POI met groepe meer as 3 skote

Post Reply
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

POI met groepe meer as 3 skote

Post by Zane de Beer »

Môre almal,

Het van julle ook al ondervind dat 'n sekere geweer nie van 5 skoot groepe hou nie :confused:

Met my lading soos hy nou is skiet my .375 die eerste 3 skote dat almal sny, die volgende 2 skiet so 1 duim laag en tot 1 duim wyd.

As ek die loop laat afkoel doen hy presies dieselfde, keer op keer :)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Capt. Yoda »

Is maar n fabrieks geweer ding
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Zane de Beer »

Solank dit nie ek is nie ;D
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Toxxyc »

Dikloop, dunloop, watter chassis/kolf, ens speel 'n groot rol hierin. Oor die algemeen, 'n dunloop-geweer word warm en dit veroorsaak dat hy skuif in die kolf waarin hy sit, wat POI affekteer. Vir jaggewere is 3 skote fine, in my opinie.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Koos Barnard »

Soms kry geweerlope stres tydens die vervaardiging en hulle "trek krom". Sommige vervaardigers maak dan daardie lope reguit en sit dit op die geweer. Staal het 'n geheue en sodra die loop warm word, trek die loop weer krom soos voor dit reguit gebuig is. Dan skuif die groepering. Laat die loop koud word en hy skiet weer waar hy oorspronklik ingestel is. Ek was in n fabriek in Italië waar daar aan ons geïllustreer is hoe die lope reguit gemaak word. Ons paar manne uit SA kon ook probeer om 'n krom loop reguit te maak. Natuurlik het ons almal die toets gedop. Toe ons drie manne klaar was, het die Italianer die loop weer met sy klamp reguit gebuig. Die ou loer sommer so deur die loop wat na 'n plek gemik is waar lig die fabriek binne kom en hy kyk dan na die skaduwee wat binne-in die loop gegooi word. Hy buig die loop volgens waar die skaduwee sit... daar moet 'n mooi eweredige donker ring binne-in die loop vorm. Is die skadu-ring dikker aan die een kant is die loop nog krom (hierdie is 'n vereenvoudigde verduideliking). Ek sê nie dis die geval met jou geweer nie, maar dit kan dalk iets soortgelyks wees.
Mooi loop
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Capt. Yoda »

Zane de Beer wrote: Thu Apr 28, 2022 11:31 am Solank dit nie ek is nie ;D
Ekt n CZ 300WM wat dit ook doen as hy warm raak en daai lopie raak vinnig warm met n dop vol N560, gelukkig het ek nog nie nodig gehad om n bok 5 keer met hom te skiet nie. My roere uit Finland maak gelukkig nie so nie😉. Is maar soos Oom Koos daar verduidelik
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Zane de Beer »

En hier dog ek die Duitsers kan goeie lope maak :o :)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Gawie(13mm) »

Zane de Beer wrote: Thu Apr 28, 2022 8:38 pm En hier dog ek die Duitsers kan goeie lope maak :o :)
Hulle maak hul mos reguit. Dit is jy wat hom krom-skiet.

Wys my 'n Brno en ek wys jou 'n roer wat klawers skiet met 3 skote en nommer 4 en 5 weggooi. :laugh:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
J.A.N
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Wed Apr 15, 2020 8:38 pm

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by J.A.N »

My 303 maak presie dieselfe. Drie skote onder ñ duim en 4 en 5 maak ñ groep 2.5 duim.
Beretta 9mm
BRNO .22
Lee Enfield .303 Brit
Howa 308 Win
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Wouter Roets »

Koos Barnard wrote: Thu Apr 28, 2022 3:52 pm Soms kry geweerlope stres tydens die vervaardiging en hulle "trek krom". Sommige vervaardigers maak dan daardie lope reguit en sit dit op die geweer. Staal het 'n geheue en sodra die loop warm word, trek die loop weer krom soos voor dit reguit gebuig is. Dan skuif die groepering. Laat die loop koud word en hy skiet weer waar hy oorspronklik ingestel is. Ek was in n fabriek in Italië waar daar aan ons geïllustreer is hoe die lope reguit gemaak word. Ons paar manne uit SA kon ook probeer om 'n krom loop reguit te maak. Natuurlik het ons almal die toets gedop. Toe ons drie manne klaar was, het die Italianer die loop weer met sy klamp reguit gebuig. Die ou loer sommer so deur die loop wat na 'n plek gemik is waar lig die fabriek binne kom en hy kyk dan na die skaduwee wat binne-in die loop gegooi word. Hy buig die loop volgens waar die skaduwee sit... daar moet 'n mooi eweredige donker ring binne-in die loop vorm. Is die skadu-ring dikker aan die een kant is die loop nog krom (hierdie is 'n vereenvoudigde verduideliking). Ek sê nie dis die geval met jou geweer nie, maar dit kan dalk iets soortgelyks wees.
Mooi loop
Hallo Koos

Baie geweersmede spreek hierdie verskynsel met n drukpunt voor aan die loop aan. Dit werk oor die algemeen redelik goed mits jou kolf sy vorm hou. Die oomblik as die kolf vervorm agv goed soos omgewingsomstandighede het jy gewoonlik n verskil in POI. Jy maak maar n fout met n fout reg net soos die loop reguit buig proses.

Hierdie is natuurlik nie net beperk tot lope nie. Aksies kan presies dieselfde oorkom veral die ou millitere aksies waar redelike vleis weggevat is vir die stripperklips. Dit tesame met swak bedding of beter gestel nie genoegsame ondersteuning met die bed vat die aksie in die kolf, kan n mens ook lekker rondfoeter.

Persoonlik sal ek nie my dood bekommer oor hierdie nie want die realiteit is dat jagakkuraadheid eintlik meer as voldoende is met drie skote wat mooi bymekaar sit.

Groetnis
Wouter
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Koos Barnard »

Dag Wouter
Dis korrek, nes jy daar sê.
Mooi loop
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: POI met groepe meer as 3 skote

Post by Zane de Beer »

Dankie almal vir die insette.

Gelukkig op 'n goeie dag het mens nie meer as 3 skote nodig om 'n bok plat te trek nie. En nommer 4 en 5 is nogsteeds binne 1 MOA.

Was net vir my interesant dat die loop so skiet en wou hoor of ander dit ook gefind het.
Post Reply