Gemsbok pryse
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1490
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Gemsbok pryse
Terwyl almal nou teem oor wildpryse (ek weet self nie wat is die antwoord nie, alles raak duurder en ons geld nie meer nie)...
Ek het eendag 'n groep wat by my jag. Hulle vertel my presies hoe goed hulle skiet en dat die jag eintlik net 'n formaliteit is. Al hoekom hulle hierheen gekom het is omdat hulle nie self die teiken spesie op hulle grond het nie, maar andersins sou hulle sekerlik nie betaal het om te jag nie.
Vra toe wat is daar wat hulle verniet kan skiet. Ek sê jakkals, maar 'n mis skoot kos R1000 want dan sukkel ek met die jakkals na die tyd. Hulle is lekker ontsteld daarmee en het 'n paar woorde oor boere, nie veel anders as wat mens op prys besprekings op forums so nou en dan raaklees nie. Nietemin die manne het nie geskiet op jakkalse nie (hulle skiet dan springbokke in die kop in die hardloop, weet elk geval nie hoekom daai reël hulle afskrik nie).
Nou ja, 2 uur die middag skiet hulle 'n rooikat mis op 12 meter. Natuurlik is 'n rooikat nie 'n jakkals nie en daarom was die oom braaf genoeg om die skoot te vat.

-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Gemsbok pryse
Die droogte het verseker die wild se getalle verminder, maar n gemsbok kos nogsteeds tussen R4500 tot R5000 in my omgewing, dagfooi is gewoonlik R800 tot R1000 vir die bakkie en verblyf rondom R500 pp.
Ek weet nie waar jag julle vir daai rowee pryse nie en as dit nader aan die groot stede is, was die droogte inelkgeval nie so erg soos in die Noord en Ooskaap nie.
Ek dink die manne so na aan die groot stede betaal net so baie want hulle kan en wil nie so vêr ry nie. As die pryse te rof raak sal daai eienaar inelkgeval nie jagters kry nie.

pietskiet
- Full Member

- Posts: 143
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: Gemsbok pryse
Jag (en skiet!) is duur - net gisteraand vir n ou gese mens kon altyd die sommetjie probeer maak tussen Slaghuis vs jagpryse, maar nou is dit nie eers meer nodig nie.
Maar: die bottom-line bly die kragte van vraag en aanbod- n boer sal nie daai pryse wat ons dink is mal kan vra, as daar nie n mark is wat bereid is om dit te betaal nie. Die boer is aan niemand n verduideliking verskuldig oor hoekom hy daai pryse vra nie - dis n vrye mark en almal se keuse of hulle bereid is om daarvoor te betaal.
Dis presies dieselfde vir enige besigheid en produk wat jy koop - ek wil graag n Ferrari ry, maar ek kan dit nie bekostig nie. Help nie ek moan oor die pryse van Ferrari's nie- hul verkoop genoeg daarvan aan mense wat dit kan bekostig om n winsgewende besigheid te he.
Duidelik is die verskil, wanneer dit kom by jag, dat ons jagters dit in die verlede altyd kon bekostig, en nou voel dis onregverdig omdat ons dit nie meer kan bekostig nie. So asof dit n 'reg' was, wat iemand ons nou ontneem. Dis ook te verstane- dis net menslik om so te voel. Dit maak egter nie dat die pryse wat die boere vra onregverdig, oneties, of verkeerd is nie - die boer probeer bloot om sy besigheid so winsgewend as moontlik te bedryf.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Gemsbok pryse
Boys kan julle asb julle beskikbare datums op julle wildsplase aanstuur? Sommer julle pryse ook, groot asb? Sal darem maar bitter lekker wees om vir n slag op n plaas te kom met eienaars wat so baie kennis en ondervinding van die wildsbedryf het. Ek kan nie wag nie en tel die salpies een vir een af!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Gemsbok pryse
Mens moet maar mooi gaan loop en soek en as jy plek kry wat goed prys en jy dit geniet het amper stil hou.
Wat nou weer onregverdig is teenoor die boer want hulle wil volgetalle doen.
Die pryse wat ek sover gesien het die jaar is baie wissel vallig een is baie hoog en ander goed geprys daar is 'n standaard nie.
Maar die slagkostes raak nou belaglik ek vestaan om ekstra geld te gee vir na uur slag of sou jy op vakansie dag of Sondag jag en daar moet geslag word.
Arbeid ruk hand uit maar sluit dit in die dagfooi in en jy gaan nie vir my se dat die boer 2 keer minimum lone vir sy mense betaal wat slag nie.
Slag drie bokke vir dag en daars eweskielik R750 se fooie by???
Caping kan ek verstaan want jy het iemand nodig wat kan en nie almal skiet heeltyd trofees nie.
Rooibok ram R2200 + R150 slagfooi + voertuig en dagfooi dan gaan jy die beste daarvan maak en die grootse en mooiste probeer skiet.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Gemsbok pryse
Haha
Ons het n lekker pakkie gekry die jaar vir ons familie jag.
Ons betaal R40k vir
3 nagte verblyf maar self sorg
Geen ekstra jag slag whatever kostes nie
1 eland bul
1 koedoe bul
8 rooibokke
3 bontebokke
3 ribbokke

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Ja daai is nie sleg geprys nie Ruaan maar julle Koedoes daar lyk mos maar eintlik soos ons Rooibokke
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1490
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Gemsbok pryse
'n jagter skiet onlangs 2 wildebeeste by my. Een bul meet 31 duim en is by verre die grootste bul wat ek gejag het saam 'n jagter. Die ander bul is volwasse maar ondergemiddeld. Hy wil afslag hê op die kleiner bok, wat ek kan verstaan. Maar dan behoort hy mos meer te betaal vir die uitsonderlike groot een ook?
Die beste is maar om hier op die forum pryse te bespiegel en gesels, maar as die skoot geklap het moet jy maar betaal wat op die pryslys staan.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Gemsbok pryse
Ek dink jag vir die deurslag-biltongjagter is vinnig besig om 'n uiterse luuksheid te word. Ek onthou toe ek jonger was, nie eers so lank terug nie, het ons gejag omdat dit goedkoop genoeg was om te doen. 3, 4 of selfs 5 jagte per jaar was nie ongewoon nie. Dan het ons tussenin nog gaan duiwe en goeters op lande skiet, ons het ver gery om te gaan jakkalse afhaal, ens. ens. ens. 'n Goeie jagtog was sommer net met 'n EFT betaal want dit was nie amper my hele salaris vir 'n week se uitstappie nie.
Nou as ek wil gaan jag moet ek maande voor die tyd daarvoor begroot, en veral na die laaste 2 jaar dink ek nie ek gaan binnekort weer 'n jaar hê waar ek 3 of 4 keer sal kan gaan jag nie. Omdat dinge nou so duur geword het (nie net bokke en verblyf nie, maar ook alles wat daarmee saamgaan soos brandstof en so aan ook) moet ek baie mooi beplan want ek wil bitter graag my vrou en kinders saamvat, en dit maak weer inbraak op waar en wanneer ek kan gaan.
Ek is bevrees as ons boere kry wat R3,200 vir 'n rooibokkie vra vir die algemene biltongjagter gaan ons 'n spoedige afstwerwe kry van die tydverdryf, en dit gaan net nog duurder word, en nog meer van 'n luuksheid wat nog meer mense nie sal kan bekostig nie. Dit maak my bang, en hartseer, want ek is bitter lief vir die veld en dit was (is) vir my een van die mees mens-wordende ervarings om net in die veld te wees.
Maar ja, klaar gekla. Ek moet werk.

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Gemsbok pryse
Beespryse, skaap pryse is ook hoogte in.
bees voerkraal pryse was laasweek hoer as lam.
als raak duur. maar dink nogsteeds is jag goedkoper as bees in die winkel.
dis nou as jy jag vir kos. mince, boerewors ens.
ek is maar lief vir so een ossie per jaar vir die huis.

HOU HOM DAAI DIKTE
- Ben Remington
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
Re: Gemsbok pryse
Morning Cassie...
R45/kg hier by ons rond maar ook al duurder kol kol hier.
Groetnis
R45/kg hier by ons rond maar ook al duurder kol kol hier.
Groetnis
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Ben Remington wrote: Sat Apr 09, 2022 10:57 am Morning Cassie...
R45/kg hier by ons rond maar ook al duurder kol kol hier.
Groetnis
Liewe fk is dit al wat bees kos
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Dirk777
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Wed Dec 04, 2019 9:26 am
Re: Gemsbok pryse
Dis nie net die bok se prys nie.... diesel en baie ander kostes.... en so het dit vir my gebeur dat ek vir die eerste keer in 38 jaar nie meer in Namibie kon gaan jag nie.. (Bietjie af van gesprek jammer)
HOWA .300WM
GLOCK 23 EDC
Smith and Wesson 15-22
FN FAL 7.62 x 51
FAIR 12br O/U
MAGTEC 12br
Taurus .375 Mag
Smith & Wesson .38 Special
CZ 6.35
BSA .22 long
GLOCK 23 EDC
Smith and Wesson 15-22
FN FAL 7.62 x 51
FAIR 12br O/U
MAGTEC 12br
Taurus .375 Mag
Smith & Wesson .38 Special
CZ 6.35
BSA .22 long
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Gemsbok pryse
Nee wat daar is niks om te verstaan nie. As jy die sneller trek en jy skiet ñ bul kalf is dit jou saak. Hyt mos die prys voor die tyd geweet.Eduard Venter wrote:'n jagter skiet onlangs 2 wildebeeste by my. Een bul meet 31 duim en is by verre die grootste bul wat ek gejag het saam 'n jagter. Die ander bul is volwasse maar ondergemiddeld. Hy wil afslag hê op die kleiner bok, wat ek kan verstaan. Maar dan behoort hy mos meer te betaal vir die uitsonderlike groot een ook?
Die beste is maar om hier op die forum pryse te bespiegel en gesels, maar as die skoot geklap het moet jy maar betaal wat op die pryslys staan.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek weet van boere wat jou van sy plaas sal af weg jaag as jy vir afslag vra nadat jy die pryslys tog voor die tyd gehad het en ingestem het om daar te jag.
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 198
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Gemsbok pryse
Ja nee kyk, as dit my plaas was, sou ek redelik onsteld gewees het.
Ek dink tog n R/kg prys is dalk n goeie opsie vir beide partye. Die klient betaal vir wat hy skiet, en die boer se grootste wild word nie altyd geteiken nie.
En om dit winsgewend te maak, kan die boer besluit op die prys wat hy wil kry vir n gemiddelde grote dier, en dit dan toepas op die spesie.
Net n gedagte…
Ek dink tog n R/kg prys is dalk n goeie opsie vir beide partye. Die klient betaal vir wat hy skiet, en die boer se grootste wild word nie altyd geteiken nie.
En om dit winsgewend te maak, kan die boer besluit op die prys wat hy wil kry vir n gemiddelde grote dier, en dit dan toepas op die spesie.
Net n gedagte…
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Ou op een van ons jagte het een man n BWB “bul” geskiet wat hom blykbaar gestorem het. Dink hyt 32kg uit geslag, volgende dag skiet n ander man n vark van 6kg. Dank saam die Njala vers wat ok geval het was daai van die duurste biltong wat op daai plaas gemaak isTrompie wrote: Mon Apr 11, 2022 2:57 pmNee wat daar is niks om te verstaan nie. As jy die sneller trek en jy skiet ñ bul kalf is dit jou saak. Hyt mos die prys voor die tyd geweet.Eduard Venter wrote:'n jagter skiet onlangs 2 wildebeeste by my. Een bul meet 31 duim en is by verre die grootste bul wat ek gejag het saam 'n jagter. Die ander bul is volwasse maar ondergemiddeld. Hy wil afslag hê op die kleiner bok, wat ek kan verstaan. Maar dan behoort hy mos meer te betaal vir die uitsonderlike groot een ook?
Die beste is maar om hier op die forum pryse te bespiegel en gesels, maar as die skoot geklap het moet jy maar betaal wat op die pryslys staan.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek weet van boere wat jou van sy plaas sal af weg jaag as jy vir afslag vra nadat jy die pryslys tog voor die tyd gehad het en ingestem het om daar te jag.
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1490
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Gemsbok pryse
So 6kg varkie spit blykbaar baie lekker! Ek dink Sako30-06 het eendag sy resep hier geplaas. Die man verstaan kosmaak.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Gemsbok pryse
Hahahaha so jong bulletjie hom gestorm sommer net.Capt. Oblivious wrote:Ou op een van ons jagte het een man n BWB “bul” geskiet wat hom blykbaar gestorem het. Dink hyt 32kg uit geslag, volgende dag skiet n ander man n vark van 6kg. Dank saam die Njala vers wat ok geval het was daai van die duurste biltong wat op daai plaas gemaak isTrompie wrote: Mon Apr 11, 2022 2:57 pmNee wat daar is niks om te verstaan nie. As jy die sneller trek en jy skiet ñ bul kalf is dit jou saak. Hyt mos die prys voor die tyd geweet.Eduard Venter wrote:'n jagter skiet onlangs 2 wildebeeste by my. Een bul meet 31 duim en is by verre die grootste bul wat ek gejag het saam 'n jagter. Die ander bul is volwasse maar ondergemiddeld. Hy wil afslag hê op die kleiner bok, wat ek kan verstaan. Maar dan behoort hy mos meer te betaal vir die uitsonderlike groot een ook?
Die beste is maar om hier op die forum pryse te bespiegel en gesels, maar as die skoot geklap het moet jy maar betaal wat op die pryslys staan.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek weet van boere wat jou van sy plaas sal af weg jaag as jy vir afslag vra nadat jy die pryslys tog voor die tyd gehad het en ingestem het om daar te jag.
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
- tau
- Hero Member

- Posts: 3961
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Gemsbok pryse
Ek het so opgewonde geraak by Nico Harris met die oopvisier dat ek so 6 kg varkie geskiet het.....weet jy hoe goed moet jy oopvisier skiet om so klein varkie raak te skiet???????Eduard Venter wrote: Mon Apr 11, 2022 4:32 pm So 6kg varkie spit blykbaar baie lekker! Ek dink Sako30-06 het eendag sy resep hier geplaas. Die man verstaan kosmaak.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1490
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Gemsbok pryse
Haha dan moet jy hom nog in die kop skiet ook om bietjie vleis uit te kry! Gelukkig is jy nou 'n eerbare lid van die oopvisier bende. Ek het self darem al varkies geskiet wat bietjie te maklik heel in die vrieshokkie pas.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Gemsbok pryse
Die pryse in Alldays waar ons jag R7100/bul, maar ek dink Gemmies was nog altyd duur in die Bosveld.
Ek sien wel dat die akkomodasie vir 'n jagter die gids fooi + slag insluit. As jy trofee wil verwerk kos dit ekstra. As jy net voor son onder die bok skiet en die manne slag tot na jy jou 2de dop gehad het, maak maar op met 'n fooitjie.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Gemsbok pryse
Dis nou al nou al n rukkie later, maar ek het uiteindelik my Gemsbok geskiet.
Ek was op die plaas Vaalleegte naby Merweville. Akkomodasie is baie goedkoop en bo-gemiddeld van standaard. Bakkie fooi saam met PH fooi is goedkoop in vergelyking met ander plase. Ek het wel die fout gemaak om te noem ek is daar vir vleis en nie die gewone "jagtrip" nie, so als het maar vinnig gebeur...
Ek sal die plaas aan beveel, veral as die wild getalle beter lyk na die groot droogte. Ek is nie seker of ek die prys mag noem nie, maar ek het n groot Gemsbok gekry vir tussen R5750 en R6520 (118kg karkas gehang sonder vel).
Sako 30-06 met Hornady Interlock 180gr en 52.8gr VV N550. Skoot was n bietjie hoog maar hyt geval op sy plek, moes wel baie versigtig die keel sny om dood te versnel.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Gemsbok pryse
Baie mooi bok!
Ek het in April op Vaalleegte jakkalse geskiet vir Oom Dries. Dis 'n mooi plaas!

Goed, beter, 6millimeter!
-
Whisky17
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm
Re: Gemsbok pryse
Dit is n baie mooi plaas met groot springbokke, Gemsbok was op buurman se plaas geskiet.
Hyt my nogal vertel hy kry iemand om die jakkalse te skiet, en dit het geklink asof jy baie suksesvol was...
Hyt my nogal vertel hy kry iemand om die jakkalse te skiet, en dit het geklink asof jy baie suksesvol was...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gemsbok pryse
Netjies, 118kg is n mooi Gemsie en dan gebruik die man nog regte kaliber en maak geweer ook