Nuwe Plaaslike Vervaardiger

User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Ralph Badenhorst »

Goeie Naand Lede

Dit is met n groot opwinding, na 3 jaar se bou en toets, dat ek met julle kan deel dat ons Kleinkaliber Loop Vervaardiging afdeling vandeesweek begin het.

n Handjievol mense het van die projek geweet en die masjiene was maar weggesteek uit die oog van ons kliente.

Die uitdaging was om n plaaslike 33-36" loop te vervaardig - en soos baie van julle al op Youtube gesien het, slaan die loopmakers vuis om ou WW2 loopboor masjiene in die hande te kry. Hulle kon gemaklik 36" + lope boor

Na vele geprekke met die top Button Rifling vervaardiger in die VSA het ons besluit om n loopboormasjien te bou wat ons die mees presieste gat sal gee.

Om dit te behaal , draai die loop een rigte en die "gundrill' n teenoorgestelde rigting. Dus sal n std CNC draaibank nie werk vir ons doel nie. Die lang loopbore (gundrill) is so ontwerp om altyd na die center van die staal te sny, soos dit in die staal ingevoer word. Indien die loopstaal reguit is sal die gat deur die loop minimale (minder as 0.5mm oor 34" gem) afwyking he.

Hierdie is stap 1 van ons proses

Maak seker die staal vanaf die verskaffer, reguit is voor ons begin boor. Indien nie sal ons n korreksie maak voor ons boor.

Na ons die gat geboor het, is daar n paar stappe wat volg. Ek kan ongelukkig nie vir julle n generies " copy and Paste" proses vanaf die internet gee nie maar kan net kortlik elke proses noem wat ons lope deurgaan. Die stappe is nie in volgorde nie en julle sal sien dat ons dalk ander stappe het as ander loopvervaardigers.

pneumatiese olie slyping
Stressverligting
Interne gat met buite profiel waarmaak ( truing)
Profiel sny
70 ton "pull button"
loop ruim na 5thou onder "pull button" proses
Loodgiet afrduk en poleering
inspeksie en CIP Mini en Max waardes
Stempel van elke proses
"Bore" Foto + inspeksie verslag van loop

In kort is dit ons proses - sekere inligting kan ek nie bekend maak nie maar nooi enige persoon uit om die proses te kom kyk.

Terloops - na al die masjiene klaar gebou was, moes ons elke kaliber vevaardig en meet. Die mates is terug gestuur na die VSA gereedskapvervaardiger en die gereedskap moes aangepas geword het om te verskere dat ons binne CIP/SAAMI specs bly. Herdie proses aleen het n jaar geneem maar dit was die moeite en geld werd.

Voor die vraag gevra gaan word - ons gaan ongelukkig nie hierdie jaar "5R Rifling" doen nie. Ons het die 5R kwessie deeglik bespreek met die top vervaardigers ( beide cut rifling en button rifling loopvervaardigers) en die konsensus was dat dit marginale voordeel gaan bied in ons button rifling proses. Hierdie debat is al deeglik op forums bespreek en die advies wat aan ons gegee is vanaf elke loopvervaardiger was begin met n traditionele 4 groef loop en kyk of hulle mooi skiet.

Dit is ook tong in die kies genoem dat 5R meer geskik is vir cut rifling weens die komplekse hoeke van die gereedskap. Ek se nie dit is verkeerd om 5r te probeer button nie, ek deel slegs die advies wat aan ons gegee is. Die nommer van groewe bepaal ook nie die gereedskap se prys nie so dit was nie n rede vir ons besluit nie.

Met die aankoop van ons Olie slyp masjien het ons n bondel 416R vlekvrye staal saam gekry om te toets as deel van die transaksie.

Dus kan ons 416R SS sowel as 4140 ChrMol lope aanbied - ons loopstaal diameters is 35mm OD, ietwat grooter as std loopstaal maar kan afgedraai word na n dunner diameter.

Ons bied die volgende kalibers aan en sal later met tyd nog bysit indien daar n aanvraag is.

6mm ~ 8 en 7.5 Twist
6.5 ~ 8 Twist
7mm ~ 8.5 twist
.300cal ~ 10 en 9 twist
.338 ~ 9 twist
.375 ~ 9 en 7 twist

Ons bied ook n paar profiele aan :

Light Palmla
Medium Palma
Heavy Palma
Straight tapers
Varmint
Billet

Ons kan ook Custom profiele doen maar daar is extra koste verbonde

Finale koste sal ons hierdie week bekend maak.

Terugvoer op Jaracal met verloop van tyd sal verwelkom word en ons hoop dat ons lope julle sal beindruk.

Ons het n paar groot name in die RSA skiet gemeenskap genader om ons lope en loop/askies combo te toets en hulle almal wag op hulle lisensie aansoeke. Die manne is ongelukkig in n radius van 300km en ek wens ek kon ander top skuts meer suid ook nader maar terugvoer, en groeie pynne ( glo nie daar sal wees nie) kan makliker aangespreek word as hulle nader is

Groete

Ralph jr
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ralph Badenhorst on Mon May 09, 2022 7:46 am, edited 4 times in total.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by savage(P Coetzer) »

Dis uitstekende nuus Ralph!!!
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Blitzzz »

Well done!!! Ek is baie trots om te hoor van n SA loop vervaardiger. Ek hoop julle baie sukses toe met die nuwe besigheid.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Alwin »

Veels geluk Ralph! Lekker om te sien daar is vooruitgang.

Die behoefte aan langer lope bestaan, dus glo ek julle sal genoeg aanvraag ervaar.

Die rede vir 5R lope is om beter "cut rifling" lope te produseer. Dit help niks vir die "button rifling" proses nie. Jammer vir die bygelowiges... ;D

Ek sou graag eendag wil kom loer hoe julle werk.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Diesel Dog »

Great ,may your new venture prosper and produce quality barrels.

DD
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2148
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Ds J »

Baie geluk en beste wense Oom Ralph!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Frederik »

Goeie nuus!!!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by DWB »

Baie geluk en Baie Sterkte!
Boer maak ñ plan!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Maroelas »

Dis fantastiese nuus!
User avatar
Bigfoot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 256
Joined: Sun Sep 27, 2015 7:06 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Bigfoot »

Fantastic news, glad to see your commitment and enthusiasm for the local market.

Good luck Ralph and team.
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by 6.5/284Norma »

Alle sterkte vir julle!
I'd rather be hunting!


Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Geno »

Daarsy Ralph!
Ek is oortuig julle lope gaan kers vashou by die bestes in die wêreld!
Goed, beter, 6millimeter!
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Maroelas »

Gaan julle lope kamer ook?

Kan nie wag om. Te sien hoe hierdie lope van julle skiet nie!
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Lategan1 »

Trots Suid-Afrikaans!

Baie geluk, net vreugde en sukses vir julle.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Ferdi Bam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Ferdi Bam »

Mooiso.

Baie sterkte en sukses met die projek.

Groete
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Ralph Badenhorst »

Maroelas wrote: Mon May 09, 2022 8:28 am Gaan julle lope kamer ook?

Kan nie wag om. Te sien hoe hierdie lope van julle skiet nie!
Goeie More Maroelas

Ek kan dit ook doen ja - glo darm ons het meeste reamers beskikbaar.

Ek kan pre-fit ook aanbied op sekere aksies

Groete
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Maroelas »

Baie dankie vir die terugvoer!
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Hercules Louw »

Baie geluk Ralph, ek wens julle alle sukses toe!
Nou moet die poelieste net oortuig word om loopvervangings weer toe te laat, en dit vinnig en effektief goed te keur.
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Ralph Badenhorst »

Hercules Louw wrote: Mon May 09, 2022 11:14 am Baie geluk Ralph, ek wens julle alle sukses toe!
Nou moet die poelieste net oortuig word om loopvervangings weer toe te laat, en dit vinnig en effektief goed te keur.
Die onmoontlike doen ek vandag maar wonderwerke vat tyd ;D
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Mellies »

Met n vleisie...
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Armand Steenkamp »

Dit is skitterinde nuus baie geluk! Die twist rates, is dit vasgestel of kan man n 1in10 in 6mm kry? 22kal lope sal ook dalk n goeie opsie wees om by te voeg.
Dan laastens, het julle al n idee van wat hy gaan kos?
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Ralph Badenhorst »

Armand Steenkamp wrote: Mon May 09, 2022 8:25 pm Dit is skitterinde nuus baie geluk! Die twist rates, is dit vasgestel of kan man n 1in10 in 6mm kry? 22kal lope sal ook dalk n goeie opsie wees om by te voeg.
Dan laastens, het julle al n idee van wat hy gaan kos?
Goeie dag Armand

Ongelukkig word die Twist rates bepaal deur die gereedskap.

Ekt het wel gister 10 en 12 twist 6mm gereedskap bestel

.22cal

Volgens die gereedskapvervaardiger moet ons die loop teen amper 6000rpm draai om die gat mooi reguit te boor.

Ekt nuwe bearings bestel wat daardie hoe spoed/hitte kan hanteer so .22 sal in die toekoms beskikbaar wees

Ek en my pa vergader vandag oor die groot en kleinhandel pryse

Groete

R jr
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by LoopSoosStroop »

So 'n 8.5 twist 30" loop vir 'n 7 mm RM sal darem lekker wees... eendag as ek groot is.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by B Five »

Great Ralph, jy het my gese van die planne.
Absoluut great om n raakvatter te sien.

Vir interresantheid, hoe hou julle kontrole oor die blanks?
Is dit lokaal of ingevoer?
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Nuwe Plaaslike Vervaardiger

Post by Francoisv »

Great.

Shoot straight

Francois Vogel
Post Reply