Einde laas jaar het ek vir my verjaarsdag 'n Tikka T3 gekry in .223. Die idee is dat ek met die .223 skiet wanneer ek verveeld is. Sodoende skiet ek nie my kompetisie geweer se loop weg nie. Die geweertjie se loop is net onder 24" met die 1-8 draai. Ek het ook die Helix 4-16x44 van Element Optics gekoop om daarmee saam te gaan. Met die inskiet en teleskoop zero het ek 'n boksie Winchester 62gr gekoop. Dir groepering was maar baie sleg.
Om mee te begin het ek lading ontwikkel vir die 75gr ELD-M met S341 in nuwe Lapua doppies. Die kruit is nou nie idiaal nie, maar ek spaar my S335 vir my teiken geweer. Wat die 75gr so goed maak vir my is dat dit naastenby dieselfde BC het as die 155.5gr Berger Fullbore koeëls wat ons in Bisley kompetisies skiet. Spoed van 2880 het beste gewerk. Groepering was nou nie wat wonders nie. So 1/2" op 100m maar darem goed genoeg todat ek al my doppies gevorm het.
Al waarvan ek nie hou van die geweer nie is dat die ejector veroorsaak dat die nekke bietjie platslaan teen die aksie wanneer jy die slot oopmaak.
Net weereens dankie sê aan Geno. Daardie "bobsled" PIF het gekom asof dit gestuur was. Ek sou kon die langer patrone kon geskiet het met die normale magesyn, maar dit sou gesukkel het.
'n Vriend van my het 'n 900m skietbaan met 'n elektroniese teiken. Daar het ek nou die eerste keer kans gehad om vêr te skiet. Ballistiese berekeninge dui daarop dat die koeëltjies darem nog so 1200fps sal wees by 900m op seevlak met 'n elevasie van 33 moa bo my 100m zero. Die spoed is belangrik want die koeëls moet nog supersonies wees sodat die teiken dit kan optel.
Ek is so gewoond dat die BC wat op die boksie staan gewoonlik bietjie hoër is as werklikheid en stel toe 35 moa op. Eerste skoot was to amper bo-oor die teiken. Moes 4 moa afkom na die middel van die teiken. En geëindig met 31 moa. Snaaks genoeg is dit dieselfde as met my .308 teiken geweer.
Van daar het ons die meeste skote in die 2 moa kol gehou. Van die 50 skote wat ons geskiet het, was om en by 40 in die kol. Twee dinge geleer; ek moet beter wind leer lees en sal definitief 'n "mirage band" moet aanskaf. Groot gedeelte van skote wat uit die kol was, was as gevolg van deur die loop-mirage te skiet. Gewoonlik by die 12 skoot van die string.
Ek moet bieg dat die geweertjie het my nogal beïndruk. Ek het nie gedink dat 'n geweer van die rak af sou so kon skiet nie. En die ELD-M's het nogal nie sleg gedoen nie. Die teleskoop is ook nogal helder, selfs op 16 vergroting. Net om by te sê, ek het nie veel ondervinding om met teleskoop te skiet nie, maar ek kon die lyntjies en nommers goed sien op die teiken 900m weg. En dit stel ook presies.
.223 Rem Tikka T3x Supervarmint
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: .223 Rem Tikka T3x Supervarmint
Hoekom laai jy nie met S321 nie?
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: .223 Rem Tikka T3x Supervarmint
Ek het S341. Ek het nie S321 nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .223 Rem Tikka T3x Supervarmint
Koop Riflex RFL.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Ritchie
- Sr. Member

- Posts: 444
- Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm
Re: .223 Rem Tikka T3x Supervarmint
Ek het presies dieselfde geweer en hy is verseker my gunsteling roer in my kluis. Skiet ook tot 900m met hom in die PRS kompetiesie. Nie n dag spyt oor my kopie nie.
Ek skiet wel die 73gr ELDM met 24.8gr VV540. Spoed is 2980 en is wel aan die hoe kant van die druk kurwe maar hy skiet ongelooflik mooi daar.
Geniet hom!
Ek skiet wel die 73gr ELDM met 24.8gr VV540. Spoed is 2980 en is wel aan die hoe kant van die druk kurwe maar hy skiet ongelooflik mooi daar.
Geniet hom!
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
Biskruit Ontbrandings Koors!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: .223 Rem Tikka T3x Supervarmint
Ek sou nie na 'n vinniger kruit oorskakel nie. Daai koeëls werk baie goed met 'n kruit in die S341/Varget/N540 brandspoed area.
Hoor by Geno of hy nie weer van daai Waters Rifleman magasyne wil inbring nie? Hulle werk met 'n TPL van tot 65mm .
Hoor by Geno of hy nie weer van daai Waters Rifleman magasyne wil inbring nie? Hulle werk met 'n TPL van tot 65mm .