Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post Reply
User avatar
Jurie Vermaak
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm

Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Jurie Vermaak »

Ek sal myself nou nie n ekspert noem nie, maar het darem al heeltwat bedding vir gewere gedoen. Ek het ook reeds verskeie produkte gebruik wat ek aanvaar die gewildste is. Die tabel hieronder toon die produk en dan ook vd algemene eienskappe wat ek wel kon opspoor uit beskikbare tegniese data. Ek moet erken dat ek wel nog glad nie met Belzona gewerk het nie.
Screenshot_20220220-113010_Excel.jpg
Die produk wat ek tans die meeste gebruik is Eli-Fil. Dit is redelik bekostigbaar, werk maklik en die meeste van sy eienskappe lyk baie goed. Ek het nie noodwendig n probleem met die ander op die lys nie.

Wat my wel verbaas van Devcon (wat as die goud standaard van bedding beskou word), is dat dit blyk asof sy belangrike eienskappe van compressive en flexural strength nogal nie so hoog is nie. Ek is ook nie n metalurgiese ingenieur of materiaal spesialis om daaroor kommentaar te kan lewer nie. Ek het ook nie die vermoe om die publiseerde data te kan toets nie.

Miskien mis ek iets oor Devcon of is dit ook maar n geval van as dit in Amerika goed is, moet dit oral goed wees?

Ek is seker daar is mense op die forum wat goeie en slegte resultate met enige vd produkte gehad het. Miskien is daar ook ander produkte wat ons in Suid Afrika kry wat moontlik ook baie goed kan werk.

Baie mense wat bedding gedoen wil he praat altyd van "glass" bedding. Die enigste in my lys wat daaraan voldoen is waarskynlik Epidermix.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Capt. Yoda »

Ek het al met Epidrimix, Devcon en Sikadur gewerk en Epidirmix het vir my die beste gewerk. Sikadur werk ook maklik mar hys vir my net die stuif amper soos Peanut butter wat in die yskas was
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by swc-tr »

Amerikaners en Devcon, baie geraas en warm lug. Laat hulle maar glo dit is die beste.
Het al heelwat Bisley en F-klas gewere gepak, met Devcon, Belzona, Steenvas, Epidermix, selfs Prately steel.
Beste na my mening bly Belzona, nie goegkoop nie, maar bedding hou lank. My Bisley geweer daarmee gepak in 2006, skiet steeds beter as die skut. Het in Oktober die Bisley Staatspresident trofee met die geweer gewen.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
RabieL
Full Member
Full Member
Posts: 161
Joined: Mon Oct 20, 2014 10:10 am

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by RabieL »

Ek het altyd Sikadur gebruik, soos Kapty se dit het nogal n taaierige tekstuurbas hy gemeng word. Ek het vir die laaste paar gewere oorgeslaan na Epidermix toe, en ek moet eerlik se hy finnish net baie makliker presies reg. Die taaier/stywer tekstuur van Sikadur lol partykeer as mens nie die kokf en aksie behoorlik in mekaar gedruk kry vir verharding nie.
"Only Accurate Rifles Are Interesting"

9mmP, .22 LR AR 15, 12 Gauge, 243 Win, 6 Creedmoor, 6.5 Creedmoor, 7mm RM, 338 WM.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by PWV »

My groot vriend, Gawie, gebruik Steenvas en ek het ondervinding daarvan.
Nog geen probleme oor 14 jaar nie.
User avatar
moemin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Wed Jan 12, 2022 6:47 am

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by moemin »

Net, n vraag, sal iets soos pratley putty werk?
User avatar
moemin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Wed Jan 12, 2022 6:47 am

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by moemin »

Ek het gedink as mens die geweer se aksie smeer met n silicon of so iets, dat mens dit in die kolf kan sit terwyl die putty nog half sag is, behoort n mooi imprint te maak?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Capt. Yoda »

Silicone as release agent of wil jy hom soos n ham en kaas toebie bou laat hy klomp lae het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Jurie Vermaak
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Sat Jun 29, 2013 9:51 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Jurie Vermaak »

Ek gebruik Kiwi polish en dan spuit ek spray-and-cook ook. Werk baie mooi
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Gawie(13mm) »

Ek plak eers bruin "box tape" op die aksie en smeer hom dan met Cobra vloer politoer. Ek hou van die laventel geur. Dit verbloem die k#$ wat ek soms aanjaag.🤣

Die "box tape" keer ook dat die epoksie op ongewenste plekke inloop.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Francoisv »

So leer ek by die manne.

Shoot straight

Francois Vogel
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Capt. Yoda »

Skoen polish werk lekker (Gawie se vloer polish sal selfde doen ook) want jy kan hom mooi "polish" laat hy baie dun en gald is. Hoe dunner en egalig jy hom kan kry hoe beter, silicone sal beter werk om te snuif
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Gawie(13mm) »

Ek vermoed ons nuwe vriend verwys na 'n silikoon "spray". Die probleem wat ek met die sproei het is dat dit deursigtig is wanneer dit droog is. Dit maak dit moeilik om te kontroleer of die sproei alles bedek wat jy wil losmaak.
'n Waks, in watter vorm ook al, word wit as hy uitdroog en wys mooi waar jy oorgeslaan het.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Toyrsi »

Gebruik ook skoen Polish. Werk soos n bom
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Riaan Kriel »

Toyrsi wrote: Thu Mar 24, 2022 8:36 am Gebruik ook skoen Polish. Werk soos n bom
"Werk soos 'n bom" is 'n baie "gelaaide" vegelyking om te tref as dit by vuurwapens kom..... 8) ++>: :laugh:
User avatar
moemin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Wed Jan 12, 2022 6:47 am

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by moemin »

Nog nie gedink aan skoen polish nie, sal dit n go gee baie dankie.
User avatar
moemin
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 84
Joined: Wed Jan 12, 2022 6:47 am

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by moemin »

So my vraag is, kan mens pratley putty wel gebruik? of gaan hy uitmekaar breek wanneer geskiet word.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Capt. Yoda »

Jy kan Partley gebruik as jy regtig moet, daar is al gewere en baie rails met die gebed
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Toyrsi »

Riaan Kriel wrote: Thu Mar 24, 2022 9:25 am
Toyrsi wrote: Thu Mar 24, 2022 8:36 am Gebruik ook skoen Polish. Werk soos n bom
"Werk soos 'n bom" is 'n baie "gelaaide" vegelyking om te tref as dit by vuurwapens kom..... 8) ++>: :laugh:
WHAHAHAHA.
Ok werk seepglad ;D ;D
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Kom ons praat n bietjie bedding materiaal

Post by Andre308 »

moemin wrote: Thu Mar 24, 2022 10:02 am So my vraag is, kan mens pratley putty wel gebruik? of gaan hy uitmekaar breek wanneer geskiet word.
Pratley se quick steel is soms te vinnig om te verhard. As jy vinnig werk dan kan jy. My een geweer is met Pratley gedoen en hy hou mooi.

Die ander produkte vat net langer om te verhard en dit gee jou tyd om alles mooi en stadig te doen.
Post Reply