RDF vs ELD

Post Reply
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 457
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

RDF vs ELD

Post by JF123 »

Dag

As dit kom tussen Nosler RDF en Hornady ELD koeëls, watter een is beter?

Prys gewys us hulle om en by dieselfde.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: RDF vs ELD

Post by Toyrsi »

Hornady ELD elke dag.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: RDF vs ELD

Post by Gawie(13mm) »

Daar is nie 'n maklike antwoord op die vraag nie. Jy sal bietjie meer inligting van jou kant moet gee.
Watter kaliber en vir watter aanwending?

Uit eie ondervinding het die Hornady koeëls nog altyd vir my makliker gelaai en van "batch" tot "batch", beter kontandheid gegee. Die RDF's skiet bitter mooi uit albei my roere, maar nou en dan is daar die krom skoot wat onverklaarbaar is.
Op die stadium koop ek wat beskikbaar is teen 'n bekostigbare prys.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: RDF vs ELD

Post by Arnold »

As ek daai keuse moet maak sou dit die ELD wees vir die redes genoem deur Gawie. Ek skiet die 105gr RDF in my 6mm maar het nie baie luck met die 140gr in my 260 gehad nie waar ander hulle baie mooi skiet in hulle 6.5 gewere.

Die RDF was vir my 'n opsie omdat hulle goedkoper was. As die pryse eender is sou ek die ELD kies.
Post Reply