THERMAL TEIKEN EN ZERO
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
THERMAL TEIKEN EN ZERO
Die gebruik van thermal teleskope is nou redelik algemeen.
Mag interressant wees om te verneem wat se verskeidenheid teikens ( veral tuisgemaak ) vir zero gebruik word en of jagters 'n verskil vind in zero met daglig of met donker.
Mag interressant wees om te verneem wat se verskeidenheid teikens ( veral tuisgemaak ) vir zero gebruik word en of jagters 'n verskil vind in zero met daglig of met donker.
- nicolvisagie
- Full Member

- Posts: 105
- Joined: Sun Oct 01, 2017 12:58 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
N stukkie tin foil en swart insulation tape doen gewoonlik die ding vir my. Maar al gewonder of daar nie iemand is wat teikens verkoop wat “thermal ready” is nie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
I'm always pursuing the next dream, hunting for the next truth.-Stanley Kramer
SAKO TRG 22 (.308)
HOWA 1500 HOGUE Varmint (.243AI)
SAKO TRG 22 (.308)
HOWA 1500 HOGUE Varmint (.243AI)
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Ek het aluminium tape gekoop by builders. Sit so stukkie op gewone teiken en hy staan uit soos 'n puisie op 'n voorkop
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Klaar teikens is natuurlik te koop maar die goed is buitensporig duur
Daar moet boeremaniere wees wat net so goed werk.
Dankie Malan en Nicol vir deel.
Daar moet boeremaniere wees wat net so goed werk.
Dankie Malan en Nicol vir deel.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Al gewonder as jy ‘n sigaret opsteek en dan teen jou teiken vasplak
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Met deesdae se sigarette gaan jy baie vinnig moet skiet. Hulle vrek as jy nie vinnig genoeg 'n trek vat nie.Apie wrote:Al gewonder as jy ‘n sigaret opsteek en dan teen jou teiken vasplak
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek volunteer ook nie om daar te staan en tussen skote 'n trek te vat nie

Sent from my BV9900E using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13571
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Ek light n sigaret wat ek deur n 8-10mm gaaitjie in n corrugated bord sit. Werk soos n bom. Gegewe ek zero op 50m vir bosvarke.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Ek plak ook net twee repe aluminium foelie in 'n kruis op 'n stuk karton en dit werk baie goed. Die teiken moet net effens skuins na bo geplaas werk vir die beste effek. Speel ook maar bietjie met die kleurpalette, vir my werk Black Hot die beste vir die identifisering van die teiken.
Ek zero my geweer in die dag en hy skiet op dieselfde plek in die nag.
Ek zero my geweer in die dag en hy skiet op dieselfde plek in die nag.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Baie dankie vir insette. Ek dink daar is waardering daarvoor.
As ek kyk na die aantal viewers dan is daar wesenlike belangstelling in insette -- dus seker ook onbeantwoorde vrae.
BV.
Watter afstand word fisies geskiet vir zero ?
Kan jy jou skoot sien of hoe merk jy jou skoot vir zero stelling?
Watter skyf agtergrond gebruik jy. -- BV. gewone karton bruin as jy foelie gebruik.
As ek kyk na die aantal viewers dan is daar wesenlike belangstelling in insette -- dus seker ook onbeantwoorde vrae.
BV.
Watter afstand word fisies geskiet vir zero ?
Kan jy jou skoot sien of hoe merk jy jou skoot vir zero stelling?
Watter skyf agtergrond gebruik jy. -- BV. gewone karton bruin as jy foelie gebruik.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Heelwat inligting wat mens kan laat dink - kan sien prohunt het bietjie rondgespeel met moontlikhede en waarnemings.prohunt wrote: Sat Jul 09, 2022 7:30 pm Ek plak ook net twee repe aluminium foelie in 'n kruis op 'n stuk karton en dit werk baie goed. Die teiken moet net effens skuins na bo geplaas werk vir die beste effek. Speel ook maar bietjie met die kleurpalette, vir my werk Black Hot die beste vir die identifisering van die teiken.
Ek zero my geweer in die dag en hy skiet op dieselfde plek in die nag.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13643
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Ek het al 'n paar thermal teikens probeer.
Wat goed werk is:
- 'n Foelie blokkie geplak op 'n bruin karton boks met die boks effe opwaarts ge-tilt.
- 'n Handwarmer op 'n wit papier geplak.
- 'n Bout met kop van so 12 -15mm wat met 'n gasvlam verhit word en in 'n boks gedruk word.
Met die handwarmer en warm bout werk dit goed om dit agter-in 'n pizza boks te sit met 'n 1 - 2cm gaatjie voor in. Dit maak 'n lekker fyn mikpunt waar die hitte nie so erg uit bloei nie.
Vir zero afstand is dit dieselfde as 'n glas teleskoop. Myne is op 200m gezero.
Indien ek my ballistics verify op 300-600m, vat ek 'n gas vlam en maak gonge warm dan skiet ek op hulle.

Goed, beter, 6millimeter!
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
En so deel die groot Guru sy geheime.Geno wrote: Mon Jul 11, 2022 7:38 am Met die handwarmer en warm bout werk dit goed om dit agter-in 'n pizza boks te sit met 'n 1 - 2cm gaatjie voor in. Dit maak 'n lekker fyn mikpunt waar die hitte nie so erg uit bloei nie.
Vir zero afstand is dit dieselfde as 'n glas teleskoop. Myne is op 200m gezero.
Indien ek my ballistics verify op 300-600m, vat ek 'n gas vlam en maak gonge warm dan skiet ek op hulle.
Dankie Geno. -- ek gooi so af en toe iets ter saaklik op die forum om lewe te blaas. Soos jy weet is ek nie 'n jagter nie maar oordink wel dinge.
200 zero -- ek stem.
Skiet jy egter fisies op 200 -- of zero jy 1.7 duim hoog op 100 of 13mm hoog op 50. Sommige van die meer bekostigbare produkte wat ek sien van die manne mee skiet kan sekerlik nie op 200 zeroduidelike mikpunt gee nie.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13643
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Ek skiet op 200m Oom nadat ek ge-boresight het op 50m.
Enige thermal wat sy sout werd is vir jakkalsjag MOET op 200m kan kyk om te zero. As hy nie kan nie, gaan jy nie sommer 'n jakkals en ander roofdier van mekaar kan onderskei op 300m+ nie.
Enige thermal wat sy sout werd is vir jakkalsjag MOET op 200m kan kyk om te zero. As hy nie kan nie, gaan jy nie sommer 'n jakkals en ander roofdier van mekaar kan onderskei op 300m+ nie.
Goed, beter, 6millimeter!
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Groot waarheid.Geno wrote: Mon Jul 11, 2022 11:21 am Ek skiet op 200m Oom nadat ek ge-boresight het op 50m.
Enige thermal wat sy sout werd is vir jakkalsjag MOET op 200m kan kyk om te zero. As hy nie kan nie, gaan jy nie sommer 'n jakkals en ander roofdier van mekaar kan onderskei op 300m+ nie.
Ek kyk na die videobeelde en dan is dit duidelik dat daar van die scopes is wat nie op 200 'n 50x50mm foelie plakker duidelik kan optel nie. Misskien moet iemand 'n eerlike zero beeld vergelyking maak tussen produkte op 200.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2952
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Lekker onderwerp en ek leer saam.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Ek skiet ook op 200m in die dag en nog nie issue gehad in die nag nie
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Malan dankie.Malan123 wrote: Mon Jul 11, 2022 4:16 pm Ek skiet ook op 200m in die dag en nog nie issue gehad in die nag nie
Hoe groot is jou mikpunt op 200.
Kom ons aanvaar jou eerste skoot met thermal of groep sit 40mm regs en 60 mm hoog: kan jy jou skoot sien deur die scope?? op 200 of wat doen jy om die zero kruishaar en en die vaste kruishaar op te lyn?
Hoe meer vrae hoe meer inligting en benaderings -- hoe meer kennis -- hoe interressanter.
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
My teiken kol is so 3cm by 3cm op 200. Ek kan nie die gat deur die thermal sien nie so ek gebruik gewoonlik of die spotting scope of die motorfiets. Daarna gebruik ek die zero funksie op die ATN. As jou herlaai tegniek reg is werk daai zero funksie heel goed.
Bygese, dit is aansienlik beter nadat Erhard my doe fokus gewys het...
Bygese, dit is aansienlik beter nadat Erhard my doe fokus gewys het...
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Hierdie teiken gogga het my nou so effens gebyt. Bogenoemde idees laat my dink.
Die teleskoop werk op die hitte -- party mense beweer ook op koue -- maar koue is net gebrek aan hitte.
Nou wonder ek wat yssak of hittepan met kole in 'n kardoos met 'n gat in vir mikpunt saL maak --- die koue of hitte wat deur die gat kom sal seker wys? -- Geno se warmbout(yster met t)
Sodoende sal jy dan ook jou skoot kan sien.
beurtkrag ledigheid

- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
My buurman gebruik yskoue water in klein bottel wat hy op n karton vas maak…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
My buurman maak teiken van stuk dun plaat. Laat lê plaat in die son vir tyd. Gat in plaat is mikpunt. Werk glo soos bom -- sien ook sy skote.
Wil nog gaan kyk.
Wil nog gaan kyk.
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Vorige post klink na goeie idee.
Maak lee bloutong entstof botteltjies vol warm water en hang in boom om te kyk of geweer nog reg is. lekker om te sien hoe hy ontplof.
yspakkie agter op gong geplak werk ook. hou net nie lank nie.
Foelie op karton geplak werk vir my om in te stel. karton moet net so staan dat son op hom skyn.
Maak lee bloutong entstof botteltjies vol warm water en hang in boom om te kyk of geweer nog reg is. lekker om te sien hoe hy ontplof.
yspakkie agter op gong geplak werk ook. hou net nie lank nie.
Foelie op karton geplak werk vir my om in te stel. karton moet net so staan dat son op hom skyn.
-
projagter
- Sr. Member

- Posts: 374
- Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Lyk my die foelie op karton werk vir meeste thermal jagters.Freddie101 wrote: Mon Jul 18, 2022 2:22 pm Foelie op karton geplak werk vir my om in te stel. karton moet net so staan dat son op hom skyn.
Freddie as die son op die foelie moet skyn. --- Wat vang die teleskoop dan op ?? Die sonstrale of hitte van die sonstrale?? Word die teiken dan as hitte voorwerp gesien of koue voorwerp?
Dit werk dus in die dag met sonskyn. Die invalshoek van die sonstrale en die terugkaatshoek na teleskoop moet dus dieselfde wees?
Terloops -- my buurman sê sy scope wys sy knaldemper aan die onderkant van die beeld -- wat sal die effek van hitte op die knaldemper (mirrage) na paar skote wees.??
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: THERMAL TEIKEN EN ZERO
Die son maak karton warm.... en die foelie weerkaats die hitte so is koud en wys swart op white hot mode... die son se hitte maak net die kontras meer. en ja die knaldemper maak bietjie van n gloed as jy geskiet het, maar pla nie.