sweets 7,62

Post Reply
Gerard

Re: sweets 7,62

Post by Gerard »

Ek gebruik glad nie meer Sweets nie maar ek is natuurlik verskriklik bevooroordeel.  ;D
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: sweets 7,62

Post by Hein M. »

Piet-Skiet wrote: More! Ek het gister my loop skoon gemaak met sweets en I nylon borsel en het geskrik toe ek sien hoeveel gemors daar uitgekom het. Mar eks mar skrikerig vir goed wat ammonia bevat. Wie van julle gebruik sweets?
Bevat dit ammoniak?  Wat is die (regte) waarheid met die gebruik van ammoniak in geweerlope? ???

Gerard kan hier 'n goeie antwoord gee - al is hy bevooroordeeld  ;)

Groetnis!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Gerard

Re: sweets 7,62

Post by Gerard »

Sweets bevat ammoniak en behoort nie langer as wat absoluut noodsaaklik is in vlekvrye staal lope te bly nie.  Vlekvrye staal en, in 'n mindere mate gewone lope, bevat elemente wat met die ammoniak reageer en, mettertyd, verwering veroorsaak.  Vermy ook die negatiewe plateer metodes wat deesdae gewild geword het, dit haal ook elemente uit die oppervlakte van die lope uit.
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: sweets 7,62

Post by Penkop »

Oom Gerard,

Ek het op Oom se webwerf gaan rondkrap en is baie beindruk daarmee!
Oom vervaardig 'n produk met die naam M98, kan Oom asb meer vertel daaroor?

Ek dink dis vanpas by hierdie gesprek.

Goedgaan.
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: sweets 7,62

Post by Boertjie »

Gerard

Ek is nou van die topic af, maar het jou al probeer pm en dit wit nie deurgaan nie.Ek hoor jy het 7x61 doppe om te verkoop?
Kan jy my dalk n prys gee op dit asb

Boertjie
Gerard

Re: sweets 7,62

Post by Gerard »

M98 bevat geen ammoniak nie.  Dit is chemies verwant aan ammoniak en vandaar die ligte ammoniak-reuk.  M98 sal net met onverbinde geel metale reageer en het suurstof nodig om te werk.  Moet nie die loop prop en dan vol M98 gooi nie, niks sal gebeur nie. 

Daar is 'n "toets" wat 'n ander vervaardiger doen waar hulle koperkoeels onderdompel en dan "bewys" hoe goed hulle produk werk teenoor M98.  Dit is 'n slenter want onderdompeling in M98 sluit die suurstof uit en niks sal gebeur nie.  Om die loop vol te gooi gebruik natuurlik baie meer van die produk en dan moet mens gouer weer koop.

Boertjie,
Ek het my PMs op al die forums afgeskakel want ek kan nie bybly met eposse, pms, mmsse en smsse nie. Ek het 'n paar honderd 7x61 doppe wat een keer gevuur is.  Epos my dan kyk ek more hoeveel daar is en wat ek betaal het.  gerard(by)wol.co.za
Post Reply