Ek wil graag weet indien ek 'n nuwe geweer het, met 'n knaldemper met ingeboude 'tuner'. Ek het nog niks lading ontwikkeling gedoen nie.
Wat is die stappe om te volg?
1. Doen ek eers lading ontwikkeling sonder die silencer en dan sit ek hom op en begin met 'tuning'?
2. Doen ek lading ontwikkeling met die knaldemper op die geweer, en as ek dan 'n aanvaarbare lading het, begin ek te 'tune'
Ek sal julle slim manne se raad en insette waardeer asb.
Stappe om te volg met knaldemper wat 'tuner' ingebou het
- Philip Marais
- Newbie

- Posts: 49
- Joined: Wed Oct 06, 2010 2:54 pm
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Stappe om te volg met knaldemper wat 'tuner' ingebou het
Hang af van jou metode.
QL manne soek inligting sonder knaldemper.
As jy dmv n "ladder test" metode jou ladings gaan soek kan jy hom maar opsit. Maak dan net seker jou setting is op "0".
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
QL manne soek inligting sonder knaldemper.
As jy dmv n "ladder test" metode jou ladings gaan soek kan jy hom maar opsit. Maak dan net seker jou setting is op "0".
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Stappe om te volg met knaldemper wat 'tuner' ingebou het
Die teorie daar agter is om van QL te "vergeet" en 'n lading/spoed te kies waarvan jy hou. Natuurlik binne veilige perke. dan gebruik jy die tuner om akuraatheid te kry. Deur die tuner te gebruik maak jy enige rak ammo mooi skiet in jou geweer. Ek het 2 Gun Warrior dempers met tuners. Ek is meer as net tevrede.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13642
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Stappe om te volg met knaldemper wat 'tuner' ingebou het
Jy doen eers lading ontwikkeling sonder die tuner of met die tuner op 0. Sodra jy voel jy het die beste lading vir jou geweer gekry begin jy met die tuner in klein inkrimente speel om te kyk of jy die lading/groep nog beter gaan kry. DIe tuner gaan nie n 4" groep n half duim groep maak nie jy moet nog lading ontwikkeling doen. Die "eintlike" rede of werk van n tuner is wanner jou kondiesies op die baan verander of dit nou temp of wat ookal is jy jou tuner daai 1 of 2 clicks stel om weer mooi in die middel van jou node band te kom, dit is nie n wonder middel om n stront lading n wenner te maak nie. As die akuraatheid wat jy benodig net vir bosveld jag is is dit n ander saak maar as jy n kompeteurende lading soek vir comps of self net n lekker klein groep vir jou kopskiet kahalari roer gaan jy maar die bq werk moet in sit.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Stappe om te volg met knaldemper wat 'tuner' ingebou het
Ek hou van die uiteensetting. Ek moet sê beide my 223 en 6.5x55 was reeds op 22" loop node en het reeds 20mm of net kleiner geskiet. Die tuner het dan net die laaste fine tune gedoen. Dit verduidelik baie.Capt. Oblivious wrote: Wed May 18, 2022 10:09 am Jy doen eers lading ontwikkeling sonder die tuner of met die tuner op 0. Sodra jy voel jy het die beste lading vir jou geweer gekry begin jy met die tuner in klein inkrimente speel om te kyk of jy die lading/groep nog beter gaan kry. DIe tuner gaan nie n 4" groep n half duim groep maak nie jy moet nog lading ontwikkeling doen. Die "eintlike" rede of werk van n tuner is wanner jou kondiesies op die baan verander of dit nou temp of wat ookal is jy jou tuner daai 1 of 2 clicks stel om weer mooi in die middel van jou node band te kom, dit is nie n wonder middel om n stront lading n wenner te maak nie. As die akuraatheid wat jy benodig net vir bosveld jag is is dit n ander saak maar as jy n kompeteurende lading soek vir comps of self net n lekker klein groep vir jou kopskiet kahalari roer gaan jy maar die bq werk moet in sit.
- Philip Marais
- Newbie

- Posts: 49
- Joined: Wed Oct 06, 2010 2:54 pm
Re: Stappe om te volg met knaldemper wat 'tuner' ingebou het
Baie dankie, die verduidelikings help baie.
Groot waardering.
Groot waardering.