Water dromme

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Water dromme

Post by Cobus(Cobb) »

Naand almal.

Ek wil bietjie vir my eie pret en onspanning, gaan kyk hoe sekere punte oopmaak(mushroom)..oor 100, 200 en 300 m.

Ek dink aan plastiek dromme, 25liter, vol water.....
Sal dit werk? Wat sal die minimum afstand wees voordat punte regdeur skiet?
My spoed is so kort onder 2600ft/sek....308 kaliber

Watter ander goeie manier, behalwe vir water in dromme, kan julle aanbeveel??

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: Water dromme

Post by HUNTER »

'n Paar ou dik telefoonboeke wat jy nat gemaak het en agter mekaar plaas. 'n meer realistiese toets.

Groete

Hunter
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Water dromme

Post by G-force »

Wat van n trop elande?Blad skote.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Water dromme

Post by Cobus(Cobb) »

G force,,

Klink goed ou maat, waarnatoe stuur ek jou rekening??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
300Winmag

Re: Water dromme

Post by 300Winmag »

Ek het heel lekker met nat telefoon boeke reg gekom - los hulle deur nag in water en trap
dan die volgende oggend al die ekstra water uit. So kry ek 'n toets middel wat elke keer die selfde
is. Draai toe in swartsak en pak mooi in 'n boks. Die bokse waarin reams papier kom (soos Mondi) werk lekker.

Hier is 'n foto van 2 x 6.5mm 140gr Speer Hot-Cor koeels. Ek het 'n rooibok met die regterkantste een skuins van
agter geskiet en die koeel was onder die vel voor op die knop van die oorkanste been - hy het so 15 tree gegee en om
gedop. Die linker kantste een het ek 5 boeke agter mekaar geskiet - hulle het nie geroer na die skoot nie en net daar bly l?.

[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... ne2068.jpg[/img]
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Water dromme

Post by BLOK »

Morsdood ;D ;D ;D

Biltong en droewors gemaak? ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Water dromme

Post by G-force »

cobb wrote: G force,,

Klink goed ou maat, waarnatoe stuur ek jou rekening??
Stuur na G-force@Elandgeskietpleksvanwaterdromtoets.co.za

Moenie die biltong vergeet nie. ;D
Last edited by G-force on Fri Aug 26, 2011 8:13 am, edited 1 time in total.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Water dromme

Post by erx »

300WinMag

Op watse afstand was die wetpack?

Groete
erx
300Winmag

Re: Water dromme

Post by 300Winmag »

Blok - ek het dit maar weg gegooi - daar was te veel ink skade  ;D

ERX  = ek skiet hulle so op 25 meter. Ek skiet ook nie meer as 2 skote op n boks
nie sodat die een se "wond kanaal" nie die ander een se performance beinvloed nie.

Gewone cup-en core kry jy so in 5 boeke gestop maar die premium draf daar deur.
Dan moet jy maar so paar ekstra sit en dan paar wat droog is. Ek sal nog die GMX
hier deur skiet en kyk wat se skade maak die boeke aan hom. Dalk sommer Nosler
e-tip ook skiet en die 2 vergelyk. Hoeveel boeke hulle penetreer en dan wat die gewig
retensie is.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Water dromme

Post by Gerhard »

Klink goed ou maat, waarnatoe stuur ek jou rekening??
[/quote]
Stuur na G-force@Elandgeskietpleksvanwaterdromtoets.co.za

[/quote]

Baie skerp!!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Gerard

Re: Water dromme

Post by Gerard »

Water is meer konstant as 'n stop medium as nat papier en maak vergelyking meer haalbaar.  As die nat papier met slegs 10% verskil, van vergelyking tot vergelyking, maak dit vergelyking nutteloos.  Water bly dieselfde of dit nou in Texas, Groenland of in die Karoo gebruik word.

25l Plastiek kanne is duur.  Gebruik 5l olie houers.  Op 100m, stop 11 in 'n ry 'n 225gr mono uit 'n 338 win Mag uit.  As jy dit gereeld gaan doen, bou dan 'n raamwerk met afskortings uit 25mm hoekyster en gebruik plastieksakke.  1.4m lengte stop enigiets behalwe die heel vinnige soliede koeels.

Terwyl jy besig is, toets sommer hoe die punte van plastiekpunt koeels oopmaak, met en sonder die plastiekpunt.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Water dromme

Post by Cobus(Cobb) »

Gerhard,GForce.......julle vat my hond...n?..

Gerard....vertel my meer oor die plastieksak setup van jou.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Gerard

Re: Water dromme

Post by Gerard »

Ek het heelwat van die goed gebou met die tyd.  Eers hout gebruik en toe plaatyster.  Niks het te lank gehou met die hoeveelheid skietwerk wat die strukture moes deurstaan nie.  Die laaste paar is van hoekyster gemaak, net breed genoeg om 5l oliekanne wat bree kant teen mekaar staan, te hou.  Die totale lengte is 1.8m in twee dele van 900mm elk.  Vir die kleiner kalibers is net een deel nodig terwyl die twee dele, agtermekaar ingehak, net omtrent alles sal stop.

Die vloer van elke deel bestaan uit "expanded mesh" waarvan die gat ongeveer 1cmx2cm is.  Bou elke deel met vertikale hoekyster versterkings 300mm uitmekaar en met skuins konneksies van hoek tot hoek.  Wanneer mens nie oliekanne kan kry nie en plastieksakke gebruik, verhoed dit dat die sakke langs die kante uitval (vier sakke per 900mm lengte).  Gebruik dun "masonite" om die voor en agterkante toe te maak en "parcel tape" om alles bymekaar te hou vir die skoot.  Ek het 'n treiler skietbaan toe gesleep met 20l kanne met water om die monster se dors te les.  Met plastieksakke en twee dele het dit 90l water gevat om vol te maak vir 'n 375 of 338.

Ek het probeer bene bou vir die goed maar die bene het altyd eerste gebreek.  Die laastes het ek net op ou buitebande neergesit, maksimum drie hoog anders sal die gewig van die water hulle begin plat druk.  Stewige bene wat in pype pas wat ordentelik vasgesweis is sal seker beter werk.
300Winmag

Re: Water dromme

Post by 300Winmag »

Gerard wrote: As die nat papier met slegs 10% verskil, van vergelyking tot vergelyking, maak dit vergelyking nutteloos. 
As ek 2 koeels met mekaar wil vergelyk skiet ek hulle in die selfde pak so die verskil is so klein dat dit nie vir my
'n verskil maak nie ... ;)
As ek die koeels uit die nat papier met die kooels uit my bokke vergelyk stem hulle so soveel ooreen dat die papier goed
genoeg vir my as toets medium is.
Gerard wrote: Terwyl jy besig is, toets sommer hoe die punte van plastiekpunt koeels oopmaak, met en sonder die plastiekpunt.
Nee wat, die slim manne met onbeperkte budgets by Hornady, Barnes, Nosler en Lapua het dit klaar vir my gedoen .
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Water dromme

Post by erx »

300 WinMag

Goed gestel ;) :angel: ;D

Groete
erx
Gerard

Re: Water dromme

Post by Gerard »

Nee wat, die slim manne met onbeperkte budgets by Hornady, Barnes, Nosler en Lapua het dit klaar vir my gedoen
  En wat vertel hulle vir jou?  "The plastic tip initiates expansion."  Glo jy sulke snert? 

As 'n 10% verskil vir jou klein is, dan kan ons mos vir al die munisipale werkers 10% van ons inkomste gee.  Wie sal dan nou so 'n klein verskil oplet?  Sal dit saak maak of ek 52gr S355 in my 30-06 laai agter 'n 150gr koeel of 57gr?  Dit is nie eers 10% meer nie.  As jy koeels koop en daar is 100 in die pakkie, gee 10 vir die winkel terug, jy sal nie 10% mis nie.  Nog beter, vra vir hulle om vir jou 110 te gee vir die prys van 100.  Hulle sal nie 10% verskil agterkom nie.
300Winmag

Re: Water dromme

Post by 300Winmag »

Gerard wrote:
Nee wat, die slim manne met onbeperkte budgets by Hornady, Barnes, Nosler en Lapua het dit klaar vir my gedoen
  En wat vertel hulle vir jou?  "The plastic tip initiates expansion."  Glo jy sulke snert?   
Ja - en dan lyk die punte nog mooi ook!  ;)
Gerard wrote: As 'n 10% verskil vir jou klein is.
Lees stadig wat ek geskryf het, ek dink jy het die punt wat ek gemaak het mooi verstaan nie, ek het nooit 
ges? 10% is klein nie. As ek die toets doen is daar baie minder as 10% verskil nie want ek gebruik die selfde pak vir beide koeels.

Maar jy hoef regtig nie oor te slaan na papier toe nie, of te glo dat die plastiek punte help om 'n egalige omklink
te begin nie, ek probeer jou nie oortuig nie.
Dis ek hier - nie jy nie. My ladings (wel Dok en Wouter se ladings), koeels en doppe met my 90% van my salaris gekoop. Dis my stokperdjie wat ek geniet
en wat vir my werk - hoekom word jy so opgewerk daaroor. 
Gerard

Re: Water dromme

Post by Gerard »

Dis nie opgewerk nie.  Jy sal opgewerk herken wanneer ek opgewerk raak.  ;D

Ek wys uit dat mens nie alles moet glo wat advertensie afdelings skryf nie en, as jy die toets self sou doen, sal jy sien dat enigiets wat in 'n hol punt geplaas word, uitsetting van die koeel verminder.  Maar, as jy liewers ander se advertensiemateriaal wil glo, is dit goed so.  Mens kan swaartekrag ignoreer maar swaartekrag sal nie ophou bestaan nie.

As jy nie wil aanvaar dat vergelyking van dag tot dag of van streek tot streek met water meer konstant is nie, is dit jou keuse.  As papier vir jou werk is dit goed so.  Elke ou speel met wat hy wil.  Ek wys net op die punt dat mens nie kan s? dat een koeel meer gewig behou as 'n ander, of sus of so reageer as die medium nie konstant is nie.  Die oomblik wat jy die eerste skoot op 'n wetpack skiet, is die medium nie meer konstant nie.  Wetpack is speel en water is geloofwaardig.
300Winmag

Re: Water dromme

Post by 300Winmag »

What ever.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Water dromme

Post by Raven »

Plastic tips initiates expansion - Snert, ek glo nie dit is waar nie.
Plastic tips assist with better/higher BC- dit kan dalk waar wees.
Plastic tips does not deform in magazine - dit kan ook waar wees.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Post Reply