.303 Epps met 215 gr Rhino

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
JacoWag
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Mon Apr 25, 2022 4:57 pm

.303 Epps met 215 gr Rhino

Post by JacoWag »

Goeie dag,

Ek is nuut tot die groep en het raad nodig. Ek het .303 Epps gekry en het ook al die herlaai data van die vorige eienaar. Huidiglik gebruik ek nog van die rondtes wat die vorige eienaar gelaai het. Dit is met Remington doppe, CCI250 Primers, 215 gr Rhino, 48.0GR S341. Die groepering is goed +/- 13MM teen,
Rondte FPS Gemiddeld Spoed
1 2354 2329
2 2322
3 2290
4 2291
5 2390

Ek het twee vra asb.

1. Is die lading nog in die minimum maksimum zone?
2. Ek is op die laaste blik S341 so is daar iemand wat ander dryfmiddel gebruik het met 215Gr punte?

Groete,
Jaco
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: .303 Epps met 215 gr Rhino

Post by Apie »

Welkom Jaco

Gee jou looplengte, Tpl en dopvolume en ek is seker een van ons Quickload guru’s kan dalk help.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 614
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: .303 Epps met 215 gr Rhino

Post by Klein Chris »

Jaco. Ek laai 215gr Claws in my standaard Nr1 Mk3 303. Ek laai S335 teen +- 2100 vps. Jy kan loer na VV540
Skiet bly maar lekker
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .303 Epps met 215 gr Rhino

Post by tripodmvr »

Die aksie waarop die Epps gebou is, is ook baie belangrik. Lee of P14 maak groot verskil.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1117
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: .303 Epps met 215 gr Rhino

Post by J le Roux »

More Jaco

Net so terloops, Somchem S341 = Riflex Blou houer. Die kruit is heel bekombaar en goedkoop.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: .303 Epps met 215 gr Rhino

Post by Petrie303 »

Hi,

Ek het 2x303 EPPS, een in P14 en n lee Enfield... Stuur my jou looplengte, Tpl, dopvolume en watter askie jy het dan kyk ek vir jou...

Groete,
Petrie
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: .303 Epps met 215 gr Rhino

Post by Petrie303 »

Hi Jaco,

Maak asb seker oor jou lading wat jy gekry het... daai 48gr lading op S341 lyk Baie gevaarlik, is ver oor maks vir n P14, nie eers te praat van n Lee Enfield nie.... die spoed wat jy skiet praat ok nie saam met die lading nie, so maak net seker..... jou laing moet seker met 6.0grain nog afkom....
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: .303 Epps met 215 gr Rhino

Post by JF123 »

Gee ook sommer die Lot nommer van daardie S341 wat jy gebruik. Nie so lank terug nie het Somchem mos S361 in S341 blikke gesit en andersom.

Het groot konsternasie veroorsaak.

https://www.somchemreload.com/news/2020 ... lease-nr-2
Post Reply