Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
As jy sportskut status het kan jy laat die vereeniging waaraan jy behoort vir jou die wapen endosseer om te se jy gaan dit vir sportskut dissiplines gebruik, heg dan die sertifikaat aan by jou aansoek. Vir toegewyde status kan jy noem dat jy gereeld voels jag en fotos daarvan aanheg, jy kan ook noem dat jy altyd iemand anders se geweer onder toesig moet gebruik wat dit moeilik maak aangesien jy nooit op jou eie kan gaan skiet nie.
Heg dan ook spesifieke motivering aan oor die wapen wat jy koop, wat maak dit so uniek en hoekom sal dit vir jou werk, hier kan jy fotos van die wapen aanheg en uitwei oor spesifieke kenmerke van die wapen.
Sluit dan ook fotos van jou kluis in sowel as fotos van vorige jagtogte en enige erkennings wat jy al vir skiet prestasies ontvang het.
Die beginsel is die manne wat moet goed of afkeur het net die inligting op papier waarop hulle kan werk, as hulle min inligitng het is jou kanse skraal, as jy hulle van genoeg inligting verskaf oor jouself, jou stokperdjie ens ens dan maak dit vir hulle makliker om 'n besluit te neem om dit goed te keur. Gebruik google en wikipedia, baie inligting daar beskikbaar oor kleiduif skiet en voeljag en die verskillende dissiplines rondom dit.