Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post Reply
RaptorSS
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Tue Oct 11, 2016 5:30 pm

Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by RaptorSS »

Goeie middag manne,

Ek is op die uitkyk vir n teleskoop vir my AR en ek hou nogals van die Primary Arms teleskope en die ACSS kruishaar. Nadat ek bietjie ge-Google het is die enigste plek wat die teleskope verkoop n Maatskapy met die naam Downrange Distributors, webtuiste https://drdistributors.co.za.

Volgens die webtuiste is hulle die enigste verspreiders van PA in Suid Afrika.

Het enige iemand enige ervaring met die maatskapy en al iets deur hulle gekoop? Ek wil regtig nie n kans vat as ek nie weet die manne is legit nie. Geld groei mos nie aan bome nie en 2019 was n lang jaar!

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by tripodmvr »

Raptor, ek het na hul webtuiste gaan kyk. As jy nie eers verseker dat Welkom reg gespel is nie, dan begin my twyfel dadelik. Het jy al gekyk op Amazon? Ek het nou die dag deur hulle gekoop en item word binne 'n week afgelewer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by Toxxyc »

Teleskope is op die ITAR lys. Moeilik om in te voer. Ek is nie seker of Amazon dit gaan toelaat nie. ImportItAll het die scopes op hulle lys teen goeie pryse, maar hulle haal dit af as jy 'n bestelling plaas.
RaptorSS
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Tue Oct 11, 2016 5:30 pm

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by RaptorSS »

Net so Toxxyc, het dieselfde ervaar met WantItAll. En Tripod, ek het dieselfde bekommernisse en het ook die spelfout gesien... Ek het nog nie Amazon probeer nie maar is bietjie versigtig om n kans te vat met n duur item vir die redes wat Toxxyc genoem het. Ek het dieselfde vraag op Gunsite gevra en een van die lede mag moontlik volgende week in die winkel se omgewing wees en sal probeer om daar n draai te maak. Het dit net goed gedink om die vraag hier ook te vra om my net so wyd moontlik te gooi. Ek hou regtig van die PA teleskope se waarde vir geld so kyk maar na al my opsies!

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by Toxxyc »

Amazon is heeltemal bewus van die ITAR restrictions, so ek dink nie eers jy gaan kan betaal vir hom as jy hom SA toe wil ship nie. Jy kan dalk kyk na iets soos Aramex Global Shopper, of iemand aan daardie kant wat hom as 'n "gift" kan stuur of saamvat SA toe? Dis tegnies onwetting, maar net aan die VSA se kant.
RaptorSS
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Tue Oct 11, 2016 5:30 pm

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by RaptorSS »

Met al die fokus op ITAR issues op die oomblik wil ek liewer nie n kans vat met so iets nie. Ek het darem nie die teleskoop dringend nodig nie so die plan is om maar bietjie kans te gee en te kyk wat word van die moontlike besoek van die ander forum lid aan die winkel.

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by tripodmvr »

Amazon vra uitdruklik of dit hier na ons verskeep gaan word en sal jou dan inlig wat hul beperkinge is. Ek sien dat sodra ek Amazon oopmaak my adres reeds vertoon a.g.v. my registrasie by hulle.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
RaptorSS
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Tue Oct 11, 2016 5:30 pm

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by RaptorSS »

Ek sal bietjie kyk of ek dit kan doen en terugvoer gee.

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

RaptorSS
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Tue Oct 11, 2016 5:30 pm

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by RaptorSS »

Lyk my nie of Amazon n opsie is nie. Ek het met verskeie teleskope probeer en bly die boodskap kry: Currently, there are no sellers that can deliver this item to your location. Dinge soos throwlevers lyk asof dit na ons verskeep kan word, maar selfs red dot sight mounts gee dieselfde boodskap.

Sent from my SM-A705FN using Tapatalk

Brrratatat
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Jul 11, 2022 11:31 am

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by Brrratatat »

Hi manne,

Ek stel belang in van die Primary Arms teleskope. Het enige van julle toe uitgevind of die Downrange Distributor maatskappy "legit" is?

Het enigeiemand enige ervaring met hulle?

Dankie byvoorbaat.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by Toxxyc »

Ek het lank gekyk na Primary Arms hier in Suid Afrika maar kon nie inligting kry wat my gelukkig maak nie, so ek het nooit geld spandeer nie.
Brrratatat
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Mon Jul 11, 2022 11:31 am

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by Brrratatat »

Dankie Toxxyc.

Ek bevind myself nou in dieselfde bootjie. Bitter min inligting daar buite oor hulle.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Enige Ervaring met Downrange Distributors vir Primary Arms teleskope?

Post by Toxxyc »

Ja ek het net gedink ek kan nie die geld waag op iets soos dit nie. Welkom is nie baie groot nie maar dalk is daar wel iemand wat sal gaan kyk of die manne bestaan (en of ek aan die regte plek dink).
Post Reply