Goeiemôre,
Die naweek tydens my jag het my .260 se slot moeilik begin oopmaak. Eers het ek gedink dis omdat die druk te hoog was aangesien ek dit die eerste keer opgemerk het net na 'n skoot. 'n Paar minute later toe ek wou oorhaal vir 'n volgende skoot het die slot weer moeilik oopgemaak.
Na ek so bietjie gevroetel het kom ek toe agter die slot maak maklik oop as die geweer gespan is maar moeilik wanneer dit nie gespan is nie. Ek het die slot oop- en skoongemaak maar dit het niks gehelp nie.
Kan iemand my dalk verduidelik hoekom dit sou gebeur? Ek neem aan 'n geweersmit sal na hom moet kyk maar is nuuskierig oor die moontlike rede/s.
Groete
Louis
Slot maak moeilik oop
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Slot maak moeilik oop
Doplengtes nog kort genoeg?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 1000
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Slot maak moeilik oop
Ek neem aan hy doen dit met en sonder n dop in die kamer?
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Slot maak moeilik oop
Hoe lyk die agterkant van die sluitnokke? Gebruik jy normaalweg enige smering daarop?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Slot maak moeilik oop
Jy se nie watse aksie dit is nie , jou waarneming "Na ek so bietjie gevroetel het kom ek toe agter die slot maak maklik oop as die geweer gespan is maar moeilik wanneer dit nie gespan is nie" dui daarop dat die spannokke dalk smering nodig het .
DD
DD
- LN (Louis)
- Full Member

- Posts: 206
- Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm
Re: Slot maak moeilik oop
Jip hulle word elke keer gesny en anneal as deel van die dopvoorbereiding.
Hy doen dit met of sonder 'n dop ja.
Dis 'n CZ aksie maar nou gaan jy my vasvra as jy my vra watter model dit is.
Nee ek gebruik gewoonlik nie smering op die agterkant van die nokke nieswc-tr wrote: Mon Jun 20, 2022 10:14 am Hoe lyk die agterkant van die sluitnokke? Gebruik jy normaalweg enige smering daarop?
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 457
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Slot maak moeilik oop
Iets soortgelyks het met 'n vriend gebeur. By syne was die meganisme wat die slagpen terug trek baie droog en het dit daar vasgesteek toe bietjie stof daar gaan sit het. Dit is die rede hoekom die slot maklik oopgemaak het as dit nog gespan was, maar moeilik as dit nie gespan was nie. Hy moes die slagpen uithaal, skoonmaak en smeer.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Slot maak moeilik oop
Hallo Louis
Ek het 'n soortgelyke probleem gehad met my 308 Norma Mag, en die probleem is maklik opgelos deur net die skouer van die dop 'n knerts meer te bump. Ek hoor wat die ander sê oor slagpen en droë nokke, maar begin eers by die maklike oplossings, en as dit nie werk nie, dan werk jy vandaar na die moeiliker oplossings toe soos wapensmede ens. Na aanleiding van die probleem, gaan die doppe nou deur 'n vollengte matrys, en nie net 'n nek matrys nie. Ek het nog nie weer die probleem opgetel nie.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Slot maak moeilik oop
Dit is 100% korrek wat jy sê van die skouers verder terug te stel as die probleem is dat die slot moeilik toemaak en oopmaak...Jean Marais wrote: Thu Jun 23, 2022 1:30 pm Hallo Louis
Ek het 'n soortgelyke probleem gehad met my 308 Norma Mag, en die probleem is maklik opgelos deur net die skouer van die dop 'n knerts meer te bump. Ek hoor wat die ander sê oor slagpen en droë nokke, maar begin eers by die maklike oplossings, en as dit nie werk nie, dan werk jy vandaar na die moeiliker oplossings toe soos wapensmede ens. Na aanleiding van die probleem, gaan die doppe nou deur 'n vollengte matrys, en nie net 'n nek matrys nie. Ek het nog nie weer die probleem opgetel nie.
Met slot wat maklik toemaak maar moeilik oopmaak glo ek nie skouers wat nie ver genoeg terug gestoot is nie is die probleem nie. Dink van die manne wat gesê het die smering aan die sluitnokke of droë slagpen wat stram raak is korrek en dit is meer moontlik die oorsake