit my .243 AI teen 3358fps. Ek gebruik die geweer hoofsaaklik vir kopskote, maar ek het wel al 'n paar Springbokke en Blesbokke op die blad geskiet, en nog elke keer is die patroon dwarsdeur bok se blaaie - een kant in, en anderkant uit. Die afgelope naweek het my seun 'n Blesbok op 115m in die blad geskiet en die koeëltjie is ook dwarsdeur. Hy maak wel 'n groot gemors binne in die bok se borsholte, maar dis wel waarvoor die BTV ontwerp is - om skade te maak.
9mm Parabellum - Glock 26 Gen 4
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X
.243 Ackley Improved - Howa 1500
7x57mm Mauser - Musgrave K98
.375 H&H Mag - Winchester M70 Safari Express
.460 Weatherby Mag - DNWW CZ 550 Magnum
12 Gauge - Beretta Mod. S 686
70 lbs - Bowtech Realm X