Norma Bond strike
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Norma Bond strike
Ek sien Norma Bond strike koeëls is in SA beskikbaar. Het iemand ervaring van dit? Hoe vergelyk dit met die Oryx. Dit is in 180gr vir 30-06.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Norma Bond strike
Ek het die 143gr Bondstrike in my 6.5x55 gebruik en hulle het die 2 swart wildebeeste vinnig neergesit met blad en skuins van voor bladskote met volle penetrasie en aanvaarbare vleis skade
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Norma Bond strike
Volgens my ervaring is die Bond Strike 'n effens sagter koeël as die Oryx. Dit is meer bedoel vir langer afstande waar die koeël reeds 'n bietjie snelheid verloor het. Ek het 'n hartbees, springbok, 'n paar vlakvarke en twee gemsbokke daarmee geskiet (laasgenoemde kopskote op kortafstand, so dit tel nie ten opsigte van koeëlprestasie nie). Al die diere is met 180gr Bond Strikes uit my .30-06 geskiet. Hulle is lekker akkuraat en op die hartbees wat op so 170+ meter geskiet is, was die vleisskade aanvaarbaar. So ook op die springbok wat op korter afstand 'n skoot skuins van voor gekry het. OP die vlakvarke het die afstande gewissel van sowat 30m tot omtrent 150m en met die langer skote was die vleisskade heel aanvaarbaar.
Mooi loop
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Sun May 29, 2022 9:50 pm, edited 1 time in total.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Norma Bond strike
Baie dankie. Saam met die Bond strikes het ek gedink om te kyk na die 150gr Hornday GMX'e. Ek hou van die GMX'e in die 270Win en 375H&H, so ek glo hulle sal mooi maak in die 30-06.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.