Ek besef die draad titel mag misleidend wees, maar hier is my storie.
In die ou dae was daar Somchem kruit en die befaamde Somchem boekie. NIe 'n kortpad na 'n akkurate lading nie, maar eenvoudig en veilig.
Nou sit ons met VV, IMR, Hodgon, Norma, Lovex,RL en selfs Somchem van tyd tot tyd. Al het jy 'n lading gekry, is die kruit wat mooi gewerk het binne 6 maande onbekombaar. Dieselfde geld vir koeels. Selfs eens volop kooels soos Sierra se beskikbaarheid het wisselvallig geword.
Die uitdaging is hoe gemaak as jy bv. 'n begin en maks lading vir Honady kooels met VV kruit soek. Die Amerkaners sal data vir Amerikaanse kruit verskaf, en die Europese kruit vesrkaffer sal weer op Europese koeels konsentreer. Natuurlik is Quickload wat bestuur word deur 'n kenner die antwoord, maar nie almal het die kennis, geduld en belanstelling om daarin te te bele nie, dan is die koste vir die sagtware ook nog 'n faktor. Selfs al is daar helde op ons forum wat graag help, is daar mense wat worstel met die nodige inset data soos dopvolume, loop draai, spoedmeet, headspace, sprong ens.
Ek glo dus daar is 'n aanvraag na 'n eenvoudige maar omvattende bron wat die basiese parameters soos: Kaliber, COAL, case trim length, kruit, koeel, beginlading met spoed en maks lading met spoed verskaf. Basies soos die Somchem boekie op steroids:wat baie meer kruite en koeel kombinasies bevat. Of QuickLoad vir dummies, wat dus nie al die gekomplisserde tegniese insette benodig nie.
Wat dink julle? Miskien is daar selfs so bron.
PS, Hierdie gedagtes kom na iemand my inset gevra het oor 51.5gr N540 VV agter 180gr Hornady Interlock in 'n 30-06. Ek het gewaarsku en druk gaan te hoog wees, maar ek kon nie presiese bronne kry om my skatting te staaf nie.
Self maak ek steeds met dankbaarheid gebruik van Oom Driepoot, Cappie, Dale, Wouter en andere se waardevolle hulp.
Is daar iets soos Quickload extra lite vir dummies?
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Is daar iets soos Quickload extra lite vir dummies?
Last edited by J le Roux on Fri Apr 08, 2022 11:04 am, edited 2 times in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13584
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Is daar is soos Quickload extra lite vir dummies?
Jy al na GRT gekyk? Hy was baie up to date met al die koels en kruite (en is verniet) maar die eienaar is onlangs oorlede so ver ek weet en dit kan dalk later nou nie meer so op datum bly nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
