Jag 2022 Seisoen
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Jag 2022 Seisoen
Ek kon darem my jag ook inwerk...
Ook maar so 'n onverwagte gelukkie... Seker so maand terug bel my pa en sê daar is 2 takbokke in die graan en ek gaan sommer direk na werk daarheen. Gewaar die een jong ram op die horison so 500m. Ry toe om en klim uit en bekruip kop op. Hoor toe hoe hulle voor my in die gras hardloop. Draf so ent vorentoe en hulle steek vas op so 60m. Ek bewe die eerste skoot raak en die ram val. Die ander een hardloop toe. Ek stap tot by die eerste een en sien die ander een steekvas op so 200m. Hy staan weg van my af en loer oor sy skouer terug. Ek lê aan en toe my kruis op sy nek is skiet ek en hy val.
Die bakkie kan nie in die gesaaides inkom nie so dit kos toe uit sleep. Ek het hulle seker so 6uur geskiet in die lig en eers na donker by die bakkie gekry.
Gisteraand kon ek ook my jong boet sy eerste bok laat skiet. Ons skiet tans glad nie meer Springbokke nie, omdat hulle te min is, maar daar het 'n jong ooitjie erg in 'n stuk doring draad vasgedraai geword. Ons gaan toe gisteraand en kry haar seker op so 60m. Beduie waar hy moet mik en die ooitjie het nog nie behoorlik stilgestaan nie, toe hoor ons net daai diep "doef" geluid. Perfekte skoot en die bok is dood voor sy die grond tref.
Lekker om so iets te deel saam iemand en om te sien hoeveel dit vir hom beteken.
Groete Ben

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Jag 2022 Seisoen
Mooi Ben, is dit al somer daar in jou wereld. Hier in die Vrystaat gaan jag n' man nog nie met n' kort mou hemp nieBenJacobs wrote: Sun Jul 24, 2022 7:17 pm Ek kon darem my jag ook inwerk...
Ook maar so 'n onverwagte gelukkie... Seker so maand terug bel my pa en sê daar is 2 takbokke in die graan en ek gaan sommer direk na werk daarheen. Gewaar die een jong ram op die horison so 500m. Ry toe om en klim uit en bekruip kop op. Hoor toe hoe hulle voor my in die gras hardloop. Draf so ent vorentoe en hulle steek vas op so 60m. Ek bewe die eerste skoot raak en die ram val. Die ander een hardloop toe. Ek stap tot by die eerste een en sien die ander een steekvas op so 200m. Hy staan weg van my af en loer oor sy skouer terug. Ek lê aan en toe my kruis op sy nek is skiet ek en hy val.
Die bakkie kan nie in die gesaaides inkom nie so dit kos toe uit sleep. Ek het hulle seker so 6uur geskiet in die lig en eers na donker by die bakkie gekry.
Gisteraand kon ek ook my jong boet sy eerste bok laat skiet. Ons skiet tans glad nie meer Springbokke nie, omdat hulle te min is, maar daar het 'n jong ooitjie erg in 'n stuk doring draad vasgedraai geword. Ons gaan toe gisteraand en kry haar seker op so 60m. Beduie waar hy moet mik en die ooitjie het nog nie behoorlik stilgestaan nie, toe hoor ons net daai diep "doef" geluid. Perfekte skoot en die bok is dood voor sy die grond tref.
Lekker om so iets te deel saam iemand en om te sien hoeveel dit vir hom beteken.
Groete Ben
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Jag 2022 Seisoen
Ons het ons laaste jag vir die jaar die naweek afgesluit. My baas wil graag meer begin jag, maar het nie sy eie gewere nie en besluit toe vandat ek vir hom werk, wil hy nou jaarliks 'n jag reël.
Ek begin toe reëlings tref. Die eerste 2 plase se dinge werk toe nie lekker uit nie. Lank gesoek en kry toe gelukkig 'n plaas in die Touwsrivier area. Ek en my broer werk beide vir die maatskappy so ek reël toe dat my pa en jonger broer ook saam gaan jag. So dis ek, my 2 broers, my pa, my baas en sy 2 seuns.
Ons ry Vrydag middag na ete en kom laat middag op die plaas aan. My gewere wat ek saam vat is my 243 gelaai met 75gr vmax wat teen so 3200vps hardloop en my 303 wat 150gr sp punte skiet. Op die spuiskaart vir die jag is 3 volstruise vir my en my broers, 2 Springbokke vir my baas sê seuns en 'n eland koei vir hom self.
Ons braai baie lekker die aand en die ph kom maak kennis en bespreek die jag. Bietjie van 'n misverstand tussen die eienaar se vrou (met wie ek alle reëlings getref het) en die bestuurder en PH, laat my met 'n rooi gesig, aangesien die plaas net met knaldemper laat skiet. My 243 is dus reg, maar die 303 is 'n probleem. Gelukkig het die ph sy 260 saam ons, wat daar is vir eland.
Volgende oggend is ons lekker vroeg op en sodra die son wys, is ons op die gong baan en almal skiet gou so paar skote. En toe is ons veld toe. Die boer sê vir ons daar is 'n paar mannetjie volstruise wat hom pla en ons moet hulle eerste probeer kry. Ons het seker so 20min gery toe kry ons die eerste een. Ek het so bietjie gesukkel met die eerste skote. Ek het vir een of ander rede te veel gelig vir die afstand en ek is bo-oor. Die voël hardloop dat hy bars en ons beweeg aan. Seker so 'n verdere 15min kry ons hom weer, waar hy saam 'n klompie ander staan. Die keer skiet ek hom op 260m en die skoot is weer net net hoog bo die longe deur. Hy gaan lê toe en ek beweeg nader tot so 120m en skiet hom in die kop. Eerste een is plat!
Voor ons die voël kan laai staan die ander mannetjie weer stil op 230m. My jonger broer beweeg agter die roer in en skiet die voël perfek in die hart. Hy draai so paar sekondes en val dan. Laai hulle op en beweeg aan na waar hulle dink die elande loop. Ons kry toe die elande, maar hulle is lekker wild. Hulle hardloop op so 520m en hulle is oor die kop. Ons beraam 'n plan en besluit om om te ry en dan die bakkie te los en hulle deur die rivier loop te bekruip vir 'n skoot. Ons ry toe om en net voor ons deur die eerste hek gaan staan die 3de volstruis mannetjie op 110m. My oudste broer beweeg in en skiet hom mooi egter die kop. Ons kom toe by die elande en sien hulle is al woelig op 600m. Ons bekruip hulle en beweeg stadig vir so 20min tot hulle op 240m is. My baas lê toe aan en skiet. Die skoot is laag en te ver voor en die koei wil spore maak. Die PH sê vinnig skiet weer en my baas kry haar nie lekker in die skoop nie en sê ek moet skiet. Ek weet 243 is nie die perfekte kaliber vir eland nie, maar daar was nie tyd vir gewere ruil of baie vrae nie. Sy draai direk na my en ek skiet reg van voor deur die nek en kry longe en hart. Die bloed spuit 'n mooi straal by die nek uit en sy val na so 20 sekondes. Ek is in my noppies, want ek voel dis my eerste eland. Ons stap toe nader en natuurlik staan die trop mos nou en kyk wat gaan aan. Daar was oor die 70 bokke om ons. Dit was werklik 'n belewenis vir my. Neem 'n mooi foto en laat weet die trekker waar die koei lê. Ons braai toe 'n lekker worsie in die veld, eet en nou is dit vir Springbokke soek.
Die res van die dag soek ons Springbokke wat 'n mooi skoot gee vir die seuns se eerste bokke. Kry niks onder 350m nie. Die boer is toe gaaf genoeg om te sê dat ons 1 swart rammetjie kan skiet in sy teel kamp. Ons kry toe die ram op so 120m en die seun skiet 'n perfekte hartskoot! Bok val en dit sluit die dag baie mooi af. Ons is vandag terug by die huis en sal verseker weer gaan. Dit was werklik 'n naweek om te onthou,

Hier is die eland koei
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jag 2022 Seisoen
Lekker Ben. Lyk asof die Vmax'e darem skiet waar jy mik en redelik doeltreffend is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Jag 2022 Seisoen
Oom Marius,
Hulle het my positief verbaas met daai eland en ek moet sê hulle vleis skade is onder verwag. Ek het nou meer vertroue in my geweer en lading as ooit.

Umshwati Boy
- Sr. Member

- Posts: 342
- Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am
Re: Jag 2022 Seisoen
Kudu Bull in Dundee
Blaser R93 300 Win Mag
Barnes TSX 180gr
Blaser R93 300 Win Mag
Barnes TSX 180gr
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Jag 2022 Seisoen
Netjies jong Dame!tau wrote:Was vir so twee weke plaastoe.
Lekker gewerk en gejag.
My klong het eers ‘n rondloper ram geklits.
Ek het die bul 6 Julie gesien en besluit as ek hom 16 Julie raak ry moet hy bakkie ry. Nuwe watergat se laaste krane loop insit en toe draai gaan ry waar ek hom nou so paar keer gesien het.
Ek hou van afhoring en krom horing bokke. Ek kry sleg bokkoors as ek so iets sien.
Waterbokke, roans , sable en gemsbokke maak ander bulle sleg seer met so een horing of een kort en een lank is ek geleer deur my leermeester as jong veldwagter/ wildsplaas bestuurder.
Hy het baie naby kom stil staan op 380 meter en ek kon hom platrek. Ek en my seun moes hom toe alleen laai en slag.
Kon Woensdag by mede Jaracaller Louis so paar bokke gaan skiet. Hy het my gesê om op 350m te zero… hy het nie gejok nie.
My kinders en vrou moes eintlik jag, maar die afstande was bietjie te vêr.
My klong kon darem ‘n jong ram platrek met ‘n monster skoot.
Louis het tyd in sy besige skedule vir ons die oggend afgeknip so ek het maar die 7mm uitgehaal om teen lunch ons bokke te kry.
Louis het besonderse bokke en ek is bitter bevooreg om toe die drie ramme raak te bewe.
Die skoot ingebewe!!! My confidence helemal te hoog gedruk en toe moes ek weet….
Ek en afhoring en eenhoring diere. Hy wou op 421m nie sy kop draai nie, toe piets ek hom hoog ribbes met die 7mm wat dan net gaaitjies in die ribbes maak. Was bang hy kom weg. Daai horing is al bitter lank af. Die 175gr ELDX laat hom soos kopskoot val.
Naaste skoot van die dag op 380 meter en ek trek hom soos ‘n ou wat nog net op Playstation gejag het. Gelukkig red die 7mm my en die vleiskade is minimaal.
Was bevooreg om so paar bokke te oes vir ‘n freerange vleisie. Alles helemal te vêr na my smaak, maar jy moet maar jou kanse vat.
Volgende dag terug by ons eie plaas.
Toe is dit my jongste se beurt. Ek en sy het so halwe uitval gehad oor ek nie wil hê sy moet sulke wilde afstande skiet nie. Ek skiet ook nie elke skoot presies waar ek mik nie. En wou nie dat sy haar eerste bok kwes nie.
Oppad terug huistoe nadat ons mooi bokke gekry het en ek seker 5 keer nee sê kry ek so cheaky 10 jarige chirp toe daar 1 km vanaf die huis ‘n mooi ram oor die pad draf. Ek stop en skreeu vir haar en my klong nou skiet die bok. Ek sien dadelik dit is wyd en sy gaan te laag skiet.
“Poppie hy staan op 390m vat op sy rug. Met die eerste streep” my klong
“ ek weet waar om te mil bly stil” my pink pop
Ek wou nog sê julle skiet nie….
Tjoep ……. Dup.
“ hy is plat pappa ek het hom in die hart geskiet.”
Ek klim uit en trap uit. Eintlik vir myself ook.
Ek sê nou loop daar ‘n kwesbok rond en dit was nou onnodig. Half skaamkwaad vir myself dat ek enigsins vir haar die kans gegee het om te skiet.
Ek ry sommer om kwesbok te begin soek… kwaad, skaamkwaad.
“Pappa ry verby my bok.” Pink pop
“ julle droom “ skaamkwaad pappa
“Pappa draai om” semi Sniper Pop…..
Manne daar lê ‘n Springbok ram met die mooiste hartskoot.
Kyk 10 jarige confidence het nuwe hoogtes bereik.
Ek moes nie die skoot toegelaat het nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Jag 2022 Seisoen

So laaste jag vir die jaar ingewerk!
Wildebees koei so op 90tree mooi in die kuiltjie geskiet, nie my gunsteling skoot op ‘n blouwillie nie maar dit het goed uitgewerk.
Sebra het my ‘n paar koppies laat klim en redelik drafwerk gevat om in ‘n goeie posisie te kom.
Skoot skuins agter blad in en voor ander blad uit. Net so 40tree gegaan voor hy geval het!
Die 286gr Norma Oryxe voor Norma 203B @ omtrent 2300fps werk vir my briljant.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
J.A.N
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Wed Apr 15, 2020 8:38 pm
Re: Jag 2022 Seisoen
Hier is ñ paar foto's van ons jag die jaar in die Vrystaat.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Beretta 9mm
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
-
J.A.N
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Wed Apr 15, 2020 8:38 pm
Re: Jag 2022 Seisoen
Nog foto's.

Die laaste dag se foto's.