Watter Pepper Spray werk goed?

Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Chris (vdB) »

Dagse manne

Watter maak pepper spray sal julle aanbeveel. Ek sien Kloppers het KO, RAM en nog n' soort wat ek nou nie gekyk het wat die naam is nie. Is daar een wat julle asseblief kan aanbeveel.

Dankie
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Ratel »

++>: RAM werk baie goed. Hier is n knaap wat die vullis sakke oopskeur en alles op die grond uitgooi en so los. Toe spuit ek RAM in die sak. Die wind het my verras en dit was n treurige storie. Ek kan getuig RAM werk. Het altyd voorraad naby.
My sakke word nie meer oopgeskeur nie.
Maak 'n verskil
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Chris (vdB) »

Ratel wrote: Fri Apr 15, 2022 3:58 pm ++>: RAM werk baie goed. Hier is n knaap wat die vullis sakke oopskeur en alles op die grond uitgooi en so los. Toe spuit ek RAM in die sak. Die wind het my verras en dit was n treurige storie. Ek kan getuig RAM werk. Het altyd voorraad naby.
My sakke word nie meer oopgeskeur nie.
Dankie Ratel ;D
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2212
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Ds J »

Chris, dit hang af van jou doelstelling.

Om persone en groepe te beheer is n skuimstraal beter.

As n persoon die tweede of derde keer met pepergas te doen gekry het, werk dit redelik swak.

Kyk na die produkte wat Quartermaster het. Dit is goeie produkte.
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Chris (vdB) »

Ds J, ek gaan stap soggens wanneer dit nog donker is, en soos dit nou deesdae is, is daar maar min straat ligte wat werk, dit nou as daar nie elkgeval loadshedding is nie. Daarom het ek gedink om maar so iets saam te dra, want hier in my omgewing is nog klomp parkies en veld ook waar jy voorgele kan word.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2212
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Ds J »

Chris (vdB) wrote: Sat Apr 16, 2022 3:45 am Ds J, ek gaan stap soggens wanneer dit nog donker is, en soos dit nou deesdae is, is daar maar min straat ligte wat werk, dit nou as daar nie elkgeval loadshedding is nie. Daarom het ek gedink om maar so iets saam te dra, want hier in my omgewing is nog klomp parkies en veld ook waar jy voorgele kan word.
In daardie geval is n peperskuim beter want jy spuit n direkte straal in die laspos se gesig. En die kans om jouself uit te haal is heelwat kleiner.

Om te oefen: https://www.thequartermaster.co.za/swat ... per&page=3

Om te dra: https://www.thequartermaster.co.za/swat ... per&page=3
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Johan Nel »

Ek was laasjaar in 'n insident betrokke waar drie amok makers my getakel het. Ek het Ram Pepper Stream aan my gehad en het dit gebruik om hulle van my lyf af te kry. Die stroom werk beter as blote gas. Die sigbare straal help om die teiken te kom en is minder wind sensitief.
Die een man wat ek gespuit het aanvanklik gesê pepergas doen hom niks nie, maar toe die straal hom kry en die olie wat die peper dra sy gesig, nek en hande bedek het sy aandag vinnig van my na homself toe verskuif.
Na die tyd het ek gevoel dat ek die straal nog sterker wil hê sodat mens die aanvaller op 'n verder afstand kan raakspuit. Ek het 'n paar van die 60ml houertjie wat ek in my sak en voertuie dra en op strategiese plekke in huis gesit het.
Daar kan beter produkte wees, maar dis wat ek by my gehad het en dit dra maklik.
Last edited by Johan Nel on Sat Apr 16, 2022 3:25 pm, edited 2 times in total.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Johan Nel »

Die perde wat jy toekoms is nie dom nie en hou nou nie juis hulle gesigte om te spuit nie. Hulle draai hulle rug op jou om die gas te ontduik. Die voordeel van 'n spuit wat die aktiewe bestanddele in iets soos 'n vloeistof dra, het die voordeel dat die aktiewe bestanddele aan die persoon se lyf en ledemate vassit en 'n goeie langtermyn nawerking het. Enige pogings om oë te vryf, ens veroorsaak herhaaldelike irritasie.
Last edited by Johan Nel on Sat Apr 16, 2022 3:25 pm, edited 1 time in total.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by cassie_calvinia »

Ek het 2...redelike woelige dogters. st1 en st5.
so ruk terug kry ek 'n whatsup. pappa, kan 'n mens doodgaan as daar pepperspray in jou mond gekom het? daai 2 maak my moeg
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Chris (vdB) »

Dankie julle, daai 60ml van RAM is n' lekker size om sommer in jou sak te druk
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Watter Pepper Spray werk goed?

Post by Ratel »

Chris (vdB) wrote: Sat Apr 16, 2022 9:12 am Dankie julle, daai 60ml van RAM is n' lekker size om sommer in jou sak te druk
Ek koop maar eerder die groter blikke. Ek het al 2 van daai klein blikkies gehad wat geen druk meer gehad het nie. Miskien was hulle maar net op n Vrydag gemaak
Maak 'n verskil
Post Reply