Kriek Monoliete - jump vraag?

Post Reply
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Chris (vdB) »

Ek gaan binnekort van Kriek se monoliete begin laai, en wil graag hoor wat is die "jump" wat vir die van julle wat ook met die koeels skiet die beste werk asseblief?

Dankie
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by tripodmvr »

Ek gebruik 2mm vir monos en dit het nog altyd goed vir my gewerk. Barnes se aanbeveling is hieronder :-

When loading a Barnes TSX, Tipped TSX or LRX bullet, your rifle may prefer a bullet jump of anywhere between .050” up to .250” or more. This distance off the lands (rifling), aka “jump” may be limited to the rifles throat length, magazine length and bullet length.

When selecting the cartridge overall length (COAL) we recommend starting with a minimum “jump” of .050” off of the lands. You can test different seating depths and find a “sweet spot” that your particular firearm prefers. We suggest working in at least .025” increments as follows seating the bullet deeper to allow a further jump. Your test plan could look something like this:

1st group- .050” jump
2nd group- .075” jump
3rd group- .100” jump
4th group- .125” jump
5th group- .150“ jump
6th group- * see below

This length can be determined by using a “Stoney Point Gauge” or other methods. You do not have to seat the bullet at, or on one of the cannelure rings. Remember there are many factors that may control or limit the seating depth for your application. You may find that you need to start at around 0.150” off the lands and are not able to get any closer due to limiting factors including proper neck tension and magazine length.

*In rifles that have long throats you may be limited on how close you are able to get the bullet to the lands. In these instances, it is not uncommon to find the best accuracy with a jump of .200” or more.

This jump may possibly stay the same regardless of powder or charge weight within a given rifle. If preferred accuracy is not obtained, we certainly recommend trying another powder, for the powder type and charge greatly affects the overall accuracy of each individual firearm.

FYI- An accurate load requires a bullet with the proper consistent case neck tension which leads to more constant pressures and velocities.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Chris (vdB) »

Dankie oom Marius, 0,025" is nogal groot inkremente wat Barmes aanbeveel om te soek na die verkose TPL.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by tripodmvr »

Ek het nog altyd my TPL gekies en met lading aanpassing 'n beter as MOA groep gekry. Nog nooit TPL verstel en gekyk of dit verbeter nie. Hierdie is mos jag ammunisie en monos is nie altyd geskik vir die lang afstand skiet nie. Leer dus bekruip !!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by ruaanb »

Ek laai op 1.5mm van die lande af in al my gewere vir die Krieke. Begin daar is my voorstel.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Lategan1 »

ruaanb wrote: Tue Feb 15, 2022 7:15 am Ek laai op 1.5mm van die lande af in al my gewere vir die Krieke. Begin daar is my voorstel.
Ruaan, tot op watse afstande vir jag is jy gemaklik met die akuraatheid?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Chris (vdB) »

ruaanb wrote: Tue Feb 15, 2022 7:15 am Ek laai op 1.5mm van die lande af in al my gewere vir die Krieke. Begin daar is my voorstel.
Dankie Ruaan, as ek die spoed reg het sal ek op 1,5 en 2 mm laai en kyk wat maak hulle.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Forester »

tripodmvr wrote: Mon Feb 14, 2022 8:59 pm Ek het nog altyd my TPL gekies en met lading aanpassing 'n beter as MOA groep gekry. Nog nooit TPL verstel en gekyk of dit verbeter nie. Hierdie is mos jag ammunisie en monos is nie altyd geskik vir die lang afstand skiet nie. Leer dus bekruip !!!!!!
Oom Marius, ek sê hierdie met die grootste respek, maar ek glo dat hierdie die verkeerde ingesteldheid is. As jy ‘n lewe gaan neem, moet jy seker maak dat jy daardie skoot so akkuraat as moontlik kan vat. Die akkuraatheid van jou jag ammo is ‘n groot deel daarvan. Sonder om soos ‘n Swift bemarker te klink, die koeël is die goedkoopste deel van die jag en die enigste deel wat met die dier kontak maak.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by joe rocket »

Chris Krieke is nie so jump sensitief nie. Begin by 1.5mm kry jou node as dit werk los dit daar. Ek het al met 1mm jump geskiet. Oom Maruis try bietjie n bok bekruip in die Karoo met of sonder n wit Cruiser...
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13642
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Capt. Yoda »

Lategan1 wrote: Tue Feb 15, 2022 7:19 am
ruaanb wrote: Tue Feb 15, 2022 7:15 am Ek laai op 1.5mm van die lande af in al my gewere vir die Krieke. Begin daar is my voorstel.
Ruaan, tot op watse afstande vir jag is jy gemaklik met die akuraatheid?

Beste.
Ek het Johan se koels getoets in die begin en het met sy 200gr LR hunters bitter klein groepe op 800m geskiet, die akuraathied is nie die probleem nie die Achilles' heel van die Monos is die spoed wat hy nodig het om efektief oop te maak op daai afstand. Met iets soos n 300Norma Mag sal mens lekker ver met hulle kan jag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Aceofspades »

Julle moet vir die Dominee dankie sê.

Ek probeer by Jaracal ook uitkom om te kom lees. So, ek lees partykeer, maar het nie altyd die tyd om sens te praat en antwoord nie. Dit sal soos 'n gebrabbel wees.

As iemand laai data vra gee ek die minimum patroon lengte saam met laai data wat strek vanaf 25% vanaf maks tot 5% vanaf maks.

Daarby sê ek dit is die minimum patroon lengte en dan ook dat ek eintlik 'n 1.5mm sprong voorstel om mee te begin. Dit beteken dan ook dat in baie gevalle is die spoed laer as wat die ladings aandui. Maar met 'n chrony voor die roer is dit nie 'n probleem nie.

Selfs in vandag se tye is daar mense wat nog nooit sy roer se spoed beloer het nie. Daar is ook mense wat glad nie weet wat bedoel word met "bullet jump" nie. Vergeet nog van "koëel sprong". Dis hoekom ek sover moontlik aan die veilige kant werk.

Ek stel voor dat mense moet begin laai op 1.5mm en dan verder werk van daar af om sy groepe kleiner te probeer kry. Inkremente van 0.25mm werk redelik ekonomies.

Daar is mense wat goeie groepe kry nader en amper gejam. Maar dis meer die eksepsie as die reel.

Met toetse van my kant af asook toetse deur meer bekende mense het ek gesien dat hier van 1.4mm en verder van die lande af gewoonlik makliker resultate lewer vir jag akkuraatheid. As jy konstant onder 'n minute groepeer is dit volgens my jag akkuraat.

Daar is natuurlik baie mense wat 'n paar tree terug sal vat sodat dit nie 'n 499m skoot is nie, maar 502m skoot. 1 Minute is voor die hand liggend nie klein genoeg groepe vir hulle nie. En dit gaan meer werk vat om by jagbare akkuraatheid uit te kom.

Ek hoop dit beantwoord darem redelik die vraag.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Aceofspades »

joe rocket wrote:Chris Krieke is nie so jump sensitief nie. Begin by 1.5mm kry jou node as dit werk los dit daar. Ek het al met 1mm jump geskiet. Oom Maruis try bietjie n bok bekruip in die Karoo met of sonder n wit Cruiser...
As jy twee skape agter op daardie wit cruiser sit ry jy tot kettieskiet afstand van hulle af.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by tripodmvr »

joe rocket wrote: Tue Feb 15, 2022 8:47 am Chris Krieke is nie so jump sensitief nie. Begin by 1.5mm kry jou node as dit werk los dit daar. Ek het al met 1mm jump geskiet. Oom Maruis try bietjie n bok bekruip in die Karoo met of sonder n wit Cruiser...
Daar is mos mooi maniere om in die Karoo te jag. Hulle roep hom "voorsit"
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Aceofspades »

Capt. Oblivious wrote:
Lategan1 wrote: Tue Feb 15, 2022 7:19 am
ruaanb wrote: Tue Feb 15, 2022 7:15 am Ek laai op 1.5mm van die lande af in al my gewere vir die Krieke. Begin daar is my voorstel.
Ruaan, tot op watse afstande vir jag is jy gemaklik met die akuraatheid?

Beste.
Ek het Johan se koels getoets in die begin en het met sy 200gr LR hunters bitter klein groepe op 800m geskiet, die akuraathied is nie die probleem nie die Achilles' heel van die Monos is die spoed wat hy nodig het om efektief oop te maak op daai afstand. Met iets soos n 300Norma Mag sal mens lekker ver met hulle kan jag
Yes Cappie. Dis wat nie almal altyd verstaan nie. Impak spiek moet maar ongelukig bo 1600fps wees. Monos met of sonder tip. Vir groter kalibers, kom ons sê 338/375 en groter, kan die spoed bietjie afgebring word aangesien die kontak area groter is en die spoed koëel spoed na impak stadiger afneem. Dus kry jy steeds die verlangde drukking wat toegepas word om die vervorming te kan begin.


Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by tripodmvr »

Barnes seg 1,3mm sprong. Johan seg begin by 1,5mm.

My 2mm was dus aan die konserwatiewe kant, maar dit het prakties nog altyd vir my gewerk. Gee ook so bietjie speling vir swak metery.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Aceofspades »

Oom Driepoot, ek dink nie daar is enige skade om te begin soek vir 'n akkurate lading op 2mm nie. Daar is 303's, 7x64's, 223's wat snyers skiet met 'n jump van oor die 8mm.

Sent from my BV9900E using Tapatalk

User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Chris (vdB) »

Baie dankie vir almal se insette, en dankie vir jou inligting ook Johan
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by tripodmvr »

Chris, synde Johan die Kriek koeëls vervaardig weet jy nou hoe maklik dit is om raad by hom te vra. Verder sal ons ander help met QL en ander bystand waar ons kan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Lategan1 »

@aceofspades:” Met toetse van my kant af asook toetse deur meer bekende mense het ek gesien dat hier van 1.4mm en verder van die lande af gewoonlik makliker resultate lewer vir jag akkuraatheid. As jy konstant onder 'n minute groepeer is dit volgens my jag akkuraat.”

Hier antwoord Ace of Spades self my vraag, gemaklik akuraat tot by 300m. Met verdere verfyning ook verder.

Dankie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by Lategan1 »

Capt. Oblivious wrote: Tue Feb 15, 2022 8:53 am
Lategan1 wrote: Tue Feb 15, 2022 7:19 am
ruaanb wrote: Tue Feb 15, 2022 7:15 am Ek laai op 1.5mm van die lande af in al my gewere vir die Krieke. Begin daar is my voorstel.
Ruaan, tot op watse afstande vir jag is jy gemaklik met die akuraatheid?

Beste.
Ek het Johan se koels getoets in die begin en het met sy 200gr LR hunters bitter klein groepe op 800m geskiet, die akuraathied is nie die probleem nie die Achilles' heel van die Monos is die spoed wat hy nodig het om efektief oop te maak op daai afstand. Met iets soos n 300Norma Mag sal mens lekker ver met hulle kan jag
Ek dink dit is uitstekend!

Maar net ‘n blommetjie aanhak vir die verder skote!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by tripodmvr »

Forester wrote: Tue Feb 15, 2022 8:36 am
tripodmvr wrote: Mon Feb 14, 2022 8:59 pm Ek het nog altyd my TPL gekies en met lading aanpassing 'n beter as MOA groep gekry. Nog nooit TPL verstel en gekyk of dit verbeter nie. Hierdie is mos jag ammunisie en monos is nie altyd geskik vir die lang afstand skiet nie. Leer dus bekruip !!!!!!
Oom Marius, ek sê hierdie met die grootste respek, maar ek glo dat hierdie die verkeerde ingesteldheid is. As jy ‘n lewe gaan neem, moet jy seker maak dat jy daardie skoot so akkuraat as moontlik kan vat. Die akkuraatheid van jou jag ammo is ‘n groot deel daarvan. Sonder om soos ‘n Swift bemarker te klink, die koeël is die goedkoopste deel van die jag en die enigste deel wat met die dier kontak maak.
Ek het nerens genoem dat jy met 'n haelgeweer groep die jagtog moet aanpak nie. Ek verwys na beter as MOA. In die jagveld is jou eie skietvermoë die bepalende faktor. As ek sien hoe swak party mense op 300m skiet, dan beklemtoon ek my bekruipaksie sodat afstande so kort as moontlik is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Kriek Monoliete - jump vraag?

Post by ruaanb »

Lategan1 wrote:
ruaanb wrote: Tue Feb 15, 2022 7:15 am Ek laai op 1.5mm van die lande af in al my gewere vir die Krieke. Begin daar is my voorstel.
Ruaan, tot op watse afstande vir jag is jy gemaklik met die akuraatheid?

Beste.
Hang af van die kaliber maar ek beperk tot 350m. n mono kort spoed om oop te maak.
Post Reply