Jag 2022 Seisoen

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Supacow »

Sien daai 300 het jou onderstebo geskop met die springer
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by ruaanb »

Ons het as familie Sondag bymekaar gekom by Jak Strydom Nature Reserve by Aliwal Noord vir ons familie jag.

Die hoogtepunt van die trippie is my Pa wat sy 1ste Eland Bul geskiet het. Ek is erg trots op hom want dit was n wye skoot op 315m.
Die 200gr Kriek uit my 300wsm het soos stroop geloop.
IMG_4284.jpg
Ons het nog n verskeidenheid van ander wild ook gejag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by ruaanb »

Image

Image
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by ruaanb »

Nog foto’s
Image

Image
Image
200gr Kriek deur eland se hart.
Image

Image

Image

Image

Image

Image

In die outjies vas geloop een middag
Image

Image
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek het die afgelope Vrydagmiddag en Saterdag my twee seuns geneem om volstruise te skiet naby Ladismith in die Wes-Kaap. Soos julle uit die foto's kan aflei is dit tipiese Karoolandskap. Dandrej (met die donkerbril op) my oudste, kuier hier vanuit Rusland (hy gee Engels daar) enhet drie jaar laas aan 'n geweer gevat. Beide van hulle was gretig om elk twee volstruise te skiet want dis 'n spesie wat hulle nog nie gejag het nie. Ons het besluit om my .30-06 met Lynx 1-6x24 en my .243 Mauser met Swarovski 3-10x42 te gebruik. Ons het beplan om van die voertuig af te skiet en te stap en bekruip, al het ons geweet dat laasgenoemde metode 'n byna onbegonne taak in die oop Karoo sal wees.

Op die eerste namiddag is ons na 'n plek toe waar 'n troppie jong voëls gereeld uithang en ons was gelukkig om die struise te verras en tot 163m van hulle af te kom. Dandrej het met die .30-06 aangelê en 'n mannetjie met 'n perfekte hartlongskoot te laat val. Die voëls het sowat 20m gehardloop voordat hy omgedop het. Die geweer was gelaai met 150gr GS Customs. Nadat ons die vleis gaan aflaai het by die jaghuis, is ons weer veld toe vir 'n laatmiddagsessie en ons was gelukkig om drie volwasse mannetjies raak te loop wat skielik vanagter 'n lae rantjie dwars voor one verby gehardloop het. Marco het reggesit met die .243 en toe hulle effens skuins weg van ons af draai het hy geskiet maar sy eerste skoot is agter die volstruis verby. Met die tweede skoot het hy mooi getref en die voël het geval op 212m. Die struis het egter weer opgespring en val-val nog so 10 tot 15m gehadloop en weer geval. Marco het hom toe die doodskoot gegee. Die .243 was gelaai met 87gr V-Max-koeëls maar die snelheid ken ek nie. Die lading is 40gr IMR4350.

Ons het die volstruis opgesny en gaan laai (op die een foto kan Dandrej en Marco gesien word war hulle die boude van hierdie mannetjie dra). Op pad terug huis toe het ons op 'n groot trop volstruise afgekom. Hulle het begin hardloop en een wyfie het skielik gestop en begin stap. Die afstand was 210m en Marco het nie gras onder sy voete laat groei nie. Hy het haar met een skoot omgedop. Daarmee was sy kwota vol en ons jag vir die dag klaar.

Dandrej was vasbeslote om sy tweede volstruis te voet te skiet en ek het gegids. Die van julle wat al volstruise te voet probeer skiet het sal weet dat dit geen maklike taak is nie want daar is niks op hierdie aarde met sulke skerp oë nie. Ek vertel hier net die laaste poging van die jag. Ons het 'n groepie voëls van seker so twee kilometer af gewaar waar hulle teen 'n rant wei en het toe met 'n wye ompad en agter 'n reeks hoë rante langs nader beweeg. Toe ons oor die laaste rant loer moes ons sien dat die volstruise intussen seker weer 'n goeie 2km verskuif het en saam met 'n troppie sebras op 'n oop vlakte gewei het. Ons het 'n hoërige berg geklim en op sy kruin die vlaktes onder ons sit en fynkam met die verkyker. Daar was 'n groepie koedoes links van ons en 'n alleen-gemsbok op 12-uur seker so 600m van ons af. Later het ons vyf volstruise sien wegskil van die sebras af en hulle toe tydsaam in ons rigting beweeg. Tussen ons en die volstruise was 'n reeks rante en hulle het agter daardie rante langs beweeg. Toe hulle so 550m vanons af was, kon ons ongesiens van die berg afglip en in dooie grond langs die rante bereik waaragter die volstruise was. Daar was drie mannetjies en twee wyfies. Ons is versigtig teen die rant uit en en kon gelukkig oor die kruin loer sonder om my lyf te laat uitsteek. Daar was 'n mannetjie net 229m van ons af en ek het vir Dandrej nader gewink. Weens die helling van die rant moes ons tot bo-op seil om te verhoed dat hy in die grond vasskiet. Ek was al klaar oortuig van ons sukses toe die volstruise skielik wegvlieg na regs toe en al met 'n droë lopie langs hardloop. Ek kon huil van teleurstelling. Ons het opgespring en effens hoër op teen die rant gehardloop maar die volstruise het oor 'n riffie verdwyn so ongeweer 300m van ons af.

Voor ons en seker so 350m verder maak die rante 'n draai na regs om reg dwars voor ons verby te kom. Ek het vir Dandrej gesê om my te volg en is op n drafstap na die dwars gedeelte toe. Daar aangekom het ons weer plat op ons mae gekruip tot ons net oor die rand van die rant kon sien. Twee volstruismannetjies was in sig en hulle het doodluiters skuins weg van ons af gestap. Die Leica het 376m gemeet en ek het vir Dandrej beduie waar hy moet mik. Toe het ek weer gerange... nou was die naaste een 392m en net toe draai hy mooi reg weg van ons af. "Gebruik die vierde afmikmerkie en mik hoër as centre of mass, hoog op sy rug," het ek gesê. Die volstruis het bly stap, 397m and counting... Toe die skoot klap, het die volstruis geswik en vorentoe geval, 'n bietjie geskop maar weer opgespring. Sy bene het hom egter net so 30m gedra toe dop hy om. Hy het 'n bietjie geskop en toe stil gelê... morsdood. Toe ons hom ondersoek, sou ons sien dat die koeël sowat 2 duim links van die bull's eye afgetref het.

Daar was geleenthede vir 500 en 600m-skote maar ons gewere/toerusting was nie geskik daarvoor nie en ek het geen idee waar my gewere op daardie afstande skiet nie. Ek ken die .243 se trajek net tot op 400m en die .30-06 s'n tot op 300m. Die 6x scope is ook in elk geval nie ideaal vir sulke lang skote nie.

Nou ja, so eindig die jag toe. Marco is te voet terug na waar ons die bakkie vroeër gelos het en Dandrej het solank die struis se boude begin afsny. Saterdag-laatmiddag het ons by die jaghuis lekker met die .22 sit en teiken skiet en die aand lank en lekker om die vuur gekuier en die dag se gebeure herleef.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3969
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Jag 2022 Seisoen

Post by tau »

Was vir so twee weke plaastoe.

Lekker gewerk en gejag.

My klong het eers ‘n rondloper ram geklits.

Image

Image

Ek het die bul 6 Julie gesien en besluit as ek hom 16 Julie raak ry moet hy bakkie ry. Nuwe watergat se laaste krane loop insit en toe draai gaan ry waar ek hom nou so paar keer gesien het.

Ek hou van afhoring en krom horing bokke. Ek kry sleg bokkoors as ek so iets sien.

Waterbokke, roans , sable en gemsbokke maak ander bulle sleg seer met so een horing of een kort en een lank is ek geleer deur my leermeester as jong veldwagter/ wildsplaas bestuurder.

Hy het baie naby kom stil staan op 380 meter en ek kon hom platrek. Ek en my seun moes hom toe alleen laai en slag.

Kon Woensdag by mede Jaracaller Louis so paar bokke gaan skiet. Hy het my gesê om op 350m te zero… hy het nie gejok nie.

My kinders en vrou moes eintlik jag, maar die afstande was bietjie te vêr.

My klong kon darem ‘n jong ram platrek met ‘n monster skoot.
Image

Louis het tyd in sy besige skedule vir ons die oggend afgeknip so ek het maar die 7mm uitgehaal om teen lunch ons bokke te kry.

Louis het besonderse bokke en ek is bitter bevooreg om toe die drie ramme raak te bewe.
Image

Die skoot ingebewe!!! My confidence helemal te hoog gedruk en toe moes ek weet….

Image

Ek en afhoring en eenhoring diere. Hy wou op 421m nie sy kop draai nie, toe piets ek hom hoog ribbes met die 7mm wat dan net gaaitjies in die ribbes maak. Was bang hy kom weg. Daai horing is al bitter lank af. Die 175gr ELDX laat hom soos kopskoot val.
Image
Naaste skoot van die dag op 380 meter en ek trek hom soos ‘n ou wat nog net op Playstation gejag het. Gelukkig red die 7mm my en die vleiskade is minimaal.

Was bevooreg om so paar bokke te oes vir ‘n freerange vleisie. Alles helemal te vêr na my smaak, maar jy moet maar jou kanse vat.

Volgende dag terug by ons eie plaas.

Toe is dit my jongste se beurt. Ek en sy het so halwe uitval gehad oor ek nie wil hê sy moet sulke wilde afstande skiet nie. Ek skiet ook nie elke skoot presies waar ek mik nie. En wou nie dat sy haar eerste bok kwes nie.

Oppad terug huistoe nadat ons mooi bokke gekry het en ek seker 5 keer nee sê kry ek so cheaky 10 jarige chirp toe daar 1 km vanaf die huis ‘n mooi ram oor die pad draf. Ek stop en skreeu vir haar en my klong nou skiet die bok. Ek sien dadelik dit is wyd en sy gaan te laag skiet.

“Poppie hy staan op 390m vat op sy rug. Met die eerste streep” my klong

“ ek weet waar om te mil bly stil” my pink pop

Ek wou nog sê julle skiet nie….

Tjoep ……. Dup.

“ hy is plat pappa ek het hom in die hart geskiet.”

Ek klim uit en trap uit. Eintlik vir myself ook.

Ek sê nou loop daar ‘n kwesbok rond en dit was nou onnodig. Half skaamkwaad vir myself dat ek enigsins vir haar die kans gegee het om te skiet.

Ek ry sommer om kwesbok te begin soek… kwaad, skaamkwaad.

“Pappa ry verby my bok.” Pink pop

“ julle droom “ skaamkwaad pappa

“Pappa draai om” semi Sniper Pop…..

Manne daar lê ‘n Springbok ram met die mooiste hartskoot.

Kyk 10 jarige confidence het nuwe hoogtes bereik.

Ek moes nie die skoot toegelaat het nie.

ImageImage
Last edited by tau on Tue Jul 19, 2022 7:28 am, edited 3 times in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 671
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Nico de Jager »

IMG-20220718-WA0033.jpg
IMG-20220718-WA0034.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by LUAN »

Nico de Jager wrote:
IMG-20220718-WA0033.jpg
IMG-20220718-WA0034.jpg
Sjoe daai lyk na n ordentlike bosbok. Wat het hy uitgeslag Nico?
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Sako75 »

Pragtige bosbok Nico!!
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 671
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Nico de Jager »

Luan, ek het hom nie geweeg nie, hy was al n jaar oor sy prime, ek skat hy sou so 40kg uitslag.
Dankie, Sako.
desert fox
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Wed Dec 09, 2015 10:12 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by desert fox »

Ek het saam met Tau in die Noorsveld rondgeloop, sonder om n skoot te skiet. Was nogsteeds baie dankbaar vir die lekker kuier en rondloop tussen die noorse.

Ek het toe maar besluit om n Gemsbok bul af te haal by ons. 306 meter kopstoot met 140g Core-Lokt .260 Remington.

Nou is daar darem n vleisie...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Voere
.260 Rem Savage LRH
.375 Ruger
Glock 19 Gen 4
12 Br CZ

"Hou die doppe in die lug!"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by DWB »

Ek kon ook uit eindelik bietjie 'n draai in die veld stap vir 'n dag.
Daar was 'n gekwesde buffel op die plaas, so ek het die groot manne saam gedra.
My swaertjie wat nog nuut in die jag ding is het met my 404 gestap en ek het die 450 gedra vir as daar 'n probleem is.

Darem hier en daar in buffels vas geloop wat swaer se adrenalien bietjie aan die pomp gekry het ;D
20220710_091213 (2).jpg
20220710_130426 (2).jpg
Laat in die dag in die Nyala bul vas geloop. Vinnige skoot op kort afstand met die 404 (ek het hom gevat vir die skoot op bok) en toe ontplof 'n trop buffels reg rondom die Nyala wat vir so bietjie pret voorsien het ;D
20220710_145331_resized.jpg
Die bos is die ruigste wat ek hom nog op die plaas gesien het oor die jare!

Hierdie Nyala is ook die eerste skoot ooit uit 'n geweer met die .423" 400gr Safari Bullet Co koeels! Ek is baie beindruk met die outjies se werk verrigting, maak 'n baie mooi en groot ingangsgat (lyk of hy uit gepons is) en dan 'n mooi exit met minimale vleis skade!
Hulle laai ook baie maklik!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by DWB on Tue Jul 19, 2022 9:14 am, edited 1 time in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3969
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by tau »

desert fox wrote: Tue Jul 19, 2022 8:45 am Ek het saam met Tau in die Noorsveld rondgeloop, sonder om n skoot te skiet. Was nogsteeds baie dankbaar vir die lekker kuier en rondloop tussen die noorse.

Ek het toe maar besluit om n Gemsbok bul af te haal by ons. 306 meter kopstoot met 140g Core-Lokt .260 Remington.

Nou is daar darem n vleisie...
Netjies Woutie, hoe het jy daardie Gemsbok op Qatar ingeboek? Boud en blad of pakkies biltong?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
desert fox
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Wed Dec 09, 2015 10:12 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by desert fox »

tau wrote: Tue Jul 19, 2022 9:14 am
desert fox wrote: Tue Jul 19, 2022 8:45 am Ek het saam met Tau in die Noorsveld rondgeloop, sonder om n skoot te skiet. Was nogsteeds baie dankbaar vir die lekker kuier en rondloop tussen die noorse.

Ek het toe maar besluit om n Gemsbok bul af te haal by ons. 306 meter kopstoot met 140g Core-Lokt .260 Remington.

Nou is daar darem n vleisie...
Netjies Woutie, hoe het jy daardie Gemsbok op Qatar ingeboek? Boud en blad of pakkies biltong?
Biltong en wors gemaak, vacuum verpak, gevries en ingebook...
.22 Voere
.260 Rem Savage LRH
.375 Ruger
Glock 19 Gen 4
12 Br CZ

"Hou die doppe in die lug!"
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Supacow »

Woestyn Jakkals
Ek dink Rommel sou daai skoot goedkeur
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Smitstertjies »

tau wrote: Mon Jul 18, 2022 5:38 pm Was vir so twee weke plaastoe.

Lekker gewerk en gejag.

My klong het eers ‘n rondloper ram geklits.

Image

Image

Ek het die bul 6 Julie gesien en besluit as ek hom 16 Julie raak ry moet hy bakkie ry. Nuwe watergat se laaste krane loop insit en toe draai gaan ry waar ek hom nou so paar keer gesien het.

Ek hou van afhoring en krom horing bokke. Ek kry sleg bokkoors as ek so iets sien.

Waterbokke, roans , sable en gemsbokke maak ander bulle sleg seer met so een horing of een kort en een lank is ek geleer deur my leermeester as jong veldwagter/ wildsplaas bestuurder.

Hy het baie naby kom stil staan op 380 meter en ek kon hom platrek. Ek en my seun moes hom toe alleen laai en slag.

Kon Woensdag by mede Jaracaller Louis so paar bokke gaan skiet. Hy het my gesê om op 350m te zero… hy het nie gejok nie.

My kinders en vrou moes eintlik jag, maar die afstande was bietjie te vêr.

My klong kon darem ‘n jong ram platrek met ‘n monster skoot.
Image

Louis het tyd in sy besige skedule vir ons die oggend afgeknip so ek het maar die 7mm uitgehaal om teen lunch ons bokke te kry.

Louis het besonderse bokke en ek is bitter bevooreg om toe die drie ramme raak te bewe.
Image

Die skoot ingebewe!!! My confidence helemal te hoog gedruk en toe moes ek weet….

Image

Ek en afhoring en eenhoring diere. Hy wou op 421m nie sy kop draai nie, toe piets ek hom hoog ribbes met die 7mm wat dan net gaaitjies in die ribbes maak. Was bang hy kom weg. Daai horing is al bitter lank af. Die 175gr ELDX laat hom soos kopskoot val.
Image
Naaste skoot van die dag op 380 meter en ek trek hom soos ‘n ou wat nog net op Playstation gejag het. Gelukkig red die 7mm my en die vleiskade is minimaal.

Was bevooreg om so paar bokke te oes vir ‘n freerange vleisie. Alles helemal te vêr na my smaak, maar jy moet maar jou kanse vat.

Volgende dag terug by ons eie plaas.

Toe is dit my jongste se beurt. Ek en sy het so halwe uitval gehad oor ek nie wil hê sy moet sulke wilde afstande skiet nie. Ek skiet ook nie elke skoot presies waar ek mik nie. En wou nie dat sy haar eerste bok kwes nie.

Oppad terug huistoe nadat ons mooi bokke gekry het en ek seker 5 keer nee sê kry ek so cheaky 10 jarige chirp toe daar 1 km vanaf die huis ‘n mooi ram oor die pad draf. Ek stop en skreeu vir haar en my klong nou skiet die bok. Ek sien dadelik dit is wyd en sy gaan te laag skiet.

“Poppie hy staan op 390m vat op sy rug. Met die eerste streep” my klong

“ ek weet waar om te mil bly stil” my pink pop

Ek wou nog sê julle skiet nie….

Tjoep ……. Dup.

“ hy is plat pappa ek het hom in die hart geskiet.”

Ek klim uit en trap uit. Eintlik vir myself ook.

Ek sê nou loop daar ‘n kwesbok rond en dit was nou onnodig. Half skaamkwaad vir myself dat ek enigsins vir haar die kans gegee het om te skiet.

Ek ry sommer om kwesbok te begin soek… kwaad, skaamkwaad.

“Pappa ry verby my bok.” Pink pop

“ julle droom “ skaamkwaad pappa

“Pappa draai om” semi Sniper Pop…..

Manne daar lê ‘n Springbok ram met die mooiste hartskoot.

Kyk 10 jarige confidence het nuwe hoogtes bereik.

Ek moes nie die skoot toegelaat het nie.

ImageImage
Geluk Tau, met daai pragskoot van jou dogter.

Moenie jouself te veel karnuffel oor sy die skoot gevat het nie. Ons laat ons kinders elke dag toe om hulle grense te toets op vele terreine, by die skool, by die huis. Risko neem is deel van n kind se grootword. Ek is seker as die skoot verkeerd geloop het sou jy haar n ander les kon leer wat ook waardevol vir haar sou wees. Daar is n verskil om berekende risikos te neem en n cowboy te wees. Jy maak jou kids mooi groot!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Gian_dP »

Koos Barnard wrote:Dagsê
Ek het die afgelope Vrydagmiddag en Saterdag my twee seuns geneem om volstruise te skiet naby Ladismith in die Wes-Kaap.
Lyk of julle wonderlike tyd gehad het oom Koos!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Koos Barnard »

Gian ja, dit was goed om met die manne te jag en te kuier. Albei vertrek binnekort oorsee so hierdie jag was iets spesiaals.
Mooi loop
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by Gian_dP »

Twee weke gelede was ons weereens bevoorreg om by die Loocks te gaan jag. Ons was 'n lekker groot groep, 14 jagters in totaal( 4 pa's en 10 kinders).

Woensdagoggend het ons lekker vroeg in die pad geval. Twee vinnige stoppe vir ontbyt en bene rek, toe is ons op die plaas. Flippie laat ons al die eerste middag jag, so vinnig op die skietbaan seker gemaak al die gewere is reg. Ons het hard gejag oor die paar dae, maar kon darem almal se wenslyste vol kry!

Was weereens gelukkig om 'n paar varkies raak te ry.

Image

Image
My dogter met haar blesbok.

Image
My seun met sy eerste swb.

Image
Image
Nefies met hulle eerste swb'e

Image
Image
Image
Image
Visser clan

Image
Image
Image
Image
De Villierse

Image

Was ongelooflike lekker naweek gewees. Kan nie wag vir 2023 nie!

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3969
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by tau »

Smitstertjies wrote: Tue Jul 19, 2022 10:16 am
Geluk Tau, met daai pragskoot van jou dogter.

Moenie jouself te veel karnuffel oor sy die skoot gevat het nie. Ons laat ons kinders elke dag toe om hulle grense te toets op vele terreine, by die skool, by die huis. Risko neem is deel van n kind se grootword. Ek is seker as die skoot verkeerd geloop het sou jy haar n ander les kon leer wat ook waardevol vir haar sou wees. Daar is n verskil om berekende risikos te neem en n cowboy te wees. Jy maak jou kids mooi groot!
Dankie. Ons werk nog elekaand vleis en nou is ek darem bly ons het al die bokke gejag!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by finch »

Laas week was vir n slag ons familie se beurt om bietjie in die veld te kom. Ons het n draai by my swaer in kalahari gaan maak. Kon darem so paar springbokkies laat bakkie ry. Jagtery hou mens maar nederig, laas jaar het al die koele geval waar hulle moes, maar hierdie jaar was defnitief nie my beste skote in die jagveld nie. Twee springbokkies was net so paar duim te ver agter die blad geskiet en toe het ons maar bietje die plaas gaan leer ken. Darem nie te ver voor ons gelukkig albei gekry het nie maar die opvolg skote was ook maar net om die bokke plat te kry. My broer se lat het sy eerste bok geskiet en die pa was omtrent trots.

Die kalahari veld is regtig die mooiste wat ek in n lang tyd gesien het. Al die bokke wat ons geskiet het, het mooi gelyk en die pense was sommer koelrond, maar snaaks genoeg het nie een van hulle n besonderse karkas gewig uitgeslag nie. Daar was lekker kleiduif geskiet, sundowners op die duin en vleis gewerk en sommer net gekuier tot mens weer mens voel. Dit was n voorreg om so paar dae seinloos te kon wees, donkie te moes stook vir warm water en waar gewone batterye paploop sonder krag, het my battery sommer oorlaai. Om af te sluit het ons by vriende se plaas in Sutherland gekuier net voor ons weer die stad se liggies gaan soek het. Ons was geseen met n lekker vakansie! Sal nou n paar foto van die foon aflaai.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by finch »

IMG-20220715-WA0069.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by finch »

IMG-20220713-WA0016.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by finch »

IMG-20220713-WA0087.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 494
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Re: Jag 2022 Seisoen

Post by pwdejager »

Ons het ook uiteindelik ons Jag die week gedoen. Was nie die beste kondisies nie, laat in seisoen, 12 jagters (net drie het gewere) en plaas waar daar al die hele seisoen gejag word.

Maar as n groep Kerk manne, was ons hoof doel om mekaar beter te leer ken (ons is nog n nuwe Kerk, 1jaar oud) en rustige tyd in die natuur te spandeer.

Het darem iets gekry om terug te bring.
IMG-20220721-WA0035.jpg
IMG-20220722-WA0032.jpg
IMG-20220721-WA0013.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Post Reply