Water bottel inni veld

Post Reply
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Water bottel inni veld

Post by JohanvB »

Watse maak water bottel gebruik jy inni veld, en wat doen jy om daai nare smaak uit die bottel te kry??

Dankie
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1881
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by Rudi Fischer »

Ek gebruik n Militere Camelbak.
Sy bladder hou nie smaak nie.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by Klein Karoo »

Ou army bottel, ruil water gereeld as jy dit stoor.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Water bottel inni veld

Post by Toxxyc »

Ek vat maar die waterbottel wat die naaste in die kas staan. Almal is BPA-vrye plastiek en hou nie smaak nie. Ek vat meestal nie net water nie, ek moet eerlik wees, ek is lief daarvoor om 'n flou Energade of iets aan te maak en saam te vat.

Na gebruik kry my bottels almal louwarm water tot heelbo, en dan so teelepeltjie vol natrium perkarbonaat (sodium percarbonate). Dis 'n voedselgraad skoonmaker en bleikmiddel wat in water afbreek tot in waterstofperoksied. Die waterstofperoksied, soos mense seker maar weet, is 'n bitter sterk steriliseermiddel, verwyder alle kleure en reuke en maak bitter mooi skoon orals waar dit bykom. Volgende oggend spoel ek hom net met gewone water uit, laat hom droogword en stoor vir volgende keer.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Water bottel inni veld

Post by J le Roux »

Ek gebruik 'n Camelback. Ek hou nie van die glug glug wat 'n waterbottel maak nie.

Daar was n ruk lank sulke water sakkies op die mark soos hieronder. Wat lekker werk is dat jy die lug kan uitdruk en die proppie toe maak, dan raas niks en dit spaar spasie.

Screenshot_20220707-174516_Chrome_compress56.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Water bottel inni veld

Post by Joe13 »

Ek gebruik ook so ou tipe plastiese water bottel wat aan my belt vasmaak, water smaak reg. Ek wil wel verander na n Camelbak.
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by Jaco vdW »

Ek gebruik ook n Camelbak met n 2li sak vir die afgelope 14 jaar. Water bly koel, en het geen snaakse smaak nie. Dis n lekker klein sakkie, so pla nie juis om te dra nie, en jy kan nie te veel nonsense in laai nie!
Daar is wel genoeg plek vir padkos, ekstra mes en ammo, en hy het ook plek buite om jou trui of ligte baadjie vas te maak as die dag warm raak.
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by Maroelas »

Ek het 'n 3 liter bladder by The Quartermaster gekoop laasjaar. Hy werk goed vir my sover.

Ek gaan Toxxyc se metode probeer om hom skoon te maak, het tot dusver net skottelgoed seep gebruik en dan baie lank uutgespoel
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Water bottel inni veld

Post by Toxxyc »

Maroelas wrote: Fri Jul 08, 2022 10:30 am Ek het 'n 3 liter bladder by The Quartermaster gekoop laasjaar. Hy werk goed vir my sover.

Ek gaan Toxxyc se metode probeer om hom skoon te maak, het tot dusver net skottelgoed seep gebruik en dan baie lank uutgespoel
Jy's welkom. Jy sal die goed orals sien onder verskillende name - powdered brewery cleaner of oxiclean of watookal. Baie plekke herverpak dit en verkoop dit teen massiewe pryse, maar ek koop groter maat by 'n chemical shop. Ek gebruik die goed orals - kastrolle wat vasbrand, bottels/kegs skoonmaak in my brouery-hobby, selfs klere wat vlekke het maak lekker skoon daarmee. Vuil skoene ook. Dis presies dieselfde as Vanish Power O2 poeier ook - jy hoef net nie R400 per kg te betaal nie.

Ek moet bietjie weer die plek bel wat my verskaf en hoor of die tekort landswyd nou bietjie opgelos is. Ek het laas iets soos R30 per kg poeier betaal en dit hou lank.

Lekker ding is dis veilig om te gebruik op potte en panne - selfs stainless steel, want chloor-basis bleikmiddels (soos Jik en Domestos) kan SS vreet. Hierdie goed doen nie. Dis nogals 'n lekker produk om byderhand te hê.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Water bottel inni veld

Post by James Wilson »

Het al die jare met my army waterbottel gejag. Het eenkeer vir vadersdag n Camelback gekry. nie veel van dit gedink nie. net een keer gebruik en nooit weer my waterbottel daarna gebruik nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Water bottel inni veld

Post by wynis »

Ek gebruik al 10 jaar lank Camelbak en sal nie terug gaan na ‘n water bottel nie. 3liter weergawe en jy kan ook ys blokkies insit vir daardie warm winter dae.
Alles van Nartjies, kos, spaar ammunisie, hand skoene en ekstra kleding gaan in die sak in.
Dis ‘n duur uitgawe maar behoort baie lank te hou!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Water bottel inni veld

Post by wynis »

P.s ek maak ‘n klein drie been opvou sitplek aan sak vas vir wanneer ‘n ruskans aanbreek onder ‘n koelte boom.




Sent from my iPhone using Tapatalk
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 312
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by Zuku »

Sniper Camelpack wat n klein 10 l rugsak ook is
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by Cobus(Cobb) »

Ook so bladder sak...dink hy vat 2liter....maar hou hou 'n smaak so wil hom ook met daai natrium perkarbonaat (sodium percarbonate) bietjie uitspoel.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by Diesel Dog »

As jy eers die smaak van die wyn gewoond geraak het werk die papsak goed :laugh:

[img]http://drinksfeed.com/wp-content/blogs. ... papsak.jpg[/img]

DD
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by JohanvB »

Jou grapgat!!!
Joe13
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am

Re: Water bottel inni veld

Post by Joe13 »

Pos skakels na die camelbaks wat julle manne gebruik/sal voorstel?
Johann...

Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by tripodmvr »

'n Paar nartjies, boksie vrugtesap of lemoene is genoeg vir my om in die bosveld 'n oggend of middag jag te onderneem. Minder gewig om te karwei.

Die rugsak of 'n stoelrugsak is egter handig om al die los dinge soos radios, witgoud en ander items te dra. Doen dit die laaste jare. Het ook 'n "bladder" gekoop, maar hom nog nooit gebruik nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5028
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Water bottel inni veld

Post by Frederik »

Mr Price sport het ook bladders te koop en hulle werk goed en as jy die bladder wil ruil is dit maar R200 om en by.
Nog nie nodig gehad om een te ruil nie gebruik die 1.5 liter bladder nou al 5 jaar.

So op 'n budget koop ek lekker rugsak sonder brand en die bladder by Mr Price en R500 later lekker setup.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Water bottel inni veld

Post by JohanvB »

Dankie was in by Mr Price Sport, 2liter bladder, R129.
Post Reply